<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Vigs, wat beteken dit?

  • Die woord is ‘n akroniem, en is saamgestel uit die beginletters van die beskrywing V erworwe I mmuniteits g ebrek s indroom. Dit beteken dat die persoon ‘n virus in sy/haar liggaam gekry het wat sy/haar vermoë om immuniteit teen siektes op te bou, vernietig.
  • As iemand die virus kry, is hy/sy dadelik MIV-positief , maar die virus kan sluimerend wees en nie die persoon se gesondheidstoestand beïnvloed nie. So ‘n persoon kan vir jare met die virus saamleef sonder dat dit enige uitwerking op sy/haar lewe het.
  • ‘n Goeie manier om ‘n mens wat MIV-positief is te beskryf, sal wees om die letters MIV van agter af te gebruik om te sê V irus I n ‘n M ens.
  • Wanneer die virus aktief raak en die pasiënt se gesondheidstoestand aantas, sê ons die persoon het VIGS . Nou kan ons die S gebruik om te verduidelik dat ‘n S iektetoestand ontstaan het. Nou is die pasiënt nie meer immuun teen siektes nie, en enige siekte affekteer hom/haar geweldig.
  • ’n Mens kan die virus opdoen deur ‘n bloedoortapping, deur seksuele verkeer of waar bloed vermeng word – bloed aan ‘n spuit of skeermeslemmetjie kom in aanraking met die volgende gebruiker, en die virus word oorgedra. ‘n Verwagtende vrou wat MIV positief is, kan die virus aan haar ongebore kind oordra. Na die geboorte kan die virus ook oorgedra word as die baba geborsvoed word.
  • Iemand wat getoets word vir die virus en ontdek dat hy/sy positief is, kan sy gesondheid oppas deur die volgende te doen, en die “sluimertydperk” van die virus baie verleng: rook en drank laat staan of dit net baie matig gebruik, gesonde kos eet, sorg vir goeie oefening, en ook genoeg rus en slaap inkry.

3. Statistiek

Die voorkoms van MIV/VIGS in Suid-Afrika is ontstellend.

  • Ongeveer 2 000 mense raak daagliks MIV-positief!
  • Ongeveer 800 mense sterf daagliks weens VIGS-verwante siektes!
  • ‘n Verklaring deur die departement van gesondheid ( Die Burger , 12 Julie 2005) lui “...dat tot 6,5 miljoen Suid-Afrikaners teen einde verlede jaar (2004) MIV- positief was.”

‘n Vorige projeksie van MIV-positiewe Suid-Afrikaners in ouderdomsgroep 15 tot 59 jaar.

2001 2010
MetVIGS Sonder VIGS MetVIGS Sonder VIGS
B otswana 39,3 70,5 29,0 73,2
E thiopië 45,2 56,1 42,1 60,1
K enia 48,0 64,9 44,3 68,4
Suid-Afrika 49,0 65,7 35,5 68,3
S waziland 40,4 57,7 29,7 61,5
Z imbabwe 37,8 69,9 32,5 72,8
Z ambië 37,2 58,7 38,9 72,8

Die lewensverwagting in ‘n paar Afrika-state.

VIGS-wesies (onder 15 jaar)

HOE GROOT IS DIE MIV/VIGS RAMP WERKLIK?

Gesondheidsverslaggewer, Kaapstad

Die rol van armoede

Die lighartige redenasie van wie eerste was, die hoender of die eier, kan by die verspreiding van VIGS gebruik word, want armoede lei tot die verspreiding van die siekte, terwyl die siekte die reeds groot Suid-Afrikaanse armoedeprobleem vererger!

Die siek broodwinner kan nie geld vir die werkgewer verdien nie, kan natuurlik ook nie geld tot die gesin se behoeftes bydra nie, en plaas ‘n groeiende las op die staat se gesondheidsbegroting.

Daarby bring die haglike lewensomstandighede van baie arm Suid-Afrikaners swak opvoeding en onkunde mee, en dit lei baie keer tot onverantwoordelike gedrag. Werkloosheid veroorsaak ‘n rondswerf agter werkgeleentheid aan, en ook dit dra tot die verspreiding van die siekte by.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11020/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask