<< Chapter < Page Chapter >> Page >
  • Sny die prente van die voorwerpe uit die tydskrif en plak dit hier.
  • Skryf wat dit is en by watter vorm dit pas.
  • Vergelyk dit met dié van die ander maats in jou klas.
  • Gebruik een van die volgende vorms en ontwerp jou eie houer om lekkers in te gooi: 'n silinder, 'n piramide, 'n keël of 'n prisma. Versier dit met sirkels, driehoeke en vierkante.

  • Hierdie vierkante is in 5 ewe groot dele verdeel.

Gebruik enige metode om die probleme op te los. Wys hoe jy dit doen.

  • Die bus moet 280km in 4 ure aflê. Hoeveel km moet hy in 1 uur aflê?

Getalsin: _____________________________________________________________

  • Mamma het R200. Sy het R65 se kos gekoop en R 1 1 0 se brandstof ingegooi. Hoeveel het sy nog oor in haar beursie?

Getalsin: _____________________________________________________________

  • Twee kombi's vervoer elkeen 12 kinders op 'n dag skool toe. Hoeveel kinders vervoer hulle altesaam in 4 dae?

Getalsin: _____________________________________________________________

  • Die afgelope 3 dae het Ouma elke dag 1 1 0 koekies gebak. Ons het 50 opgeëet. Hoeveel koekies is nog oor?

Getalsin: _____________________________________________________________

  • Ek het 'n tou wat 2m lank is. Hoeveel 10cm stukke kan ek afsny?

Getalsin: _____________________________________________________________

  • Hier is 'n straatplan van die gedeelte waar Bonnie en Tommie woon.
  • Kleur die volgende blokkies liggies in en sien die roete wat die bus moet ry.

Af : Dwars

3 : 1 1, 1 2, 1 3, 1 4

4 : 1 1

5 : 1 1

6 : 1 1

7 : 1 1

8 : 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 1 0, 1 1

1 5 : 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 1 0, 1 1, 1 2, 1 3, 1 4, 1 5

Af : Dwars

9 : 3

1 0 : 3

1 1 : 3

1 2 : 3

1 3 : 3

1 4 : 3

  • As elke blokkie wat jy ingekleur het 10 m voorstel, dan het die bus ………………..m gery.
  • As elke blokkie 100 m voorstel, dan het die bus …………………….. m gery.
  • Weet jy hoeveel km dit is? Probeer! Dit is ……………………………. km.
  • Verduidelik aan 'n maat die roete wat die bus moet ry. Maak gebruik van die rigtings links en regs en die ander inligting op die straatplan. Skryf die aanwysings nou hier neer:
  • Waar woon Bonnie en Tommie? Volg die aanwysings en teken die roete in op die straatplan soos jy loop.

Loop in Skoolstraat tot by Kortstraat; draai links in Kortstraat; loop tot by die stopteken; draai regs in Kerkstraat; loop tot by Langstraat en draai weer regs in Langstraat. Hulle woon aan die linkerkant van Langstraat, in die 2de huis van die hoek af.

  • Kleur die blokkie in.
  • Wat is hulle huis se nommer (Blokkie Af : Dwars)? _______ : _______

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.4: Dit is duidelik wanneer die leerder orden, beskryf en vergelyk getalle;

Assesseringstandaard 1.8: Dit is duidelik wanneer die leerder die gepaste simbole in berekeninge kan gebruik om probleme wat die volgende behels;

Leeruitkomste 3: Die leerder is in staat om eienskappe van en verwantskappe tussen tweedimensionele vorms en driedimensionele voorwerpe in 'n verskeidenheid oriëntasies en posisies te beskryf en voor te stel.

Assesseringstandaard 3.1: Dit is duidelik wanneer die leerder tweedimensionele vorms en driedimensionele voorwerpe in die omgewing en in prente herken, identifiseer en benoem;

Assesseringstandaard 3.6: Dit is duidelik wanneer die leerder informele kaarte van die skoolomgewing of van ’n groep driedimensionele voorwerpe lees, interpreteer en teken en dui die voorwerpe op die kaart aan.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 3. OpenStax CNX. Oct 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11129/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask