<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Tot bo by die wolke

Opvoeders afdeling

Memorandum

INLEIDING

Die Graad 2-opvoeder moet voortbou op die werk wat in Graad 1 gedoen is ten opsigte van die Huistaal. Dit is daarom noodsaaklik dat die opvoeder vertroud sal wees met elke leerder se vermoë om die Huistaal te gebruik. ‘n Vertrekpunt moet volgens die leerders se vorderingsverslag, profiel en portefeuljes bepaal word alvorens met Graad 2-modules begin word. Indien nodig moet die nodige aanpassings gemaak word.

Tydskedule

Daar word voorgestel dat ongeveer twee modules per kwartaal voltooi word. Die opvoeder moet haar deur die leerders laat lei aangesien die vinnige werkers gouer deur die modules sal werk terwyl die stadige werkers heelwaarskynlik meer tyd sal nodig hê.

Die bladsye vir die opvoeder wat by elke module aangeheg is, word nie aan die leerders uitgedeel nie.

  • LUISTER, PRAAT, LEES EN SKRYF

Themba neem belangrike besluite oor hoe hy sy prysgeld gaan spandeer.

Die gedig “Hoër as die wolke” bevat leidrade wat die leerders kan oorweeg om te besluit wat hulle dink Themba sal besluit. Groepwerk kan sorg vir ‘n lewendige bespreking.

Die onderhoud wat die verslaggewer met Themba voer, kan aanleiding gee tot onderhoude tussen leerders in die klas. Leerders vertel ook wat hulle met die prysgeld sou gedoen het.

  • KLANKE EN WOORDBOU

-ks, -mp, -lp, -lf en -lk word in hierdie module aangeleer.

  • SKRIF

Hersiening van moeilike hoofletters gaan voort.

Leerders afdeling

Inhoud

  • Lees die berig wat Saterdag in “Die Nuusblad” verskyn het.

Themba se planne.

Themba, die leerder wat drie goue medaljes by sy skool se swemgala gewen het, het gister besluit wat hy met die prysgeld wil doen.

Hy gaan ‘n boek oor die ruimte koop. Hy is ‘n ywerige leser en stel baie belang in die ruimte.

Dan gaan hy ook baie graag kyk of hy ‘n rit in ‘n helikopter kan onderneem. Themba is baie entoesiasties en opgewonde en wag nou net om te hoor of sy wense sal waar word.

Anton

  • Hoe voel jy oor Themba se planne?
  • Vertel vir jou maats wat jy met die prysgeld sou gedoen het.
  • Klap die woord, “entoesiasties”. Uit hoeveel lettergrepe bestaan dit?
  • Hier is drie sinne. Watter een behoort eerste, tweede, en derde te wees om ‘n storie te maak.
Hy kry baie geld.
Themba wen drie medaljes.
Hy gaan in ‘n helikopter ry.
LU 2.4 LU 3.1 LU 3.2 LU 5.2
  • Voltooi die woorde met die eindklanke op die maan.
  • Skryf die woorde oor.
  • Maak sinne met die woorde.

Sinne:

1. ......................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

2. ......................................................................................................................................

.......................................................................................................................................... 3. ......................................................................................................................................

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 2. OpenStax CNX. Oct 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11132/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask