<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
22.3
(a) reghoekige
(b) gelyksydige
(c) skerphoekige
(d) gelykbenige
(e) stomphoekige
22.4
(a) een stomphoek
(b) 2 sye ewe lank
(c) 3 verskillende lengtes
(d) een hoek 90°
22. DRIEHOEKE
22.1 Trek die onderstaande driehoeke op grafiekpapier af. Knip hulle netjies uit. Sorteer nou saam met ’n maat die driehoeke uit in groepe. Die driehoeke in elke groep moet dieselfde eienskappe hê. Verduidelik aan die res van die klas waarom julle die driehoeke so gegroepeer het.
22.2 Het jy geweet?
Ons kan driehoeke klassifiseer op grond van hul hoeke of hul sye .
a) Skerphoekige driehoek
b) Reghoekige driehoek
c) Stomphoekige driehoek
d) Gelyksydige driehoek
Al drie sye is ewe lank
e) Ongelyksydige driehoek
Al drie sye het verskillende lengtes
f) Gelykbenige driehoek
Daar is twee ewe lang sye
22.3 Watter soort driehoeke is hieronder te sien?
a)
______________________________
b)
______________________________
c)
______________________________
d)
______________________________
e)
______________________________
22.4 Teken nou jou eie:
a) stomphoekige driehoek
b) gelykbenige driehoek
c) ongelyksydige driehoek
d) reghoekige driehoek
Leeruitkomste 3: Die leerder is in staat om eienskappe van en verwantskappe tussen twee-dimensionele vorms en drie-dimensionele voorwerpe in ‘n verskeidenheid oriëntasies en posisies te beskryf en voor te stel.
Assesseringstandaard 3.1: Dit is duidelik wanneer die leerder meetkundige figure en drie-dimensionele voorwerpe in natuurlike en kulturele vorms en ‘n meetkundige agtergrond herken, visualiseer en benoem, insluitend dié wat vroeër behandel is;
Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder meetkundige figure en drie-dimensionele voorwerpe beskryf en klassifiseer volgens eienskappe in kontekste, insluitend dié wat gebruik kan word om ‘n bewustheid van sosiale, kulturele en omgewingsake te bevorder;
Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder nette ontwerp en gebruik om modelle te maak van meetkundige drie-dimensionele voorwerpe wat tot en met hierdie graad bestudeer is;
Leeruitkomste 4: Die leerder is in staat om gepaste meeteenhede, instrumente en formules in ‘n verskeidenheid kontekste te gebruik.
Assesseringstandaard 4.9: Dit is duidelik wanneer die leerder hoeke met ‘n gradeboog akkuraat tot een graad skat, vergelyk, meet en teken.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Wiskunde graad 7' conversation and receive update notifications?