<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
4.2 Stroming:
OPDRAG 6: OM WARMTE-OORDRAG DEUR STROMING TE ILLUSTREER
Benodigdhede: Pyrex-beker (hittebestande glasbeker)
glasbuis
brander
koue water
kaliumpermanganaat kristalle
Wat neem jy waar?
1. Wat is die kleur van die kristal?
_____________________________________________________________________
2. Wat gebeur met die gekleurde water rondom die kristal sodra die verhitting begin?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
3. Wat gebeur met die gekleurde water naby die oppervlak van die water?
_____________________________________________________________________
d ie toepassing van stroming in die alledaagse lewe
Wanneer vensters bo en onder oopgemaak word, verlaat die warm lug die vertrek bo deur die oop venster en vars koel lug kom onder in.
In yskaste word die vriespype bo-in geplaas. Die koue lug daal af en verkoel die hele yskas
As ‘n ketel met water op ‘n warm plaat gesit word, word al die water in die ketel deur stroming (konveksie) verhit.
‘n Motor se masjien word afgekoel met water wat om elke silinder sirkuleer. Deur stroming wat deur ‘n waterpomp aangehelp word, sirkuleer die warm water na die boonste tenk van die verkoeler. In die dun pypies van die verkoeler word warmte aan die lug afgegee. Die water in die onderste tenk is dan kouer as in die boonste tenk.
Gedurende die dag word die land warmer as die see. Die lug oor die land word dan warmer, sit uit en styg op. Koeler lug kom van die see af en neem die plek in van die warm lug – so ontstaan ‘n seewind.
Gee nog twee voorbeelde van stroming. Verduidelik wat plaasvind.
1.___________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
2. ___________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
OPDRAG 7 (Groepwerk)
4.3 Straling:
Die warmte-oordrag van die son na die aarde vind plaas deur middel van straling.
Ons kry baie warmte van die son af. Tussen die son en die aarde se atmosfeer is daar ‘n lugleegte (vakuum). Warmte-oordrag tussen die son en die aarde kan nie sonder stroming/geleiding plaasvind nie.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 6' conversation and receive update notifications?