<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 4

Energie en verandering

Module 29

Wind as bron van energie

Aktiwiteit 1:

Om oor wind as ‘n genotvolle bron van energie te gesels

[lu 3.2]

Om buite te wees op ‘n winderige dag, kan ‘n mens baie energiek laat voel. Daar is baie maniere om die wind te geniet.

  • Dink vinnig in julle groepe wat vir julle die lekkerste manier sal wees om die wind te geniet.
  • As julle terugvoering gee, werk uit watter groep se idee die goedkoopste sal wees en watter een s’n die duurste sal wees.
  • Watter groep se idee is die minste moeite en watter groep se idee is die meeste moeite?
  • Skryf byskrifte by die volgende prentjies.

Aktiwiteit 2:

Om ander gebruike van wind te identifiseer

[LU 1.3]

Plante gebruik ook die wind!

Wind versprei sade van plante en bome. Saadjies is baie lig en kan dus maklik versprei word.

Oulike feite: Sommige saadjies het vlerkies wat hulle maklik kan laat ‘vlieg’.

Sommige saadjies sweef soos valskermpies.

Voëls se vere help hulle om in die wind te sweef. As die wind matig is, help dit byvoorbeeld swaeltjies om duisende kilometers ver na warmer lande te migreer.

Party diere, soos hasies byvoorbeeld, ruik die lug terwyl hulle eet. Omdat die wind die reuk van hul vyande dra, word hulle sodoende teen die dreigende gevaar gewaarsku.

Die loodse van vliegtuie gebruik die windkous op die lughawe, sodat hulle kan sien van watter kant af hulle moet land en opstyg. Dit wys ook hoe sterk die wind waai.

Assessering

LEERUITKOMS 1: WETENSKAPLIKE ONDERSOEK

Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Assesseringstandaard

Dit is duidelik wanneer die leerder

1.3 data evalueer en bevindings kommunikeer.

LEERUITKOMS 3: WETENSKAP, DIE SAMELEWING EN DIE OMGEWINGDie leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.

Assesseringstandaard

Dit is duidelik wanneer die leerder

3.2 die impak van wetenskap en tegnologie verstaan.

Memorandum

Om buite te wees op ‘n winderige dag, kan ‘n mens baie energiek laat voel. Daar is baie maniere om die wind te geniet.

Skryf byskrifte by die volgende prentjies.

Ons kan watersport beoefen.

Ons kan in ‘n sweeftuig vlieg!

Ons kan ‘n vlieër laat vlieg.

Kom ons kyk nou wanneer wind gevaarlik kan wees

1. Bome waai om, verwoes motors en huise, paaie word versper, kragdrade kan omwaai en huise sonder elektrisiteit laat.

2. Storms op see kan die land laat oorstroom en skepe laat vergaan.

3. Tornado’s is die sterkste wind en kan tot 300 km per uur waai en ontsettende skade aanrig.

4. Wind kan gronderosie veroorsaak. Dink aan maniere hoe dit voorkom kan word.

5. As die wind heeltyd in een regtig waai, kan bome so skeef groei. Hoe kan ons veilig in sulke wind bly?

6. As ‘n veldbrand uitbreek, kan wind dit aanhelp en groot plantasies kan vernietig word.

7. Breekwaters word langs die see gebou om te voorkom dat die water nie op die land spoel nie.

8. Sommige diertjies bly veilig in hulle ondergrondse tonnels.

9. Op gevaarlike plekke word brûe en bergpaaie tydelik toegemaak sodat motoriste nie daar kan kry nie.

10. Rye bome en heinings kan langs landerye geplant word om te voorkom dat oeste beskadig word.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11097/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask