<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Navorsingsopdrag:
Gee die volgende riglyne aan die leerders:
Asemhaling gaan oor effektiewe gaswisseling: suurstof en koolstofdioksied.
Die gaswisselingsoppervlak moet
- vogtig bly
- so groot moontlik wees
Vergelyk nou hoe die vier genoemde diere in hierdie opsig aangepas is en hoe hulle daardeur in staat gestel word om in verskillende omstandighede te oorleef (of nie).
Toets jou kennis:
Die krappe hoort tot die groep skaaldiere of Crustacea , wat ook krewe, seeluise, garnale, krewels en mossels insluit. Die meeste lede van die groep is seediere.
Kan jy nog onthou hoe krustaseërs van die insekte en Aragnide verskil?
Hulle het_____________________________________________________ bene.
Probeer ‘n krap in die hande kry en kyk na die uitwendige kenmerke.
Kan jy tussen ‘n kop, bors en agterlyf onderskei? (Wenk: by ‘n krap is die agterlyf onder die liggaam ingevou.)
_____________________________________________________________________
Hoe voel die huidbedekking? _____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
Hoe lyk die voorste paar pote? _____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
die oë: _____________________________________________________________
die monddele: ________________________________________________________
Liggaamsbou
Die krap se liggaam bestaan uit ‘n kopborsstuk en agterlyf. Die agterlyf is klein en is onder die kopborsstuk ingevou. Aan die kopborsstuk word die volgende gedra:
Die huidbedekking (eksoskelet) is hard en plastiekagtig. Dit bestaan uit chitien wat met kalsium versterk is.
Krappe hardloop sywaarts en is baie rats. Het jy al een op die strand probeer vang? Hulle behoort dit nie moeilik te vind om prooi te vang nie!
Krappe is vleisetend en vang hul prooi met die knypers en hou dit daarmee vas terwyl hulle dit vreet.
Krappe haal met kieue asem en is dus afhanklik van water. Die kieue is egter in kieukamers gehuisves wat altyd met water gevul is. Daarom kan krappe op land ook asemhaal.
Stel vas wat die term “asemhaling” beteken. Verwys spesifiek na gaswisseling en die gasse wat betrokke is. Vergelyk dan die erdwurm, sprinkaan, spinnekop en krap ten opsigte van hul asemhaling. Maak gebruik van eenvoudige illustrasies. Doen die opdrag op los papier wat jy in jou portefeulje kan plaas. Verduidelik watter van die diere in die wydste verskeidenheid van omstandighede sal kan oorleef.
Krappe se eksoskelet verhoed dat water oormatig in die liggaam inbeweeg (wanneer hulle in water is) of uit die liggaam uitbeweeg (wanneer hulle op land is).
Die krap lê eiers wat in die ruimte tussen die agterlyf en kopborsstuk uitbroei. Die kleintjies broei daar uit en lyk soos die volwassene.
Krappe en ander skaaldiere is vleisetend en vorm ‘n belangrike skakel in die voedselweb. Hulle is aangepas om in water te lewe, maar landlewende krappe kan vir lang tye buite die water oorleef.
Toets jou kennis:
Die krap
het _____________________________________________________________ bene;
haal asem met __________________________ wat in _________________voorkom
wat met ______________________________________________________ gevul is;
se ________________________word verhard deur __________________ wat in die
______________________________________________________ chitien voorkom;
__________________ het die volgende in gemeen met spinnekoppe, maar nie met insekte nie:
Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.
Assesseringstandaard 1.1: Dit is duidelik wanneer die leerder ondersoeke beplan: beplan eenvoudige toetse en vergelykings en dink na oor hoe om dit billik te maak;
Assesseringstandaard 1.2: Dit is duidelik wanneer die leerder ondersoeke uitvoer en data versamel: organiseer en gebruik toerusting of bronne om inligting te versamel en aan te teken.
Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder data evalueer en bevindinge kommunikeer: veralgemeen ten opsigte van ‘n relevante aspek en beskryf hoe die data die veralgemening steun.
Leeruitkomste 2: Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder inligting interpreteer: interpreteer inligting deur kernidees in die teks te identifiseer, patrone in aangetekende data te vind en gevolgtrekkings te maak uit inligting in verskeie vorme (bv. prente, diagramme en geskrewe teks).
Notification Switch
Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 7' conversation and receive update notifications?