<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Tegnologie

Graad 5

Maak masjiene maklik

Module 1

Stelsels

VOORKENNIS

  1. WAT IS ‘N STELSEL?
  1. Sjoe! Het jy al ooit vantevore van hierdie woord gehoor?

Indien jou antwoord ja was, verduidelik kortliks hieronder. Indien jou antwoord nee was, let nou mooi op:

Weet jy dat jou liggaam uit nege verskillende stelsels bestaan? Drie daarvan is jou beenstelsel , jou spierstelsel en jou asemhalingstelsel .

Opdrag

  1. Skryf elke stelsel neer wat ooreenstem met die prentjies hieronder.

  1. Kan jy enige ander stelsel van jou liggaam opnoem?

'n Stelsel is dus ‘n stel eenhede wat saam werk om 'n sekere taak te verrig.

Voorbeeld: Jou beenstelsel bestaan uit jou skedel ('n eenheid) en geraamte ('n eenheid) wat 'n sterk raamwerk (taak) is vir jou liggaam.

  1. STELSELS IN TEGNOLOGIE

In Tegnologie kry ons te doen met vier verskillende stelsels, nl. elektriese , meganiese , hidrouliese (vloeistofdruk-) en pneumatiese (lugdruk-) stelsels.

  1. MEGANIESE STELSELS

In hierdie module gaan ons kyk na meganiese stelsels. 'n Voorbeeld van 'n groot meganiese stelsel is 'n fiets. 'n Meganiese stelsel gebruik energie om 'n bepaalde funksie te verrig. Dit kan wees om die spoed, die rigting of die krag wat uitgeoefen word te verander.

Opdrag

Bestudeer die illustrasie met byskrifte en beantwoord die vrae wat volg:

  1. Kopieer die tabel en vul in watter deel/dele van die fiets vorm die:
Deel / Dele Funksie
a) aandrywingseenheid
b) stuureenheid
c) stopeenheid
  1. Wat is elk van bogenoemde se funksie ?

[LU 1.2]

As ons die fiets "opbreek" in verskillende dele volgens die taak/werk wat elkeen verrig, kan ons makliker verstaan hoe elke eenheid werk. Elke eenheid kan ook in drie kleiner stelsels opgebreek word, nl. 'n inset- , 'n prosessering - en 'n uitset stelsel.

Kom ons verduidelik dit so:

INSET (krag of beweging)

Krag word toegepas op die pedale deur die fietsryer se voete.

PROSESSERING (omgesit/oorgedra)

Die ketting en ratstelsel veroorsaak

UITSET (verlangde krag of beweging)

dat die agterwiel draai, wat die fiets in beweging bring.

  1. BEHEER

Opdrag

  1. Wat beteken dit om beheer uit te oefen? (Gebruik ‘n verklarende woordeboek.)

Beheer kan deur middel van 'n oop of 'n geslote stelsel uitgeoefen word. 'n Oop stelsel kan beheer word , terwyl 'n geslote stelsel outomaties werk . (Jy sal in die latere grade meer hieroor leer.)

  1. TIPES BEWEGINGS WAT 'N MEGANISME KAN UITOEFEN

Daar is hoofsaaklik vier soorte bewegings wat 'n meganiese stelsel kan uitoefen as 'n krag daarop inwerk, naamlik

'n liniêre beweging (in 'n reguit lyn en in een rigting)

'n heen-en-weer beweging (vorentoe en agtertoe in 'n reguit lyn)

'n rotasie-beweging ('n beweging al in die rondte soos 'n wiel wat

draai).

'n swaai-beweging ('n beweging vorentoe en agtertoe in 'n boog

soos 'n swaai).

Opdrag

  1. Dui met 'n pyl in die eerste kolom van die vorige tabel aan watter tipe beweging elkeen van die meganiese stelsels uitvoer.

'n Masjien is 'n kombinasie van verskillende meganismes/meganiese stelsels.

[LU 1.3]

  1. BEWEGING

Die aantrekkingskrag van die aarde veroorsaak dat alle voorwerpe na die aarde toe aangetrek word. Mense het egter meganiese stelsels ontwerp om masjiene in verskillende rigtings en met verskil in spoed te laat beweeg. Wiele, hefbome, katrolle en ratte maak dit makliker om 'n swaar voorwerp te beweeg.

Assessering

LU 1

TEGNOLOGIESE PROSESSE EN VAARDIGHEDE

Die leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

Ondersoek:

1.2 uitvind oor bestaande produkte wat relevant vir ‘n probleem, behoefte of geleentheid is, en sommige ontwerpaspekte identifiseer (bv. vir wie dit is, waarvoor dit is, hoe dit lyk, waarvan dit gemaak is);

1.3 waar gepas, ‘n wetenskaplike ondersoek uitvoer oor begrippe wat relevant vir ‘n probleem, behoefte of geleentheid is deur wetenskapprosesvaardighede te gebruik:1.3.1 beplan die ondersoek;

  • voer die ondersoek uit;

1.3.3 verwerk en interpreteer data;

1.3.4 evalueer en kommunikeer bevindinge;

Maak:

1.7 die stappe in ‘n plan beskryf om iets te maak, insluitend tekeninge of sketse van hoofdele;

1.8 gepaste gereedskap en materiaal gebruik om produkte te maak deur die gekose materiaal af te meet, uit te merk, te sny of te skei, te vorm of te vervorm, aan mekaar te heg, te las of saam te voeg, en af te rond;

Evalueer:

1.10 met bystand die produk evalueer volgens die ontwerpopdrag en gegewe spesifikasies en beperkings (bv. mense, doel, omgewing), en verbeteringe en wysigings voorstel, indien nodig;

1.11 die aksieplan wat gevolg is evalueer en verbeteringe en wysigings voorstel, indien nodig;

Kommunikeer:

1.12 tweedimensionele sketse maak met byskrifte en, indien gepas, kleur gebruik om dit doeltreffender te maak.

LU 2

TEGNOLOGIESE KENNIS EN BEGRIP

Die leerder is in staat om relevante tegnologiese kennis te verstaan en dit eties en verantwoordelik toe te pas.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

Stelsels en beheer:

  • kennis en begrip toon van hoe om energiebronne te gebruik om meganiese stelsels aan te dryf om ‘n produk op ‘n manier te laat beweeg.

Memorandum

Voorkennis

(a)

1. Antwoorde sal verskil

2. asemhalingstelsel beenstelsel spierstelsel

3. senuweestelsel spysverteringstelsel klierstelsel

bloedsomloopstelsel

(b)

1. a) meganiese b) meganiese

c) hidrouliese d) meganiese

e) elektriese f) meganiese

Die antwoorde kan tot vrugbare besprekings lei, aangesien sommige sketse ‘n kombinasie van stelsels toon.

(c) Dele Funksie

1. a) pedale; ketting; wiele beweging

b) handvatsels; voorwiel rigtingverandering

c) remme stop

Questions & Answers

I'm interested in biological psychology and cognitive psychology
Tanya Reply
what does preconceived mean
sammie Reply
physiological Psychology
Nwosu Reply
How can I develope my cognitive domain
Amanyire Reply
why is communication effective
Dakolo Reply
Communication is effective because it allows individuals to share ideas, thoughts, and information with others.
effective communication can lead to improved outcomes in various settings, including personal relationships, business environments, and educational settings. By communicating effectively, individuals can negotiate effectively, solve problems collaboratively, and work towards common goals.
it starts up serve and return practice/assessments.it helps find voice talking therapy also assessments through relaxed conversation.
miss
Every time someone flushes a toilet in the apartment building, the person begins to jumb back automatically after hearing the flush, before the water temperature changes. Identify the types of learning, if it is classical conditioning identify the NS, UCS, CS and CR. If it is operant conditioning, identify the type of consequence positive reinforcement, negative reinforcement or punishment
Wekolamo Reply
please i need answer
Wekolamo
because it helps many people around the world to understand how to interact with other people and understand them well, for example at work (job).
Manix Reply
Agreed 👍 There are many parts of our brains and behaviors, we really need to get to know. Blessings for everyone and happy Sunday!
ARC
A child is a member of community not society elucidate ?
JESSY Reply
Isn't practices worldwide, be it psychology, be it science. isn't much just a false belief of control over something the mind cannot truly comprehend?
Simon Reply
compare and contrast skinner's perspective on personality development on freud
namakula Reply
Skinner skipped the whole unconscious phenomenon and rather emphasized on classical conditioning
war
explain how nature and nurture affect the development and later the productivity of an individual.
Amesalu Reply
nature is an hereditary factor while nurture is an environmental factor which constitute an individual personality. so if an individual's parent has a deviant behavior and was also brought up in an deviant environment, observation of the behavior and the inborn trait we make the individual deviant.
Samuel
I am taking this course because I am hoping that I could somehow learn more about my chosen field of interest and due to the fact that being a PsyD really ignites my passion as an individual the more I hope to learn about developing and literally explore the complexity of my critical thinking skills
Zyryn Reply
good👍
Jonathan
and having a good philosophy of the world is like a sandwich and a peanut butter 👍
Jonathan
generally amnesi how long yrs memory loss
Kelu Reply
interpersonal relationships
Abdulfatai Reply
What would be the best educational aid(s) for gifted kids/savants?
Heidi Reply
treat them normal, if they want help then give them. that will make everyone happy
Saurabh
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10978/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask