<< Chapter < Page Chapter >> Page >

[LU 6.2.13]

a) Wanneer ons iets met iets anders wil vergelyk, gebruik ons gewoonlik vergelykings. Ons gebruik dan die woordjie “soos”. In die leesstuk is daar die volgende sin:

Die pakkie is so swaar soos lood.

Dit beteken dat die pakkie baie swaar is.

Voltooi nou die volgende vergelykings:

  1. Die ou wat geskrik het, is so wit soos ‘n __
  2. Die muis is so vinnig soos __
  3. Die jagluiperd hardloop soos die __
  4. Die padda is so glad soos __
  5. Die stoeier is so sterk soos ‘n __
  6. Die pasiënt is so siek soos ‘n __
  7. Die storie is so oud soos die __
  8. Ek voel hier so tuis soos ‘n __ (vier woorde)
  9. Skakel aan die lig; dis so donker soos die __
  10. Die neut is so hard soos ‘n __

( Kan jy aan nog ‘n paar dink? )

b) Daar is ook vergelykings wat sonder “soos” gebruik word. In die leesstuk lees ons van die klerk se bloedrooi rok. Ons noem hulle intensiewe vorme en hulle word gewoonlik as een woord geskryf.. Probeer om die volgende te voltooi:

  1. Petro se tande is __ (baie wit).
  2. Die honger mense is __ (baie arm).
  3. Heuning is altyd __ (baie soet).
  4. Die gehoorsame kinders is __ baie soet).
  5. Die welgestelde sakeman is __ (baie ryk).
  6. Daardie spoggerige selfoon is __ (baie duur).
  7. Gooi dit maar weg; dit is __ (baie oud).

c) Probeer die volgende voltooi voordat jou opvoeder jou daarmee help:

Vergelyking Intensiewe vorm

  1. So vinnig soos die wind blitsvinnig
  2. So oud soos die berge horingoud
  3. So vet soos ‘n vark __
  4. So maer soos ‘n __ brandmaer
  5. So donker soos die nag __
  6. So arm soos ‘n kerkmuis __
  7. So wit soos ‘n __ spierwit
  8. So siek soos ‘n __ doodsiek

Assessering

LU 4

SKRYF

Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

4.1 verskeie soorte tekste vir verskillende doeleindes en teikengroepe skryf:

4.1.1 skryf vir persoonlike, ondersoekende, speelse, verbeeldings- en skeppende doeleindes (brief, persoonlike boodskap);

4.1.2 skryf informatiewe tekste waarin idees duidelik en logies vir verskillende teikengroepe uitgedruk word (verslag);

4.1.3 skryf en ontwerp visuele tekste waarin inligting duidelik en skeppend aangebied word (advertensie);

4.1.4 verander inligting van een formaat na ‘n ander (telefoonrekening na teks);

4.2 idees deur die skryfproses ontwikkel en organiseer:

4.2.1 kies en ontleed ‘n onderwerp en hou ‘n dinkskrum oor idees met behulp van kopkaarte, vloeidiagramme en lyste;

4.3 netjiese, leesbare werk lewer, met aandag aan aanbieding;

4.4 kennis van taal op verskeie vlakke toepas:

4.4.1 woordvlak:

  • kies en eksperimenteer met ‘n wye verskeidenheid woorde uit verskeie bronne;
  • raadpleeg woordeboek om woorde na te gaan;

4.4.2 sinsvlak:

  • gebruik die direkte en indirekte rede gepas en doeltreffend.

4.4.3 paragraafvlak:

√ toon verskillende maniere om paragrawe te skakel.

LU 5

DINK EN REDENEER

Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

5.1 taal gebruik om te dink en te redeneer:

5.1.1 identifiseer oorsaak en gevolg in mondelinge en geskrewe tekste en verduidelik die verband daartussen;

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 5. OpenStax CNX. Sep 04, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10969/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask