<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Die vinnigste metode is om ‘n faksboodskap aan hulle/hom/haar te stuur. Beskryf die gebeure kortliks, nie meer as ‘n halwe A4-bladsy nie, sodat dit gefaks kan word.

Indien dit te moeilik is, verbeel jou jy is William Matthews wat die Birkenhead-ramp oorleef het. Sien no. 18 en gebruik die leesstuk om jou faksboodskap te skryf.

Trappe van vergelyking

Jy onthou seker dat wanneer ’n mens enige iets met mekaar wil vergelyk, jy woorde soos groot , groter as en die grootste gebruik. Ons noem dit mos Trappe Van Vergelyking . Die middelste trap kry ‘er’ by en die laaste trap ‘ste’ .

Voltooi nou die volgende trappe van vergelyking:

heerlik
gesond
smaaklik
verfrissend
vars
lekker
nuut
sag
vroeg
goed
lank
koud
breed
laag
laf
LU 6.2.7

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
LUISTER Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
1.1 verstaan stories (aan leerders vertel of gelees):
1.1.1 beantwoord letterlike vrae.
LU 2
PRAAT Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
2.1 voer interaksie in sy/haar addisionele taal:
2.1.1 stel en beantwoord vrae;
2.3 gebruik die addisisionele taal om inligting oor te dra:
2.3.3 beskryf ‘n proses;
2.3.5 gesels oor ‘n onderwerp waaroor voorbereiding gedoen is;
2.3.6 voer ‘n klasopname uit (soos voer onderhoude met klasmaats en teken reaksies op ‘n tabel of grafiek aan);
2.4 gebruik die addisionele taal op ‘n kreatiewe wyse:
2.4.2 voer gedigte, liedjies en eenvoudige toneelstukke op;
2.4.4 verbeel haar/hom moontlikhede en beskryf dit.
LU 3
LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
3.2 toon, op ‘n eenvoudige manier, begrip van sommige elemente van poësie:
3.2.1 woorde wat rym;
3.2.4 vergelykings;
3.3 lees vir inligting:
3.3.4 lees tekste oor die kurrikulum heen (soos handboeke van ander leerareas);
3.6 lees vir genot en inligting:
3.6.1 lees baie fiksie- en nie-fiksie-boeke op ‘n gepaste lees- en taalvlak;
3.6.5 los woordraaisels op;
3.7 gebruik naslaanwerke en ontwikkel woordeskat:
3.7.2 gebruik ‘n woordeboek;
3.7.3 demonstreer ‘n leeswoordeskat van ongeveer 3 000 tot 5 000 alledaagse woorde. Indien leerders hul addisionele taal vir leer in ‘n ander leerarea gebruik, behoort hulle na 5 000 woorde te mik.
LU 4
SKRYF Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
4.1 skryf om inligting oor te dra:
4.1.3 gebruik ‘n raam of struktuur om ‘n eenvoudige verslag te skryf (soos vir ‘n wetenskapeksperiment);
4.3 skryf kreatief:
4.3.1 toon ontwikkeling in die vermoë om verhale, toneelstukke en dialoë te skryf (soos deur sommige poëtiese tegnieke te gebruik om interessante titels te skep en deur dialoog by verhale in te sluit);
4.4 ontwerp mediatekste:
4.4.1 ontwerp ‘n plakkaat, ‘n eenvoudige advertensie en ‘n eenvoudige vraelys;
4.5 verstaan die skryfproses:
4.5.1 skryf konsepweergawes (kladwerk), lees dit krities deur, kry terugvoering van die onderwyser en klasmaats en herskryf dit.
LU 5
DINK EN REDENEER Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
5.1 gebruik taal oor die kurrikulum heen:
5.1.2 verkry en gebruik inligting uit materiaal wat in Tale en ander leerareas gebruik word;
5.1.3 toon die vermoë en kennis om woordeskat uit ander leerareas te gebruik.
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
6.1 spel bekende woorde korrek:
6.1.2 woorde met enkel- en dubbelvokale en-konsonante (soos: wanneer, gelukkig);
6.2 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer:
6.2.6 die enkelvoud- en meervoudsvorm, verkleiningsvorm (ook van meerlettergrepige woorde) en geslagsvorme van alledaagse woorde (soos skool/skole; span/spanne; speletjie; kettinkie; broer/suster; man/vrou);
6.2.7 verbuiging van adjektiewe, alledaagse trappe van vergelyking en intensiewe vorme (soos: jong, sagte, vroeër, vroegste, dolverlief);
6.2.8 persoonlike, besitlike, vraende en betreklike voornaamwoorde;
6.2.9 determineerders en telwoorde (soos: ‘n, die; vyfde, laaste);
6.3 ontwikkel sy/haar woordeskat:
6.3.1 verstaan en gebruik algemene woorde wat min of meer dieselfde beteken (soos: groot, enorm).

Memorandum

1. Die Niagara-waterval is een van die wêreld se belangrikste watervalle. Hierdie waterval is in die Niagara-rivier wat deel vorm van die grens tussen die VSA en Kanada. Daar is eintlik twee watervalle. Die Amerikaanse-waterval lê aan die Amerikaanse kant van die grens, en die Perdeskoen-waterval lê aan die Kanadese kant van die grens. Die Amerikaanse-waterval is 54 m hoog en die Perdeskoen-waterval is 51 m hoog. Die Niagra-waterval is moontlik 12 000 jaar gelede gevorm. Dit moet ‘n baie koue winter wees voordat die water van die Niagra-waterval vries.

3. Die salm swem stroomop nadat dit in riviere of varswaterstrome uitbroei. Hulle lê hulle eiers daar. Die wyfie swem stroomaf en lê 2 000 – 5 000 eiers in verskeie neste. Na die eiers bevrug is, gaan die wyfie dood. Die larwes broei uit en verlaat die neste na ‘n paar weke. Hulle swem dan see toe. Daar is baie gevare wat op hulle wag op hierdie tog see toe, soos vissermanne en bere. Baie salm oorleef nie. Die jong salm eet soveel moontlik wanneer hulle in die see is. Hulle eet nie in die vars rivierwater nie. Later begin die tog na die riviere weer. Die salm is nou volwasse en die broeityd lê voor.

6. pragtig(ste) asemrowend

  • loop: stap lawaai: geraas
  • yslike: reusagtige na onder: na benede

8.

  • seesiek: aangetas deur seesiekte; naar
  • fregat: ligte, vinnige oorlogskip
  • bemanningslede: offisiere en matrose van ‘n skip
  • aan wal: aan land
  • aan boord: op skip
  • kus: strand, strook land langs die see
  • oorverdowend: baie hard
  • dek: verdieping van ‘n skip (soms oop deel)
  • anker: swaar stuk yster met weerhake om skip op bodem vas te lê
  • reddingsbote: bote spesiaal gebou om skipbreukelinge te red
  • luikopening: plankopening op boot (waar mense bly / slaap)
  • boeg: voorste, gespitste gedeelte van ‘n skip
  • reling: tralies langs kant
  • afgryslik: vreeslik / vreesaanjaend
  • oorblyfsels: stukke wat oorgebly het
  • wonderbaarlik: ongelooflik, asof deur ‘n wonderwerk
  • vergaan: opgebreek en gesink
  • heldemoed: dapperheid, heldhaftigheid
  • in gelid: in ‘n ry, een-een
  • legendaries: fabelagtig, wat soos ‘n legende is
  • oorlewende: wat oorleef het, wat nie gesterf / verdrink het nie.

11.

  • heerlik heerliker heerlikste
  • gesond gesonder gesondste
  • smaaklik smaakliker smaaklikste
  • verfrissend verfrissender verfrissendste
  • vars varser varsste
  • lekker lekkerder lekkerste
  • nuut nuwer nuutste
  • sag sagter sagste
  • vroeg vroeër vroegste
  • goed beter beste
  • lank langer langste
  • koud kouer koudste
  • breed breër breedste
  • laag laer laagste
  • laf lawwer lafste

Questions & Answers

what is mutation
Janga Reply
what is a cell
Sifune Reply
how is urine form
Sifune
what is antagonism?
mahase Reply
classification of plants, gymnosperm features.
Linsy Reply
what is the features of gymnosperm
Linsy
how many types of solid did we have
Samuel Reply
what is an ionic bond
Samuel
What is Atoms
Daprince Reply
what is fallopian tube
Merolyn
what is bladder
Merolyn
what's bulbourethral gland
Eduek Reply
urine is formed in the nephron of the renal medulla in the kidney. It starts from filtration, then selective reabsorption and finally secretion
onuoha Reply
State the evolution relation and relevance between endoplasmic reticulum and cytoskeleton as it relates to cell.
Jeremiah
what is heart
Konadu Reply
how is urine formed in human
Konadu
how is urine formed in human
Rahma
what is the diference between a cavity and a canal
Pelagie Reply
what is the causative agent of malaria
Diamond
malaria is caused by an insect called mosquito.
Naomi
Malaria is cause by female anopheles mosquito
Isaac
Malaria is caused by plasmodium Female anopheles mosquitoe is d carrier
Olalekan
a canal is more needed in a root but a cavity is a bad effect
Commander
what are pathogens
Don Reply
In biology, a pathogen (Greek: πάθος pathos "suffering", "passion" and -γενής -genēs "producer of") in the oldest and broadest sense, is anything that can produce disease. A pathogen may also be referred to as an infectious agent, or simply a germ. The term pathogen came into use in the 1880s.[1][2
Zainab
A virus
Commander
Definition of respiration
Muhsin Reply
respiration is the process in which we breath in oxygen and breath out carbon dioxide
Achor
how are lungs work
Commander
where does digestion begins
Achiri Reply
in the mouth
EZEKIEL
what are the functions of follicle stimulating harmones?
Rashima Reply
stimulates the follicle to release the mature ovum into the oviduct
Davonte
what are the functions of Endocrine and pituitary gland
Chinaza
endocrine secrete hormone and regulate body process
Achor
while pituitary gland is an example of endocrine system and it's found in the Brain
Achor
what's biology?
Egbodo Reply
Biology is the study of living organisms, divided into many specialized field that cover their morphology, physiology,anatomy, behaviour,origin and distribution.
Lisah
biology is the study of life.
Alfreda
Biology is the study of how living organisms live and survive in a specific environment
Sifune
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10996/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask