<< Chapter < Page Chapter >> Page >

einde van OPDRAG

Daar is al verskeie pogings aangewend om die Westerse kalender, met maande van verskillende lengtes, te verander. Dis egter nie so eenvoudig nie, omdat daar nie ’n heeltallige aantal dae in ’n jaar is nie (daarom het ons ’n eienaardige skrikkejaarstelsel nodig). Sou dit nie goed werk as al die maande dieselfde aantal dae het nie? Of as die jaar in vier ewe groot kwartale verdeel word nie? Baie mense het al probeer om sake te verander, maar ongelukkig het al hierdie slim pogings gefaal, omdat die ou stelsel alreeds so diep ingeburger is. Indien jy meer wil lees hieroor, kan jy gerus onder “calender” in die Encyclopaedia Brittanica soek. Daar is oorvloedige materiaal oor hoe verskillende beskawings se kalenders werk. Probeer iets uitvind van die “World Calender”.

KLASWERK

  • As jy begin met ’n lynstuk met lengte x cm, kan ’n vierkant gevorm word met vier van hierdie lyne. Deur ses sulke vierkante te gebruik, kan ’n kubus gevorm word.

1. Skryf neer wat die formules is vir die berekening van (a) die oppervlakte van ’n vierkant en (b) die volume van ’n kubus. Gebruik x as die veranderlike.

2. Voltooi nou die volgende tabel.

Lengte van lynstuk Oppervlakte van vierkant Volume van kubus
x x 2 x 3
7 cm ................................ .........................
7,1 cm ................................ .........................
6,9 cm ................................ .........................
3 cm ................................ .........................
3,3 cm ................................ .........................
2,7 cm ................................ .........................

3. Sê nou jy het ’n kubus wat elkeen in die klas moet meet. Al die kubus se sylengtes is veronderstel om 7 cm te wees, maar nie al jou maats meet ewe akkuraat nie. Elkeen gebruik nou sy eie mates om die volume van die kubus te bereken. Sal dié wat 1 mm méér as 7 cm gemeet het, ’n groter fout maak met die volume as dié wat 1 mm mínder as 7 cm gemeet het?

  1. Nou het julle ’n vierkant wat elkeen moet meet. Die vierkant se sye is veronderstel om almal 3 cm te wees, maar jou maats se metings verskil weer. Elkeen gebruik nou sy eie mates om die oppervlakte van die vierkant te bereken. Sal dié wat 3 mm méér as 3 cm gemeet het, ’n groter fout maak met die oppervlakte as dié wat 3 mm mínder as 3 cm gemeet het?

DIE GESIG WAT ’n DUISEND SKEPE TE WATER GELAAT HET

  • Vraag : Wat word gemeet in millihelenas?
  • Antwoord : Dit is die hoeveelheid skoonheid wat nodig is om een boot te water te laat.
  • Agtergrond : In die Griekse geskiedenis, ongeveer drieduisend jaar gelede, is Helena van Troje ontvoer. Sy was egter so mooi dat haar landgenote met een duisend skepe uitgevaar het om haar te gaan haal. Onlangs het ’n wetenskaplike grapjas, na aanleiding van hierdie verhaal, een Helena gedefinieer as die hoeveelheid skoonheid wat benodig word om ’n duisend skepe te laat seil.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
Getalle, Bewerkings en VerwantskappeDie leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Ons weet dit as die leerder:
1.1 die historiese ontwikkeling van getallestelsels in ’n verskeidenheid historiese en kulturele kontekste (insluitend plaaslik) kan beskryf en illustreer;
1.2 rasionale getalle (insluitend baie klein getalle in wetenskaplike notasie) herken, gebruik en kan voorstel en gemaklik tussen ekwivalente vorms in geskikte kontekste kan beweeg;
1.3 probleme in konteks kan oplos, insluitend kontekste wat gebruik kan word om bewustheid by leerders te onwikkel van ander leerareas sowel as van menseregte, sosiale, ekonomiese en omgewingskwessies soos:
1.3.1 finansiële kontekste (insluitend wins en verlies, begrotings, rekeninge, lenings, enkelvoudige en saamgestelde rente, huurkoop, wisselkoers, kommissie, verhuring en die bankwese);
1.3.2 metings in die konteks van Natuurwetenskappe en Tegnologie;
1.4 probleme oor verhouding, koers en eweredigheid (direkte en omgekeerde) oplos;
1.5 skat en bereken deur geskikte bewerkings vir probleme te kies en te gebruik en die redelikheid van resultate te beoordeel (insluitend meetprobleme wat rasionale benaderings van irrasionale getalle behels).
LU 4
MetingDie leerder is in staat om gepaste meeteenhede, -instrumente en formules in ’n verskeidenheid kontekste te gebruik.
Ons weet dit as die leerder:
4.1 verhoudings en koersprobleme wat tyd, afstand en spoed behels, oplos;
4.2 probleme oplos – insluitende probleme in kontekste wat gebruik kan word om ‘n bewustheid van menseregte, sosiale, ekonomiese, kulturele en omgewingsake te bevorder – wat bekende meetkundige figure en driedimensionele voorwerpe in ‘n verskeidenheid meetkontekste behels, deur die volgende te doen:
4.2.1 meet noukeurig en kies meetinstrumente wat geskik vir die probleem is;
4.2.2 skat en bereken noukeurig;
4.2.3 kies en gebruik geskikte formules en meeteenhede.

Memorandum

KLASWERK

1.1 Een

1.2.1 cm of m

1.2.2 ligjare

1.2.3 maande

1.2.4 liters

1.2.5 milligram

1.2.6 grade Fahrenheit

1.2.7 km 2 of hektaar

1.2.8 kilometer per uur

1.2.9 m 3

1.2.10 Rand of miljoene of biljoene rande

PROJEK

Probeer om oorspronklikheid aan te moedig.

HUISWERKOPDRAG

2.1 maatliniaal of maatband

2.2 skaal

2.3 milliliters

2.4 liters

2.5 higrometer

2.6 spoedmeter

OPDRAG

  • Aanvaar enige redelik bruikbare antwoorde. Hierdie oefening kan weer bekyk word wanneer die leerders grafieke, formules en tabelle goed verstaan. Dan behoort die meeste ‘n goeie poging te kan aanwend.

KLASWERK

  • Hierdie oefening is bedoel om die gevolge van onakkurate berekenings te illustreer. As daar tyd is, kan die leerders ‘n fotokopie van ‘n vierkant gegee word om te meet. Hulle kan dan ‘n soortgelyke tabel voltooi en die antwoorde vergelyk.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11055/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask