<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Opdrag 3:
Hubble-ruimteteleskoop : Dit is ‘n instrument wat sterrekundiges in staat stel om heelwat meer van die heelal te sien as met die blote oog. Die Hubble-ruimteteleskoop is die grootste een in die ruimte. Hierdie teleskoop is in 1990 in die VSA gelanseer.
Satelliete : Daar word onderskei tussen natuurlike satelliete en mensgemaakte satelliete. Natuurlike satelliete is hemelliggame wat om ander hemelliggame wentel. Planete is satelliete van die son. Kunsmatige of mensgemaakte satelliete is instrumente wat ontwerp is om ruimte-inligting na die aarde te stuur. Hierdie satelliete word in ‘n wentelbaan om die aarde geplaas. Satelliete neem vasgestelde tye om hulle wentelbane te voltooi.
Robotverkentuie : Robotverkentuie is onbemande ruimtetuie. Dit kan op die maan of ander planete land en dit van naderby bekyk. Ruimtepeilers is robot-ruimtetuie wat om planete wentel om dit te verken, maar hulle land nie op die planete nie.
Konstellasies
OPDRAG 3
Skryf ‘n kort paragraaf (6 -10 reëls) oor elkeen van die volgende onbemande ruimtetuie:
_____________________________________________________________________

Kriteria vir assessering van paragrawe
Vlak 4 | Vlak 3 | Vlak 2 | Vlak 1 | |
Beplanning, samehang en struktuur: | deeglike beplanning; logies en effektief | beplanning voldoende; korrekte sinstruktuur | weinig bewyse van beplanning; foute in sinstruktuur | geen bewys van beplanning nie; vele foute met sinstruktuur |
Korrektheid van inligting: | inligting korrek; uiters interessant; toon kreatiwiteit | inligting korrek weergee | inligting nie heeltemal akkuraat nie | inligting wemel van feitelike foute |
Aanbieding: | uiters netjies, ordelik en kreatief | aanbieding is ordelik en netjies | aanbieding effe deurmekaar; onnet | aanbieding geensins gestruktureerd; onnet |
Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.
Assesseringstandaard 1.2: Dit is duidelik wanneer die leerder ondersoeke uitvoer en data versamel: organiseer en gebruik toerusting of bronne om inligting te versamel en aan te teken.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 7' conversation and receive update notifications?