<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Graad 5

Van melkhoutboom tot sms

Module 3

Die ontkennende vorm en ander taalsake

T aalstruktuur en – G ebruik

AKTIWITEIT 1

OM DIE ONTKENNENDE VORM TE VERSTAAN EN TE GEBRUIK

[LU 6.2.8]

Ons lees in die leesstuk die volgende: Dit was nie nodig dat haar ma saamgaan nie . In Afrikaans gebruik ons gewoonlik die dubbele of herhalende nie wanneer ons iets in die ontkennende vorm wil sê of skryf.

a) Skryf nou die volgende sinne in die ontkennende vorm:

  1. Tania weet wat om te doen
  1. Helen het gister haar tuiswerk gedoen.

(iii) Neville sal die hele boek lees.

Soms neem ‘n woord ‘n spesiale vorm aan wanneer ons die ontkennende vorm gebruik, byvoorbeeld

ooit word nooit

iemand word niemand

iets word niks

b) Kan jy die volgende sinne in die ontkennende vorm skryf? Gebruik die woorde tussen hakies.

  1. Het jy al ooit so iets gesien? (nog nooit)
  2. Ek het iemand gesien hardloop. (niemand)
  3. Ons hoor iets. (niks)

Ken jy hierdie interessante een? Ek sal dit so nimmer as te nooit doen nie.

AKTIWITEIT 2

OM DIE DIREKTE EN INDIREKTE REDE TE GEBRUIK [LU 4.4.2; 6.2.9]

OM OOR DIREKTE EN INDIREKTE REDE TE PRAAT [LU 6.6.1]

Kyk weer na die leesstuk. Die gesprek tussen Tania en die klerk (die woorde wat hulle sê) word op ‘n spesiale manier geskryf sodat ons kan weet dit is die prater se woorde (direkte rede). Ons kan ook sê dit is die woorde wat die hoorder hoor. Dit word ook in aanhalingstekens ( “ “) geskryf en die ander leestekens (dubbelpunt en komma) moet op die regte plekke geplaas word. Kyk na die voorbeelde van sinne in die direkte rede :

Die klerk sê: “Ek sien dis lekker eetgoed.”

"My broer werk in Engeland,” sê Tania.

“Sal dit al wees?” het die klerk gevra.

Die direkte rede kan na die indirekte rede verander word. Dit is soos wanneer iemand oorvertel wat die prater sê of gesê het.

Om ‘n sin van direkte rede na indirekte rede te kan verander, is daar ‘n paar reëls wat julle moet toepas:

Die tyd waarin die sin geskryf of gepraat is, moet dieselfde bly.

Die leestekens val weg, behalwe aan die begin en einde van die sin (hoofletter en punt).

Die voornaamwoorde (ek, hy, ons, ens.) verander.

Dikwels verander die woordorde ook.

Indirekte rede is die oorvertelling van die spreker se woorde aan ‘n persoon wat dit nie self gehoor het nie.

As ons die drie sinne hierbo in die indirekte rede skryf, lyk hulle so:

Die klerk sê sy sien dis lekker eetgoed.

Tania sê haar broer werk in Engeland.

Die klerk het gevra of dit al sal/sou wees.

Skryf die volgende sinne in die indirekte rede:

  1. Juffrou sê vir ons: “Julle is baie slim.”
  2. Ouma het vir my gevra: “Sal jy asseblief vir my water bring?”
  3. “Ek dink dit gaan reën,” sê die skoolhoof.

AKTIWITEIT 3

OM HOOFLETTERS EN LEESTEKENS KORREK TE GEBRUIK

[LO 6.2.10]

Die hoofletters en leestekens in die volgende paragraaf is weggelaat. Skryf dit oor en maak die foute reg.

die posmeester van groot-brakrivier meneer daniels het woensdag na george gery ‘n hond het skielik oor die pad gehardloop mnr daniels het geskrik en uitgeroep hierjy jou lelike ding

AKTIWITEIT 4

OM DIE GEBRUIK VAN VERGELYKINGS EN INTENSIEWE VORME TE VERSTAAN

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 5. OpenStax CNX. Sep 04, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10969/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask