<< Chapter < Page Chapter >> Page >

annekseer : besit neem van OF ‘n gebied inlyf by

kampongs : ‘n afgeslote, deeglik omheinde gesamentlike woonplek vir s wart mense wat bv. op die myne werk

repatrieer : terugsending na die geboorteland / vaderland

segregasie : die skeiding van mense op grond van kultuur

selfbeskikking : die reg om oor jou eie probleme te besluit en self die verteenwoordigers te kies om oor jou te regeer

beleër of beset : ‘n gebied met troepemagte omsingel totdat hulle oorgee

ontset : wanneer hulp opdaag om beleërde troepe te bevry

vakbond : ‘n Groep persone wat dieselfde vak of ambag beoefen en ‘n vereniging stig om die belange van die lede te behartig

Lys A bevat, ‘n paar begrippe. Vul hierdie begrippe langs die verklarings in Lys B, wat volgens jou opinie daarmee ooreenstem, in.

LYS A:Begrippe

unie, ontset, beleër, segregasie, selfbeskikking, repatriasie, vakbond, skrynwerkers

LYS B:

1 . Ambagsmanne wat hul opleiding ontvang het om met hout te werk, soos om kaste te bou, rakke op te sit, ens.

2 . Mense wat as slawe/werkers weggevoer is uit hul geboorteland, word weer na hul geboorteland teruggestuur.

3 . Wanneer mense verbied word om buite hul woonplek OF tuisland te reis of te gaan werk.

4 . Wanneer ‘n groep soldate ‘n stad omsingel en die mense binne-in sonder kos of water of enige voorrade moet oorleef.

5 . ‘n Vereniging wat deur ‘n groep mense gestig is wat dieselfde werk doen, sodat hulle wanneer hulle probleme ondervind, saam kan optree.

/ 5 /

[LU 2.1, 1.2]

Hersieningsaktiwiteit 3

Die groep moet besluit watter leesstuk gekies word vir die volgende oefening.

1) Elke groeplid stel vyf vrae daaroor op. Skryf hulle hier neer.

2) Ruil die vrae met minstens twee ander groeplede.

3) Die groeplede skryf die korrekte antwoorde ook op hierdie blad neer.

4) Die vraagopsteller sien die antwoorde na.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
Geskiedkundige OndersoekDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om die verlede en die hede te ondersoek.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 ‘n verskeidenheid van relevante historiese en argeologiese bronne kan identifiseer en selekteer in sy navorsingsproses [vind bronne];
1.2 bronne suksesvol evalueer t.o.v. die betroubaarheid, nuttigheid en die gesindheid van die skrywer [werk met bronne];
1.3 grafiese en statistiese bronne interpreteer [werk met bronne];
1.4 ‘n oorspronklike idee insluit in sy antwoorde [beantwoord die vraag];
1.5 kennis en begrip kommunikeer deur [dra die antwoord oor]:
die opbou van sy eie argumente en interpretasie gebaseer op die historiese bronne (wat uitgebreide skryfwerk, kunswerke, grafieke en dramas insluit);
informasie tegnologie waar beskikbaar en toepaslik te gebruik om sinvol te kommunikeer.
LU 2
Geskiedkundige Kennis en BegripDie leerder is in staat om historiese kennis en begrip te toon.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 verbande tussen geskiedkundige gebeurtenisse en prosesse in verskillende kontekste in dieselfde tydperk begin trek [chronologie en tyd];
2.2 verstaan dat daar ‘n verskil in die belangrikheid van gebeurtenisse se oorsake en gevolge is [oorsaak en gevolg];
2.3 veranderinge in ‘n groter historiese en omgewingskonteks verduidelik [kontinuïteit en verandering];
LU 3
Geskiedkundige InterpretasieDie leerder is in staat om aspekte van die geskiedenis te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 geskiedkundige interpretasie ondersoek deur relevante vrae oor ‘n geskiedkundige bron se skrywer te stel [interpretasie van bronne];
3.2 die verskillende maniere waarop die gebeure in die verlede aangebied en geïnterpreteer is, kan identifiseer en beredeneer [interpretasie van bronne];
3.3 verduidelik waarom geskiedenis nie objektief of neutraal is nie [interpretasie van bronne];
3.4 verstaan dat identiteitsgevoel die manier waarop gebeurtenisse in die verlede geïnterpreteer word, kan beïnvloed [interpretasie van bronne];
3.5 belangrike kenmerke en gebruike van materiële oorblyfsels van die verlede in ‘n gegewe konteks beskryf [voorstelling van die verlede];
3.6 verduidelik waarom dit belangrik is om ons natuurlike en kulturele erfenis te bewaar (bv. voorwerpe, geboue en ander erfenisgebiede) [voorstelling van die verlede];
3.7 verduidelik hoe en waarom mense se herinneringe van die verlede mag verskil [voorstelling van die verlede].

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11043/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask