<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 9

Die ekonomiese siklus

Module 5

Prysvorming deur vraag en aanbod

Ten einde ruil- en handelstransaksies moontlik te maak, is dit nodig dat die waarde van ‘n produk deur die handelaar uitgedruk word in terme van ‘n geldbedrag, of soos ons dit ken, ‘n prys. Vir ons is dit algemeen om in ‘n afdelingswinkel in te stap en die pryse van produkte op die rakke te vergelyk in ons poging om te besluit watter produk(te) ons wil aankoop. Die vraag is egter: Hoe word daardie prys(e) bepaal?

Die prys wat ‘n handelaar aan ‘n produk gee, hang af van (1) die prys wat die produk hom gekos het en (2) die prys waarteen hy bereid is om die produk te verkoop. Hier is dus sprake van die AANBOD van ‘n produk of produkte teen ‘n bepaalde prys, in ‘n bepaalde hoeveelheid en op ‘n gegewe tydstip. In sy eenvoudigste vorm kan hier verwys word na die munisipale groentemark of ‘n vendusie waar vee verkoop word. Let daarop dat op sodanige mark(te) die verkopers en die pryse wat hulle vra vir hul produkte, sowel as die beskikbare hoeveelhede, van dag tot dag kan verander.

Die volgende gegewens rakende die AANBOD van kopkool op die munisipale groentemark op 14 Januarie word verskaf:

PRYS PER KOP HOEVEELHEID AANGEBIED
R0,80 400
R0,70 350
R0,60 300
R0,50 200
R0,40 100

Aktiwiteit 1:

Aanbodkurwe

[lu 1.3]

SELF:

Gebruik die gegewens in die tabel hierbo en trek die aanbodkurwe. Voeg ‘n aparte blad in.

  • Hieruit kan die WET VAN AANBOD afgelei word wat lui dat “die hoeveelheid goedere wat aangebied word, sal styg namate die prys daarvan styg, en omgekeerd, dat die hoeveelheid aangebied sal daal wanneer die pryse neig om te daal”.

Aktiwiteit 2:

Aanbod

[lu 1.3]

SELF:

Stel ‘n lys op van die faktore wat die hoeveelheid aangebied sal beïnvloed.

Die prys wat die verbruiker bereid is om vir ‘n produk te betaal, hang hoofsaaklik af van (1) die dringendheid van sy behoefte, en (2) die hoeveelheid geld wat die verbruiker tot sy beskikking het. Hier het ons dus te doen met die VRAAG na ‘n produk of produkte wat geldig is teen ‘n bepaalde prys, in bepaalde hoeveelhede en op ‘n gegewe tydstip. Die VRAAG verwys na die hoeveelhede wat aangevra of moontlik deur die verbruiker aangekoop sal word teen die aangeduide pryse op daardie spesifieke tydstip. Weereens is dit moontlik dat die aangeduide pryse en hoeveelhede van dag tot dag kan verander.

Die volgende gegewens rakende die VRAAG na kopkool op die munisipale groentemark op 14 Januarie word ook voorsien:

PRYS PER KOP HOEVEELHEID AANGEBIED
R0,80 150
R0,70 200
R0,60 300
R0,50 450
R0,40 650

Aktiwiteit 3:

Vraagkurwe

[lu 1.3]

SELF:

Gebruik die gegewens in die tabel hierbo en trek die vraagkurwe. Voeg ‘n aparte vel in.

  • Hieruit kan die WET VAN VRAAG afgelei word wat lui dat “die hoeveelheid aangevra sal styg namate die prys daal en dat die aangevraagde hoeveelheid sal daal wanneer pryse neig om te styg”.

Aktiwiteit 4:

Vraag

[lu 1.3]

GROEP:

Maak ‘n lys van die faktore wat die hoeveelheid aangevra sal beïnvloed.

Wanneer die bostaande aanbod- en vraagkurwes nou op dieselfde assestelsel getrek word, word gevind dat die twee kurwes mekaar by ‘n bepaalde punt sny, naamlik wanneer die prys R0,60 is, is die verkopers bereid om 300 kopkole aan te bied en die kopers is bereid om teen daardie prys 300 kopkole aan te koop. Hierdie prys staan bekend as die MARK-EWEWIGSPRYS en dit verteenwoordig die prys waarteen die koper en die verkoper bereid is om ‘n ruiltransaksie te sluit. Teen enige ander prys sal die partye nie kan ooreenkom nie en sal hulle nie bereid wees om ‘n transaksie te beklink nie.

Aktiwiteit 5:

Vraag- en aanbodkurwe

[lu 1.3]

SELF:

Gebruik die gegewens wat hierbo verskaf is en trek die Vraag- en die Aanbodkurwe op dieselfde assestelsel: (Voeg aparte vel in.)

SELF:

Lees nou die volgende gegewens van die grafiek af:

  1. Die markewewigsprys:
  2. Die hoeveelheid aangevra/aangebied:

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
die ekonomiese siklusDie leerder is in staat wees om kennis en begrip van die ekonomiese siklus binne die konteks van ‘die ekonomiese’ probleem te toon.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
  • verskillende wyses van geld die vloei van produksiefaktore en goedere en dienste in die ekonomiese siklus binne die Suid-Afrikaanse ekonomie kan verduidelik;
  • die rol van die buitelandse sektor in die ekonomiese siklus kan bespreek;
  • met behulp van ‘n grafiek kan illustreer hoe vraag en aanbod pryse beïnvloed, en hierdie verband kan bespreek;
  • die invloed en aksies (stakings en wegblyaksies) van vakbonde oor die algemeen en in die apartheidsera op die volgende terreine krities kan evalueer:
  • die Suid-Afrikaanse ekonomie;
  • politieke, ekonomiese en sosiale transformasie;
  • arbeidsaangeleenthede;
  • die uitwerking van die nasionale begroting op die ekonomie (bv. belasting en besteding op onderwys, sosiale welsyn, gesondheid en veiligheid) kan bespreek.

Memorandum

AKTIWITEIT 1: Aanbodkurwe

SELF:

Trek die grafiek van die gegewens wat in die tabel verskaf word.

AKTIWITEIT 2: Aanbod

GROEP:

Faktore wat die hoeveelheid aangebied, sal be ï nvloed

  1. Koste van produksie - hoe groter die koste, hoe langer neem dit om aanbod daar te stel.
  2. Prys van produkte - hoe groter die prys, hoe meer goedere sal aangebied word.
  3. Produksietegnieke - beter tegnieke teen laer koste, kan die aangebode hoeveelheid verhoog.
  4. Mededinging - met min mededingers sal die produsent die aanbod beperk om pryse op te jaag.
  5. Marktoestande - indien meer verkopers as kopers, sal produsent sy pryse verlaag om te verkoop.
  6. Belastingheffings - verhoog die prys, wat vraag sal laat verminder en dus ook die aanbod.
  7. Klimaatstoestande - as reënval swak is, sal produksie daal, wat ook aanbod sal laat daal.

AKTIWITEIT 3: Vraagkurwe

SELF:

Trek die grafiek van die gegewens wat in die tabel verskaf word.

AKTIWITEIT 4: Vraag

GROEP:

Faktore wat die hoeveelheid aangevra sal be ï nvloed

  1. Prys - indien pryse verhoog, sal die hoeveelheid aangevra waarskynlik daal.
  2. Smake en gewoontes - veranderings kan die vraag laat daal of styg.
  3. Verandering in inkomste - as inkomste verhoog, kan die hoeveelheid aangevra vermeerder.
  4. Substitusie goedere - 'n goedkoper substituut, sal die hoeveelheid aangevra laat daal.
  5. Belasting - verhoog die prys, wat die vraag na produk sal laat daal.
  6. Ekonomiese toestand - in voorspoedtye sal die aanvraag na (veral luukses) goedere verhoog.

AKTIWITEIT 5: Vraag- en aanbodkurwe

SELF:

Trek die aanbod- en vraagkurwe vanaf bostaande gegewens en verskaf die volgende antwoorde:

  1. Die mark-ewewigsprys: 60c
  2. Die hoeveelheid aangevra en aangebied: 300 kopkole

Questions & Answers

what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11073/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask