<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Tegnologie

Graad 5

Maak masjiene maklik

Module 2

Hefbome

KOM ONS RY WIPPLANK

  1. HEFBOME

Een van die maklikste maniere om 'n swaar voorwerp op te lig, is deur middel van 'n hefboom.

Opdrag

  1. Wat is 'n hefboom?

'n Hefboom is 'n balk wat op iets rus of aan iets vas is en wat oor hierdie steunpunt werk (kyk na die skets hierbo).

  1. Wat is die nut van 'n hefboom?

Deur 'n krag uit te oefen kan 'n swaar vrag met redelike gemak beweeg word.

  1. Ons kry hoofsaaklik drie tipes hefbome, nl.

Tipe1: 'n Hefboom waar die steunpunt tussen die vrag en die krag is, bv. 'n balanseerskaal.

Tipe 2: 'n Hefboom waar die vrag tussen die krag- en die steunpunt is, bv. 'n kruiwa.

Tipe 3: 'n Hefboom waar die krag tussen die vrag en die steunpunt is, bv. 'n man wat visvang.

[LU 2]

  1. ONDERSOEK.

Doen die volgende eksperimente oor die hefboom in groepe.

a) Watter materiale het julle nodig?

'n lang houtwerkliniaal van metaal;

'n blokkie hout / uitveër / ronde houer;

’n mediumgrootte koffieblik met 'n deksel / ‘n pilhouer;

drukspykers / skuifspelde

  1. Eksperiment 1
  • Doel:

Om vas te stel hoe 'n hefboom werk.

  • Metode:

Maak 'n hefboom deur die metaalliniaal oor die houtblokkie te plaas , met die houtblokkie onder die 15 cm-merk van die liniaal.

Plaas die blikkie op die 0 cm-merk van die liniaal.

Maak die blikkie eers halfvol sand.

Druk nou op die 30 cm-merk op die liniaal.

Maak die blikkie nou heeltemal vol sand en druk weer op die 30 cm-merk op die liniaal.

Tel die blikkie op en let op hoe swaar dit is.

  • Waarneming :

Word die halwe houer opgelig?

Word die vol houer opgelig?

  • Gevolgtrekking :

Was dit net so moeilik as toe jy gewoonweg die blik opgetel het?

Opdrag

Maak 'n skets met byskrifte van eksperiment 1.

[LU 1.12]

  1. Eksperiment 2
  1. Doel :

Om te bepaal wat sal gebeur as ons die posisie van die steunpunt skuif?

  1. Metode :
  1. Plaas die houtblokkie onder die 20 cm merk van die liniaal. Plaas die houer halfvol drukspykers op die 0 cm-merk van die liniaal.

Druk nou op die 30 cm-merk van die liniaal.

OF

  1. Plaas die houtblokkie onder die 10 cm merk van die liniaal.

Plaas die houer halfvol drukspykers op die 0 cm-merk.

Druk nou op die 30 cm-merk op die liniaal.

  1. Waarneming :

Onderstreep die korrekte antwoord:

Dit is die maklikste om die houer drukspykers op te lig wanneer die steunpunt die (naaste aan / verste van) die houer met drukspykers is. Die eksperiment wat dit bewys, is eksperiment 2.Y. Is die afstand wat jy moet afdruk by eksperiment 2 die kortste by X of by Y?.

  1. Gevolgtrekking :

Hoe verder weg die drukkrag van die spil/steunpunt is, hoe groter is die stootkrag op die houer wat uitgeoefen word en hoe makliker is dit om dit op te lig.

  1. Eksperiment 3
  1. Doel :

Om te bepaal waar jy op 'n hefboom moet druk om die beste resultaat te verkry?

Watter materiale het julle nodig?

Liniaal.

'n Potlood.

2c-muntstukke.

  1. Metode :

Plaas die potlood onder die liniaal in die middel. Plaas 'n muntstuk op een eindpunt van die liniaal.

Laat die ander muntstuk teen 'n hoogte van 30 cm val sodat dit die liniaal in die middel tussen die steunpunt en die ander end tref.

  1. Waarneming :

Voltooi die skets deur jou waarneming te teken.

Herhaal stappe 1 en 2 van die metode, maar laat die muntstukke op die rand van die liniaal val.

  1. Waarneming : Skryf die korrekte woord neer:

Die muntstuk skiet (hoër / laer) op as jy die muntstuk op die rand laat val.

  1. Gevolgtrekking : Hoe verder weg die drukkrag van die steunpunt, hoe groter is die stootkrag wat op die muntstuk uitgeoefen word.
  2. Selfassessering

Hoe het my groep met die eksperimente gevaar?

Skryf die name van die leerders in die groep neer.

Gebruik 'n kopie van die onderstaande tabel en maak slegs 'n regmerkie in die toepaslike kolom.

JA NEE
My groep kon die instruksies volg.
My groep kon saamwerk.
Ons het die eksperimente geniet.
Ons het dit goed gedoen.
Ons het mekaar gehelp en ondersteun as iets onduidelik was.
Ek het na die ander groeplede geluister.
Almal het eweveel gedoen.
Ek het dit geniet om saam met my groep te werk.

9. Indien jou antwoord by 7 nee is, beantwoord die volgende vrae:

  1. Wie het die meeste gedoen? Hoekom?
  2. Wie het die minste gedoen? Hoekom?
  3. Bespreek nou jul antwoorde met mekaar in jul groep. Het jy iets geleer uit hierdie opdrag? Indien wel, motiveer.

[LU 1.3]

Assessering

LU 1

TEGNOLOGIESE PROSESSE EN VAARDIGHEDE

Die leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

Ondersoek:

1.2 uitvind oor bestaande produkte wat relevant vir ‘n probleem, behoefte of geleentheid is, en sommige ontwerpaspekte identifiseer (bv. vir wie dit is, waarvoor dit is, hoe dit lyk, waarvan dit gemaak is);

1.3 waar gepas, ‘n wetenskaplike ondersoek uitvoer oor begrippe wat relevant vir ‘n probleem, behoefte of geleentheid is deur wetenskapprosesvaardighede te gebruik:1.3.1 beplan die ondersoek;

  • voer die ondersoek uit;

1.3.3 verwerk en interpreteer data;

1.3.4 evalueer en kommunikeer bevindinge;

Maak:

1.7 die stappe in ‘n plan beskryf om iets te maak, insluitend tekeninge of sketse van hoofdele;

1.8 gepaste gereedskap en materiaal gebruik om produkte te maak deur die gekose materiaal af te meet, uit te merk, te sny of te skei, te vorm of te vervorm, aan mekaar te heg, te las of saam te voeg, en af te rond;

Evalueer:

1.10 met bystand die produk evalueer volgens die ontwerpopdrag en gegewe spesifikasies en beperkings (bv. mense, doel, omgewing), en verbeteringe en wysigings voorstel, indien nodig;

1.11 die aksieplan wat gevolg is evalueer en verbeteringe en wysigings voorstel, indien nodig;

Kommunikeer:

1.12 tweedimensionele sketse maak met byskrifte en, indien gepas, kleur gebruik om dit doeltreffender te maak.

LU 2

TEGNOLOGIESE KENNIS EN BEGRIP

Die leerder is in staat om relevante tegnologiese kennis te verstaan en dit eties en verantwoordelik toe te pas.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

Stelsels en beheer:

  • kennis en begrip toon van hoe om energiebronne te gebruik om meganiese stelsels aan te dryf om ‘n produk op ‘n manier te laat beweeg.

Memorandum

(a)

4. Laat die leerders in pare/groepe werk. Hulle moet hulle antwoorde verduidelik/motiveer.

5. (c) (iii) naaste aan

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10978/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask