<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Aktiwiteit 3: foto

BRON 1

1. Identifiseer die man hierbo. Hy is deur almal “oom Paul” genoem.

/1/

2. Van watter staat was hy die leier?

/1/

3. Waarom wou almal skielik hierdie staat van hom afneem?

/2/

4. Watter Britse mynmagnaat wou sy staat koloniseer?

/1/

5. Waarheen en waarom het hy ‘n reis op die skip, Gelderland, aangepak?

/2/

6. Wat beteken die Verskroeide Aarde-beleid?

/2

7. Wie het hierdie beleid ingestel?

/1/

/ 10 /

[LU 2.1, 2.2, 2.3]

LEESSTUK 3

Vroue en Kinders in die Suid-Afrikaanse Oorlog

Die rol van vroue in oorloë in die verlede het nie veel aandag geniet nie, omdat die soldate net mans was. Vroue kon oral beweeg, selfs oor vyandelike grense. Sommige vroue is tereggestel omdat hulle beskou was as spioene of verdink is van hulpverlening aan die vyand. Daar is algemeen aanvaar dat vroue tuis moes bly om na die kinders en die plase of sakeonderneming om te sien. Dit is algemeen bekend dat genl. Joubert se vrou, Hendrina, in alle gevegte waarin haar man deelgeneem het, saam gaan veg het.

Kinders moes hul ma’s help. Boerseuns wat nog nie behoorlik 16 jaar oud was nie, is in die Boerekommando’s opgeneem. Een van die bepalende faktore in die Suid-Afrikaanse Oorlog was juis dat die vegters bekommerd was oor hul families in die konsentrasiekampe. Met die vroue in die konsentrasiekampe was daar niemand om die Boerekrygers van kos, skuilplek en voedsel te voorsien nie. Die Boerekommandoleiers is daardeur gedwing om vrede te maak.

Aktiwiteit 4

1 . Skryf ‘n paragrafie om die bydrae van die vroue tot die SA-oorlog te verduidelik.

2 . Waarom moes Cronje (by Kimberley) oorgee? Watter ander plan kon hy dalk gemaak het?

3 . Teken ‘n blokhuis hieronder.

  • (In Verskroeide Aarde van Fransjohan Pretorius is duidelike prente.)
  • (Kyk ook op die internet onder Anglo-Boereoorlog .)

[LU 1.5, 3.5, 3.6]

Aktiwiteit 5

In Bron 2 is die volgende toegewings wat deur die Vrede van Vereeniging bepaal is, uiteengesit:

VRAAG: Hoe, dink jy, het hierdie toegewings die Britse Regering bevoordeel?

BRON 2

1. Oorlogsgevangenes sou kon terugkeer na Suid-Afrika.

2. Die Hollandse taal sou toegelaat word in skole.

3. Die burgers is toegelaat om hul wapens te behou vir selfverdediging.

4. Plaaslike komitees is gestig om oorlewendes te help om weer te vestig en met die voorsiening van kos, skuiling, saad om te saai en beeste om mee te boer.

[LU 2.1, 2.2, 2.3]

Hersieningsaktiwiteit 1

BESKRYF hoe kinders geleef het tydens die Minerale Revolusie: a) op die plase tydens die SA Oorlog, en b) rondom die myne by die delwerye of in ‘n kampong. Vra weer jou groep om jou beskrywing te assesseer. Heg ‘n kopie van elke bron wat jy raadpleeg, hierby aan, vir jou portefeulje.

[LU 1.1, 1.2, 1.3, 1.4, 1.5]

Hersieningsaktiwiteit 2: begripsverklarings

Maak seker dat jy verstaan wat in die volgende begripsverklarings bedoel word. As jy twyfel, slaan die woord na in die vorige leesstukke.

tegnici : deskundiges/kenners in ‘n tak van die nywerheid, bv. ambagsmanne soos skrynwerkers (hout) of masjiniste soos booroperateurs

werkverskaffing : om werk te skep en aan te bied tot voordeel van ‘n land se ekonomie

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11043/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask