<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Graad 4

Module 18

Verkennend lees en beskrywend skryf

Aktiwiteit 1

Om woorde uit dieselfde veld te herken [lu 6.1.8]

Ons hoor geweldig baie verskillende geluide in die natuur en rondom ons. Kom ons noem hulle geluidwoorde . Kyk of jy al die geluidwoorde in die onderstaande paragraaf kan opspoor. Onderstreep hulle en maak seker jy kry almal. Daar is vyf.

Buite woed daar 'n kwaai storm. Die wind suis deur die bome. Ek hoor hoe die blare ritsel en dan begin die reëndruppels val. Eers val hulle sag,maar dit raak al hoe harder totdat hulle baie hard op die dak kletter. Ek sit voor die kaggelvuur en staar na die houtstompe wat knetter terwyl hulle brand. Die storm woed al erger en die wind huil om die hoeke van die huis.

DIERE SE GELUIDE

Voltooi die onderstaande sinne deur die diergeluid in te vul waar hy pas:

brul blêr kekkel

bulk kwetter koer

trompetter runnik balk

kraai loei

  1. Ver in die veld hoor ek die leeus ...................................
  2. Die olifant ........................................ en klap sy ore, terwyl hy op die motor afstorm.
  3. Die koei ............................ sodat sy haar kalfie haar kan kry.
  4. Die donkie ........................... , want hy is bang vir die weerlig.
  5. Bo in die boom sit 'n duif en ....................., terwyl die voëls ...........................
  6. Die skape ........................ terwyl hulle aangejaag word kraal toe.
  7. Op die werf ......................... die ou haan.
  8. Perde ............................... gewoonlik wanneer hulle skrik.
  9. Nadat die hen 'n eier gelê het, ............................... sy baie trots.
  10. Die beeste ............................ , terwyl hulle gedip word.

Aktiwiteit 2

Om te verkenlees en te soeklees [lu 3.1.1]

Soms wil 'n mens vinnig vasstel of jy 'n sekere leesstuk deeglik wil lees. Jy kan die stuk eers verken voordat jy dit dan goed lees. Ons sê jy verkenlees dit eers.

Wanneer 'n mens verkenlees, lees jy slegs die opskrifte, die eerste en laaste paragrawe, en die eerste sin van al die ander paragrawe deeglik. Jy lees dus bogenoemde gedeeltes om 'n goeie idee van die leesstuk te kry. Daarna kan jy besluit of jy dit deeglik en volledig wil lees.

DIE BEROEMDE BEETHOVEN WORD DOOF

Die seuntjie Beethoven se bittere lewe

Daar is seker nie nog 'n komponis of skrywer van musiek wie se naam so bekend en so beroemd is as dié van Beethoven nie. Reeds toe hy vier jaar oud was, was dit duidelik dat dié seuntjie baie musikaal en talentvol was. Van daardie oomblik af het die swaarkry ook begin.

Beethoven se vader was 'n sanger in die kerk en hy wou graag hê sy seun moes 'n wonderkind van die musiek word. Klein soos hy toe nog was, moes Beethoven musiek leer: hy moes ure lank op die klavier en viool oefen sonder dat hy eintlik tyd vir speletjies gehad het. Sy pa was ook 'n dronklap. Hy het hom laat in die nag uit die bed geruk, 'n pak slae gegee en hom tot die volgende oggend op die klavier laat oefen. Ná so 'n slapelose nag moes hy weer die volgende oggend skool toe gaan. Geen wonder hy het musiek soms gehaat nie.

Tog het Beethoven later 'n uitstekende musiekskrywer (komponis) en klavierspeler (pianis) geword. As jong man, ná sy vader se dood, het hy 'n paar gelukkige jare in sy lewe gehad. Hy het baie musiek geskryf en het beroemd geword.

Questions & Answers

what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11081/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask