<< Chapter < Page Chapter >> Page >

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Graad 4

MY WOONPLEK

Module 15

DIE SITKAMER

Aktiwiteit 1

Om ‘n blokkiesraaisel in te vul [LU 3.5.3]

Om te leer hoe om ‘n woordeboek te gebruik [lu 3.6.1]

Blokkiesraaisel (woordeskat)

Kyk na die prentjie van die sitkamer. Vul die blokkiesraaisel saam met 'n maat in. Maak gebruik van ‘n woordeboek om die woorde na te slaan. Die leidrade is op die prentjie genommer. Julle kan die prent in die klas aanbring en jul eie flitskaarte byvoeg. Leer die spelling van die woorde vir ‘n klastoets.

1 2 3 4
5
6
7
8 9
10
11 12
13
14

Aktiwiteit 2

Om sinne te voltooi [LU 4.5.1]

Die sitkamer (skriftelik)

Kyk nou weer na die prentjie van die sitkamer op die vorige blad. Hier volg sinne oor die prentjie, maar daar is woorde uitgelaat. Lees die sinne eers saam met 'n maat deur en dan kan julle dit individueel voltooi.

Vul een van die volgende in:

een, in, en, 'n

  • Daar is net ...................................vissie ............................... die visbak.
  • Op die tafeltjie is .................radio .................... ‘n blompot.
  • Daar hang ........................... skildery aan die muur.
  • Vader ......... Moeder sit ........... die sitkamer.
  • Daar is nie ........................... stoel nie, maar twee stoele.
  • Die boeke is netjies .................. die boekrak gepak.

Ek het ......................... korrek ingevul.

Assessering

Leeruitkoms 3: lees en kyk

Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

3.5 vir genot en inligting lees:

  • raaisels oplos (soos blokkiesraaisels);

3.6 naslaanwerke gebruik en woordeskat ontwikkel:

3.6.1 ‘n woordeboek gebruik.

Leeruitkoms 4: skryf

Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

4.5 ontwikkelende kennis gebruik van taalstruktuur en – gebruik:

4.5.1 paragrawe skryf met behulp van ‘n raam of struktuur as ondersteuning.

Memorandum

Aktiwiteit 1(a)

(a) af

1. koffietafel

2. boekrak

4. televisie

6. klavier

8. bank

10. gordyne

12. mat

13. lamp

dwars

3. stoel

5. blompot

7. skildery

9. radio

11. ornamente

14. kaggel

Aktiwiteit 2(b)

(i) een; in

(ii) is ‘n; en

(iii) ‘n

(iv) en; in

(v) een

(vi) in

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 4. OpenStax CNX. Oct 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11082/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask