<< Chapter < Page Chapter >> Page >

b) Gemeenskappe en bevolkings met ‘n lae geboortesyfer, ‘n ewe lae sterftesyfer en ‘n lang lewensverwagting (‘n welvarende gemeenskap met ‘n goeie lewensgehalte en mediese sorg), se piramide sal ‘n smallerige (smaller as (a) hierbo) basis hê en egalig afplat na die bopunt

  1. Slegs primitiewe (wat nog in ‘n vroeë stadium van ontwikkeling is) gemeenskappe se -*geboortesyfer sowel as sterftesyfer is hoog (met die geboortesyfer die hoogste). Die gevolg is ‘n redelik vinnige bevolkingsgroei.

c) Slegs primitiewe (wat nog in ‘n vroeë stadium van ontwikkeling is) gemeenskappe se geboortesyfer sowel as sterftesyfer is hoog (met die geboortesyfer die hoogste). Die gevolg is ‘n redelik vinnige bevolkingsgroei.

d) Die bevolkings van ontwikkelde lande (byvoorbeeld die meeste Wes-Europese state) het ‘n lae geboorte - en sterftesyfer . In sommige gevalle is die geboortesyfer laer as die sterftesyfer, wat ‘n negatiewe bevolkingsgroei tot gevolg het. Die lewensverwagting is hoog. In hierdie geval praat ons van ‘n “ou” bevolking.

4. Hoekom vind verandering in bevolkings plaas?

Vir die grootste deel van die bestaan van die wêreld was die verandering wat plaasgevind het, slegs groei . Oor die hele wêreld het mense het net meer en meer geword. Maar vandag is dit nie meer oral die geval nie. In sommige lande in Europa krimp die bevolking.

En as julle gedink het dat slegs (baie) vinnige groei in lande of streke probleme tot gevolg het, moet julle weer dink, want ‘n krimpende bevolking lei ook tot probleme! Dit is net ‘n ander soort probleem waarmee die mense te kampe het.

Maar voordat ons aan die gevolge en uitdagings van verandering aandag gee, moet ons eers vasstel hoekom veranderinge plaasvind.

Hierbo is gesê dat sekere lande se bevolkings ook kan krimp, of afneem, maar die belangrikste rede vir verandering is egter steeds die groei wat in die bevolking plaasvind. In die geheel gesien, groei die wêreldbevolking vandag.

Die meeste demograwe aanvaar dat die groei van die wêreldbevolking korrek met ‘n grafiek soos die een hier langsaan aangetoon kan word. Dit sê dat die wêreld se bevolking eers min was, dat dit gegroei het, maar ook dat die groei nie eweredig was nie – dit groei al vinniger! En dit is in die vinnige toename dat die grootste uitdagings vir regerings opgesluit is.

Aktiwiteit 4:

Om in groepe die uitdagings wat op munisipale regerings wag t.o.v. bevolkingstoename te bespreek

[lu 3.1]

a) Verdeel jul klas of werkgroep in twee – een groep kies ‘n dorp en die ander ‘n groot stad , en bespreek en lys die uitdagings wat op die munisipale regering wag as die bevolking (inwoners in hierdie geval) binne vyf jaar sou verdubbel .

  • Noudat julle Aktiwiteit 4 gedoen het, kan julle seker begryp dat ‘n verandering in ‘n bevolking nie ligtelik opgeneem moet word nie! Die verandering waarna julle in Aktiwiteit 1.4 gekyk het, was slegs toename , iets wat ‘n mens baie maklik kan verstaan. Onthou asseblief dat ‘n verdubbeling van die bevolking van ‘n munisipale gebied binne tien jaar baie vinnig is – eintlik die uitsondering. Toestroming na ‘n kleiner gebied binne ‘n groot munisipale gebied kan eerder verwag word.
  • Verandering in bevolkings behels egter veel meer as toename of afname!
  • Bevolkings raak ook “ ouer ”, bevolkings kan “ jonger “ raak; die lewensverwagting van mense kan verhoog ; die sterftesyfer kan daal ; die vrugbaarheid kan toeneem , en dies meer. Hierdie soort veranderinge staan ook nie los van mekaar nie – die een lei tot die ander, byvoorbeeld as die sterftesyfer daal , verhoog die lewensverwagting . So ook sal die bevolking of gemeenskap jonger raak as die vrugbaarheid toeneem . Hou ook in gedagte dat die verandering stadig en oor ‘n lang tydperk plaasvind!
  • Belangrik om te onthou, is dat wanneer baie mense na ‘n bepaalde gebied verhuis, nie net die gebied verander waarheen die mense gaan nie – ook die gebied waarvandaan die mense kom, ondergaan verandering! As ‘n baie groot deel van ‘n gemeenskap se jong mans permanent weggaan om elders te werk, verander die struktuur van daardie gemeenskap, want dit raak ouer, én die persentasie vrouens in die jonger groep neem toe. En daardie jonger groep word later die ouer groep, en die groep manlike lede bly kleiner as die vroulike groep.
  • Al die veranderings wat op die lang termyn, maar voortdurend, in bevolkings voorkom, word demografiese oorgang genoem.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11020/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask