<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Tot bo by die wolke

Opvoeders afdeling

Memorandum

INLEIDING

Die Graad 2-opvoeder moet voortbou op die werk wat in Graad 1 gedoen is ten opsigte van die Huistaal. Dit is daarom noodsaaklik dat die opvoeder vertroud sal wees met elke leerder se vermoë om die Huistaal te gebruik. ‘n Vertrekpunt moet volgens die leerders se vorderingsverslag, profiel en portefeuljes bepaal word alvorens met Graad 2-modules begin word. Indien nodig moet die nodige aanpassings gemaak word.

Tydskedule

Daar word voorgestel dat ongeveer twee modules per kwartaal voltooi word. Die opvoeder moet haar deur die leerders laat lei aangesien die vinnige werkers gouer deur die modules sal werk terwyl die stadige werkers heelwaarskynlik meer tyd sal nodig hê.

Die bladsye vir die opvoeder wat by elke module aangeheg is, word nie aan die leerders uitgedeel nie.

  • LUISTER, PRAAT, LEES EN SKRYF

Themba neem belangrike besluite oor hoe hy sy prysgeld gaan spandeer.

Die gedig “Hoër as die wolke” bevat leidrade wat die leerders kan oorweeg om te besluit wat hulle dink Themba sal besluit. Groepwerk kan sorg vir ‘n lewendige bespreking.

Die onderhoud wat die verslaggewer met Themba voer, kan aanleiding gee tot onderhoude tussen leerders in die klas. Leerders vertel ook wat hulle met die prysgeld sou gedoen het.

  • KLANKE EN WOORDBOU

-ks, -mp, -lp, -lf en -lk word in hierdie module aangeleer.

  • SKRIF

Hersiening van moeilike hoofletters gaan voort.

Leerders afdeling

Inhoud

  • Lees verder van

Julle onthou seker nog vir Themba. Julle onthou hoe hy die goue medaljes gewen het.

Julle onthou van die drie koeverte wat hy as eerste pryse vir rugslag, borsslag en kruipslag gekry het.

En was hy nie trots nie!

In elke koevert was driehonderd rand. Themba kon sy oë nie glo nie!

Negehonderd rand! Hy het nog nooit soveel geld gehad of gesien nie.

Sy maats het almal nader gestaan en hom geluk gewens.

“Themba,” vra hulle, “wat gaan jy met soveel geld maak?

Themba glimlag breed.

“Ek sal nog besluit wat ek daarmee sal maak,” sê hy.

Hy sit die geld versigtig in sy beursie en bêre sy beursie in sy sak.

“Sjoe,” dink hy, “dit was ‘n GROOT verrassing. “Ek wonder wat Ma en Pa hiervan sal sê.”

LU 3.2
  • Oefen weer hierdie hoofletters.
  • Versier die patroon.
LU 4.1
  • Voltooi die skoenlappers.
  • Skryf die woorde oor.
  • Maak seker jy weet wat elke woord beteken.
  • Skryf jou eie sinne.

1. ......................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

2. ......................................................................................................................................

.......................................................................................................................................... 3. ......................................................................................................................................

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 2. OpenStax CNX. Oct 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11132/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask