<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Opdrag 6:

Om met verbeelding ‘n teks te skryf nadat daaroor gesels is

[lu 4.1, 2.1]

Wie was Tyl Uilspieël?

Tyl Uilspieël is een van die bekendste en kleurrykste karakters in die wêreldletterkunde. Reeds in die 1500’s is daar verhale oor hom geskryf.

Daar het tientalle boeke oor hom verskyn. Daar is rolprente oor hom gemaak, asook skilderye en tekeninge.

Tyl Uilspieël is in Duitsland gebore. Sy ouers was arm boeremense. Hy was ‘n stouterd en altyd vol malkopstreke. Mense was bang vir hom omdat hy hulle gedurig poetse gebak het, soos ons in die teks gesien het.

  1. Beplan in groepe van drie ‘n paar poetse wat julle iemand kan bak: eerstens ‘n maat, dan Jufrou of Meneer en laastens ‘n familielid (Ma, Pa, broer of suster).

Nadat julle klaar beplan het, word elke poets eers skriftelik uiteengesit en dan voorgedra . Elkeen in die groep dra een van die poetse voor.

  1. Skriftelik verduidelik.
  2. Daarna word die poets aan die klas voorgedra. Elkeen in die groep dra een van die poetse voor.

Assessering

LU 2
PRAAT Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 idees en gevoelens op ‘n ekspressiewe manier, met selfvertroue oordra:
  • rolspeel in ‘n storie;
2.5 mondelinge aanbiedings op ‘n kreatiewe wyse doen:
2.5.1 let op duidelike spraak;
2.5.2 korrekte pousering;
2.5.3 tempo en volumewisseling;
  • dramatiseer voorbeelde van ontronding en oorronding deur na streekstaal te verwys,
LU 3
LEES EN BESIGTIG Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 ‘n strokiesverhaal lees en die kenmerke herken;
3.2 stillees korrek en met begrip toepas;
3.5 verskillende tekssoorte en die hoofkenmerke daarvan identifiseer en die struktuur van die teks verduidelik.
LU 4
SKRYF Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.1 verskeie verbeeldingstekste skryf:
4.1.2 skryf ‘n storie (verhalende opstel);
4.1.2 skryf ‘n samespraak (dialoë).
LU 5
DINK EN REDENEER Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
5.1 taal vir dink en redeneer gebruik:
5.1.3 twee moontlikhede oorweeg en besluit watter een die beste keuse is;5.1.1 betekenis aflei en die skrywer se bedoeling verduidelik deur geskrewe, visuele en mondelinge tekste te interpreteer;
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
6.1 met woorde werk:
6.1.1 raak vertroud met kort en lang klanke en met tweeklanke (diftonge);
6.1.2 verdeel woorde korrek in lettergrepe;
6.1.3 gebruik skryftekens (deelteken, koppelteken, afkappingsteken en kappie) korrek;
6.1.5 gebruik ‘n woordeboek om woordeskat en spelvermoë uit te brei;
6.1.9 algemene sinonieme, antonieme verstaan en gebruik;
6.4 bewustheid en gebruik van styl ontwikkel:
6.4.3 gebruik idiomatiese uitdrukkings en taalidioom gepas;
6.5 kritiese taalbewustheid ontwikkel:
6.5.1 maak kennis met die letterlike en figuurlike gebruik van woorde; 8

Memorandum

Bespreek die betekenis van die verhaal (op horings neem: raas en tekere gaan) met die leerders. Vra wie van hulle al van Tyl Uilspieël gehoor het, en of hulle al van sy stories gelees het.

Lees die verhaal voor met die nodige gevoel. Onthou, dit is ‘n humoristiese verhaal. Gesels eers met die leerders oor die betekenis van die woord en wat humor alles behels. Die verhaal leen hom tot heerlike dramatisering.

opdrag 1

Beplan hierdie opdrag vooruit. Dit behoort ‘n volle lesuur in beslag te neem. Elke leerder word geassesseer op grond van sy/haar vindingryke beskrywing en dramatiese vermoë. Elke leerder moet binne ‘n minuut (afhangend van die lengte van die lesuur) klaar wees.

Opdrag 2

  1. Antwoorde: skoendoos, skoenlepel, skoenpolitoer, skoenborsel, skoenveter, skoenlapper. Laasgenoemde pas nie, want dit is ‘n insek. Vra nog sulke voorbeelde van die leerders: handskoen, perdeskoen, ens.
  2. Reënskoene, pantoffels, swemvinne (die woordeboek gebruik ook swempoot), platformskoene, skoolskoene of deftige skoene (kerkskoene), drafskoene of atletiekskoene, plakkies of sloffies, damestewels, dameskoene of hoëhakskoene, kinder- of babaskoene, manstewels.

Opdrag 3

  • Weghardloop
  • Verwarring, in opskudding
  • Uit alle mag
  • Beangs
  • ‘n Geheime plan hê
  • ‘n Grap (onaangenaam)
  • Vinnig hardloop
  • Baie geniet

Opdrag 4

Hierdie woorde kom almal in die verklarende woordeboek voor. Laat die leerders dit naslaan.

Toiings – flenters

Platanna – padda

Versool – van nuwe sole voorsien

Koorddanser – iemand wat op 'n styfgespande draad of tou loop, dans of toertjies uitvoer

Neertuimel – neerval

Solder – ‘n dakkamer

Hanswors – nar

Uitvoering – konsert

Opdrag 5

Die ideaal is dat elke leerder ‘n woordeboek moet hanteer. Die inskrywing oor skoene word egter afgebeeld in die module. Die antwoorde is in die inskrywing te vind.

Die woordeboek is ‘n wonderlike bron om enige les mee aan te vul. Dit kan ook sorg vir baie pret in die klaskamer.

Die leerder moet leer hoe om ‘n woordeboek te lees, reeds vanaf graad 4. Voor in elke woordeboek is daar ‘n gids vir die gebruiker. Die opvoeder moet seker maak dat hy/sy vertroud is daarmee voordat ‘n woordeboek deel van die lesaanbieding uitmaak.

Nadat die leerder die tien idiome neergeskryf het, kan hulle getoets word deur vyf idiome wat die opvoeder gekies het, se betekenis neer te skryf, of, as die betekenis gelees word, kan hulle die relevante idioom neerskryf.

Opdrag 6

Verduidelik aan die leerders dat dit vriendelike poetse moet wees en nie nare poetse nie. Laat hulle eers die woord in ‘n verklarende woordeboek naslaan. Die leerders besluit in groepe op vindingryke poetse. Elke leerder in die groep vertel aan die klas een van die poetse wat hulle groep uitgedink het.

Indien nodig, kan elke leerder homself, en ook die groep, amuseer.

Questions & Answers

what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
cell is the building block of life.
Condoleezza Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11016/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask