<< Chapter < Page Chapter >> Page >

‘n Tuisnywerheid was in 1733 ‘n klein sakeonderneming of besigheid waarby al die familielede betrokke was. As ons vandag van ‘n tuisnywerheid praat, bedoel ons enige groep persone wat selfvervaardigde goedere vanuit ‘n stalletjie langs die pad, of vanuit ‘n winkel in die dorp of stad, of vanuit hul huis of garage bemark en verkoop.

  • Voorbeelde hiervan is: tuindienste,__________________
  • Ouma moes die kleiner kinders oppas sodat Ma haar huiswerk kon klaarkry. Vandag ________________
  • Pa het al die harde handearbeid verrig; vandag ______________________
  • Kinders moes bedags met die boerdery help en saans met die tuisnywerheid. Vandag
  • Die hele familie was elke dag saam; vandag ______________
  • Mense het ver van mekaar gebly, vervoer was ‘n probleem; vandag _____________
  • Mense het vir produkte wat hulle nie self kon vervaardig nie, met mekaar geruil.

Vandag ______________________

  • Almal het almal in die omgewing geken, want hulle was van mekaar afhanklik.

Vandag ______________________

  • Beligting is deur kerse en olielampe verkry en verhitting deur vuur. Vandag ___________
  • Sonder elektrisiteit was kommunikasie ‘n probleem. Vandag ___________________

Geteken deur: ..................................................................

LU 1 AS 1.4 LU 2 AS 2.3 LU 3 AS 3.1

Aktiwiteit : Voer die instruksies presies uit

  • Hier volg nou ‘n beskrywing in woorde van McAdam se padboumetode. Jy moet dit grafies voorstel, dit wil sê, ‘n duidelike tekening MET BYSKRIFTE maak sodat enig-iemand jou aanwysings kan volg.

John McAdam se padboumetode:

  • Die onderste laag, die fondament genoem, het bestaan uit groot klippe.
  • Op hierdie laag, het die werkers ‘n tweede laag medium klippe gegooi.
  • Daarna het ‘n laag kleiner klippe gevolg en daarna is die toplaag van gruis, sand en kalk platgerol, sodat ‘n gelyke oppervlak gevorm is.

/10/

LU 1 AS 1.5

BRON C

Opvoeder: Graad Agts, dit moet nou vir julle duidelik wees dat daar tydens die Industriële Revolusie ‘n geweldige sosiale verandering teweeggebring is. Die rykes het ryker geword en die armes al armer. Arbeiders het slegs hul arbeid gehad om te verkoop en die werkgewers kon besluit hoeveel hulle wou betaal. Veral kinderarbeid is uitgebuit.

Arm ouers het hul ouer kinders verkoop om geld te kry om kos vir hul kleiner kinders te kry.

Die van julle wat die film “Mary Poppins” wat oor hierdie tydperk handel, gesien het, weet in watter omstandighede skoorsteenveërs geleef het. Die gebrek aan kos; siektes a.g.v. die steenkoolstof wat hul ingeasem het; swak behandeling en behuising en nog baie ander probleme het hierdie kinders se lewe ondraaglik gemaak.

BRON D

Sipho: Ek wil vir die Geskiedenisklas vertel hoe ek die geld vir my skoolfonds bymekaar gemaak het. Ek het begin met goedkoop opwasmiddel, ou lappe en bottels water. Ek het by die afrit na die besige nasionale pad gaan staan met my plakkaat waarop ek my ruitwasdiens goedkoop geadverteer het. My eerste kliënt het gesê ek kan die kleingeld hou. ‘n Ander vrou met ‘n silwerskoon motor het gesê sy waardeer my vriendelikheid. My projek het uitgebrei tot by ‘n gereëlde motorwasdiens vir tevrede kliënte.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11043/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask