<< Chapter < Page Chapter >> Page >
LU 6.1

3. ‘N VICTORIAANSE DAG

Julle gaan ‘n Victoriaanse dag in die klas hê. Dit beteken dat julle eers navorsing moet gaan doen. Raadpleeg die biblioteke en die Internet. Probeer om Victoriaans aan te trek en soveel moontlik Victoriaanse dinge in die klas te hê as wat julle moontlik kan.

Julle onderwyser sal sê vir watter navorsing elke groep verantwoordelik is, bv. kleredrag, speletjies (gespeel tydens pouses), klaskamer, tipe kos, straf, vakke, ens.

Nooi julle skoolhoof om ‘n periode saam met julle deur te bring.

LU 3.8

MODULETOETS 1

1. Lees die onderstaande leesstuk noukeurig deur en beantwoord die daaropvolgende vrae.

Clive Roberts is alweer laat vir skool. Hy het spesiaal vroeër opgestaan, maar hoe moes hy nou geweet het sy fiets se voorwiel is pap! Hy hoor al hoe hy raas gaan kry by die onderwyser aan diens by die hek.

“Alweer Roberts wat laat is! Hoekom bly jy nie sommer in die bed nie? Jy kry elk geval nie veel reg met skoolwerk nie, maar jy kan darem ‘n rugbybal raakvat!"

Hy voel baie ongelukkig. Hy probeer so hard, maar daar gaan nie ‘n dag verby sonder dat hy in die moeilikheid beland nie. Miskien moet hy maar in die bed bly.

(a) Hoekom is Clive laat vir skool?

(1)

(b) Watter woord in die heel eerste sin vertel vir ons dat Clive gereeld laat is vir skool?

(1)

(c) Noem een ding wat Clive darem regkry by die skool.

(1)

(d) Watter woord in die derde paragraaf beskryf Clive se emosie?

(1)

(e) Hoekom oorweeg Clive dit om liewer in die bed te bly?

(1)

(f) Gee die teenoorgesteldes van die volgende woorde in die leesstuk:

Reg Ongelukkig (2)

(g) Skryf nou die heel laaste sin oor in die verlede tyd.

(2)

2. Lees nou verder

Terwyl Clive sleepvoet hek toe stap, hoor hy hoe iemand roep: “Kom gou, Roberts, die skoolhoof wil jou dadelik in die kantoor sien!”

Ag nee, nie kantoor toe nie. Dis die ergste wat kan gebeur. Dit beteken dat hy ‘n brief gaan kry om vir Pa en Ma te gee. Hy het hulle verlede keer belowe hy sal nie wéér kantoor toe hoef te gaan nie.

"Môre Meneer", groet Clive die skoolhoof, meneer Anderson. Meneer Anderson lyk nie kwaad nie. Hy lyk sommer baie vriendelik. Clive is baie verbaas. Hy verwag om raas te kry.

"My wereld, Roberts. Wat ‘n verrassing! Jy het eintlik weer die reel van laatkom oortree, maar ek sal niks dáárvan se nie. Ek is vanmore te trots op jou. As jy geweet het watter nuus ek vir jou het, sou jy nie so laat in die bed gele het nie. Dan sou jou kniee jou vinniger tot hier gedra het. Veels geluk, Roberts. Jy is gekies vir ons provinsie se Cravenweek-span!"

(a) Skryf die eerste sin van no. 2 oor in die verlede tyd.

(2)

(b) Verbind die laaste twee sinne van die derde paragraaf met die voegwoorde tussen hakies:

Meneer Anderson lyk nie kwaad nie. Hy lyk sommer baie vriendelik. (maar)

(1)

Clive is baie verbaas. Hy het verwag om raas te kry. (want)

(1)

(c) Daar is ses woorde in die laaste paragraaf wat verkeerd gespel is. Kan jy hulle opspoor? Skryf hulle korrek oor. (6)

(d) Watter emosie-woord sal kan beskryf hoe Clive nou voel?

(1)

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
LUISTERDie leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.3 luister vir spesifieke inligting:
1.3.1 skryf eenvoudige aantekeninge (soos voltooi gegewe aantekeninge; maak ‘n lys belangrike punte).
LU 3
LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.6 gebruik leesstrategieë:
3.6.3 begin om leesspoed te verbeter en te evalueer;
3.7 lees vir genot:
3.7.2 lees enkele nuwe tekssoorte (soos ‘n roman);
3.7.5 los woordraaisels op (soos blokkiesraaisels);
3.8 toon begrip van die gebruik van naslaanwerke:
3.8.2 gebruik ‘n woordeboek en verstaan ‘n woordeboekinskrywing (spelling, klem, uitspraak, woordsoort, betekenis).
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
6.1 hersien grammatika wat in die vorige grade gedek is;
6.2 spel bekende woorde korrek:
6.3 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer:
6.3.8 die gebruik van die teenwoordige-, verlede- en toekomendetydsvorm;
6.3.11 die verbinding van sinne met voegwoorde met die korrekte woordorde.

Memorandum

2.

  • Goed Sleg
  • Mooi Lelik
  • Gelukkig Ongelukkig
  • Vergeet Onthou
  • Bekend Onbekend
  • Naby Ver
  • Stout Soet
  • Slim Dom
  • Groot Klein

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11017/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask