<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Het jy al ooit gewonder waarom die kafee-eienaar besluit het om ‘n kafee juis in die middel van ‘n woonbuurt te begin?
Gesels gou in jou kleiner groepe oor die voordele en nadele van ‘n kafee wat in ‘n woonbuurt geleë is en skryf dit dan in die volgende tabel neer.
Voordele | Nadele |
Lekkergoed, koeldrank, tydskrifte, vars pasteie elke dag, roomyse en vele meer. Jou ma en pa het weer heel ander behoeftes as jy. Pa hoop om elke dag die koerant daar te koop, terwyl Ma gedurig daar moet stop vir brood en melk. En wat van daardie keer toe Ma gaste vir ete gekry het en daar nie genoeg rys in die huis was nie!
Ja, die kafee is baie belangrik as dit kom by daardie verbruiksartikels wat ons van dag tot dag nodig het.
Maak ‘n lys van artikels wat jy en jou gesin gereeld by die plaaslike kafee koop.
................................................................................................................

Gesels in julle groepe hieroor en gee terugvoering aan die klas.
‘n Kafee op die hoek is gewoonlik redelik ver uit die sentrale sakekern geleë. Die eienaar is afhanklik van afleweringsvoertuie wat sy voorraad aflewer. Sommige voorraad ( bederfbaar ) moet gereeld aangevul en vervang word, terwyl die nie-bederfbare voorraad slegs volgens behoefte aangevul word. Dit is byvoorbeeld nie nodig om elke dag vars lekkergoed en blikkieskos aan te vul nie.
Besoek jou plaaslike kafee en maak ‘n lys van bederfbare en nie-bederfbare produkte wat ons gewoonlik op die rakke aantref.
Bederfbaar | Nie-bederfbaar |
Die kafee-eienaar kan óf sy voorraad laat aflewer, óf dit self na sy besigheid aanry. Daar is egter sekere produkte wat jy en jou gesin graag elke dag vars wil koop en daarom is dit belangrik dat dit van dag tot dag op die perseel vervaardig moet word. Só bak hulle byvoorbeeld elke dag vars brood en pasteie vir die klante.
Het jy al ooit gewonder wat doen die eienaar met die vrugte en groente ( bederfbare voorraad ) wat van dag tot dag minder vars en onbruikbaar raak?
Wanneer jy weer jou plaaslike kafee besoek, maak ‘n punt daarvan om uit te vind hoeveel mense in diens van die kafee is, watter skofte hulle werk en wat elkeen se taak presies behels. Die bakker sal byvoorbeeld in die kombuis wees, terwyl die assistente die kasregisters beman. Daar behoort ook altyd ‘n bestuurder aan diens te wees.
Kyk nou of jy die volgende tabel kan voltooi:
Personeellid | Posbeskrywing | Ure | ||||||||||||||||||||||||
Bv. Bestuurder | Beheer al die afdelings van die besigheid | 08:00 – 17:00Hy moet egter altyd beskikbaar wees vir enige noodgeval. | ||||||||||||||||||||||||
Bestudeer die volgende vloerplan van ‘n tipiese kafee en kyk dan of jy al die nodige toerusting kan identifiseer:
Toerusting |
Daar is ook baie aktiwiteite wat agter die “skerms” in ‘n kafee plaasvind. Vra gerus die bestuurder of jy as deel van jou navorsing met jou volgende besoek die koelkamers en stoorkamers mag besoek.
Die leerder is in staat om kennis en begrip van die ekonomiese kringloop binne die konteks van “die ekonomiese probleem” te toon.
Dis duidelik wanneer die leerder:
1.3 die rol van formele en informele sake-ondernemings in ‘n samelewing beskryf.
Die leerder is in staat om kennis en die vermoë te toon om verskeie bestuurs-, verbruikers- en finansiële vaardighede toe te pas.
Dis duidelik wanneer die leerder:
3.2 drie verskillende soorte plaaslike sakeondernemings onderskei.
Die leerder is in staat om entrepreneurskennis, -vaardighede en -houdings te ontwikkel.
Dis duidelik wanneer die leerder:
Bladsy 1
Na afloop van ‘n klasgesprek oor “die kafee op die hoek”, maak die leerders ‘n lys van die voor- en nadele daarvan.
Bladsy 2 en 3
Die leerders voltooi hierdie selfaktiwiteit aan die hand van sy/haar persoonlike ervarings.
Bladsy 4
Miskien kan die leerders onderhoude gaan voer met die personeel van die plaaslike kafee om meer uit te vind oor hul posbeskrywings en werkure.
Met hierdie aktiwiteit probeer ons die leerders bewus maak van die geweldige verskeidenheid toerusting wat nodig is ten einde ‘n kafee suksesvol te bestuur. So moet daar mengers, oonde en koelrakke in die bakkery wees, yskaste vir koue voorraad, rakke, ens.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 4' conversation and receive update notifications?