<< Chapter < Page Chapter >> Page >
  1. Verbind die sinsnedes in die linkerkolom met hul korrekte betekenis in die regterkolom:
  • uit alle oorde
oorverdowende lawaai
  • oorvermoordende geraas
tussen baie ander
  • tussen 'n menigte
van heinde en verre
  • in 'n oogwink
binne ‘n ommesientjie
  • die mensdom toeroep
eeu van die wetenskap
  • eeu der wetenskap
die mense aanspreek
  1. Die suidoostewind praat. Skryf die laaste paragraaf oor in suiwerder Afrikaans:

”Kom, eeu van die wetenskap!

Assessering

LU 2
PRAAT Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder :
2.1 idees en gevoelens op ‘n ekspressiewe manier met selfvertroue en met redelike ondersteuning oordra deur geselekteerde mondelinge tekssoorte te gebruik (soos verhale, grappies, dramas);
2.4 basiese interaksievaardighede toon deur aktief aan groepbesprekings, gesprekke, onderhoude en debatte deel te neem:
2.4.3 gee erkenning aan ander se menings.
LU 3
LEES EN KYK Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder :
3.1 ‘n verskeidenheid tekssoorte dikwels spontaan vir genot en inligting lees, persoonlike reaksies beskryf en die soort tekste wat hy/sy geniet, bespreek.
3.2 vir verskillende doeleindes hardop en stil lees deur gepaste leesstrategieë te gebruik (soos vluglees, soeklees, stiplees, voorspellings, kontekstuele leidrade, afleiding);
LU 4
SKRYF Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder :
4.1 verskeie verbeeldingstekste skryf:
4.1.1 gee uitdrukking aan verbeelding, idees en gevoelens oor die self en ander;
4.1.2 verken die kreatiewe en speelse gebruik van taal en die skryf van verhalende en beskrywende opstelle, dagboekinskrywings, vriendskaplike briewe, gedigte, strokiesverhale, limerieke en liedjies.
4.2 verskeie feitelike skriftelike en multimodale tekste (tekste met druk en beelde) vir verskeie doeleindes skep deur, waar gepas, visuele beelde en ontwerpe in ooggetuieverslae, plakkate, advertensies, boekresensies, resepte, en instruksies vir speletjies te gebruik.
LU 5
DINK EN REDENEER Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder :
5.1 taal gebruik vir dink en redeneer:
5.1.1 lei betekenis af verduidelik die skrywer se bedoeling deur geskrewe, visuele en mondelinge tekste oor die kurrikulum heen te interpreteer.
5.1.2 verduidelik oorsaak en gevolg;
5.1.4 ontwikkel en gee uitdrukking aan ‘n duidelike eie mening;
5.3 inligting verwerk:
5.3.4 besin krities deur idees te deel en te vergelyk.

Memorandum

In hierdie leereenheid word Seuns van die wolke deur August van Oordt as grondteks gebruik. Hierdie boek het amper tien jaar na Loeloeraai verskyn. Die verhaal het ‘n opvallende stadsgevoel teenoor Loeloeraai se landelike tekstuur.

Lees die uittreksel saam met die leerders. Wys op die verouderde taalgebruik en die spelling van woorde. Laat die leerders gesels oor hoe hulle dag begin in teenstelling met Piet en Tom s’n.

Opdrag 1

  1. Die leerders moet die leesstuk noukeurig lees voordat die opdragte uitgevoer word.
  2. In paragraaf een word die seunsgeslag se bestuursvaardighede besing. In paragraaf twee word egter verwys na kleremakers en tiksters wat die ruimte aandurf op hul lugfietse.

Vra die volgende vrae:

    1. Dink die skrywer dat graad 7 dogters nie op lugfietse kan ry nie? Is hulle te bang, of te onbeholpe?
    2. Dink die skrywer dat modeontwerpers en tiksters beroepe is wat slegs deur vrouens beklee kan word? Kan mans nie tik nie, en kan hulle ook nie klere ontwerp nie?
    3. Laat die leerders hierdie twee punte eers debatteer voordat hulle die skriftelike opdrag uitvoer.
  1. Laat die leerders gesels oor die vrae wat gestel word. Dit is ‘n gespreksoefening.

pendel: gereeld van jou woonplek na jou werkplek toe ry

pendelaar: ‘n persoon wat gereeld van sy woonplek na sy werkplek toe ry

pendeltuig: ‘n ruimtetuig wat ontwerp is om van die aarde na die ruimte en terug te beweeg

Opdrag 2

Skriftelike opdrag

Opdrag 3

  1. Tafelberg
  2. lughawe
  3. Die stasie is verskuil …
  4. “Die drukte by die stasie is geweldig.”
  5. “Die hele stasie is nou in rep en roer.”
  6. glybaan, tonnel
  7. mineraalryk
  8. bagasie
  9. Hy gaan van die Suid-Afrikaanse Lugredery gebruik maak om meer te reis.
  10. Suid-Afrikaanse Lugdiens
  11. Hy sal op televisie na die wedren kyk
  12. Per glybaan, tonnel, skeut

Laat die groepe ‘n woordeboek raadpleeg indien nodig. Laat hulle, waar moontlik, van hul ervarings op ‘n lughawe vertel wat by die teks aansluit.

Opdrag 4

  1. (sien werkvelle)
  2. Die teks in hierdie opdrag leen hom uitstekend tot ‘n spreekkoor. Onthou, dit is die wind wat praat. (Ons noem dit ‘n metafoor = wanneer ‘n nie-lewende ding die handeling van ‘n mens uitvoer.)

Die kerngedagte van hierdie opdrag is om die leerders te laat dink. Hoeveel hulle reg het, is nie noodwendig van belang nie. Lei die leerders in hierdie aktiwiteit.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11016/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask