<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: aardrykskunde

Graad 8

Nedersettings

Module 4

Migrasie

1. Die migrasie van persone na ‘n nuwe standplaas

  • Julle het reeds kennis gemaak met die migrasie van persone vanaf die platteland na die stad. Migrasie vind egter nie net plaas vanaf landelike na stedelike gebiede nie. Persone beweeg ook vanaf een stedelike gebied na ‘n ander, of selfs vanaf een land na ‘n ander.
  • Migrasie vanaf die plek waar jy jare gebly het, bv. Kaapstad na ‘n nuwe plek, bv. Londen, staan as EMIGRASIE bekend.
  • Migrasie na ‘n plek waar jy ‘n nuwe tuiste vind, staan as IMMIGRASIE bekend, bv. na Londen.
  • Migrasie is ‘n permanente verskuiwing na ‘n nuwe omgewing of standplaas.

R edes vir migrasie

Daar is verskillende redes waarom persone van woonplek verskuif. Hierdie faktore kan gewoonlik in twee kategorieë verdeel word, nl.:

  • Stootfaktore - faktore wat persone aanmoedig om ‘n gebied te verlaat.
  • Trekfaktore – faktore wat persoon lok om hulle in ‘n sekere omgewing te vestig.

Aktiwiteit 1:

Om inligting uit ‘n grafiese voorstelling af te lei

[lu 1.2]

Bestudeer die volgende prent en beantwoord die vrae wat daarop volg:

1. Watter proses word deur die illustrasie uitgebeeld?

2. Watter omstandighede in Suid-Afrika dink jy het die persone laat besluit om so ‘n stap te neem?

3. Watter invloed het die tendens op die ekonomie van Suid-Afrika indien hoogsgeskoolde werkers die laat in groot getalle sou verlaat?

2. Faktore wat migrasie bevorder

2.1 Stootfaktore

Stootfaktore speel ‘n belangrike rol as oorsaak van migrasie. Stootfaktore kan hoofsaaklik in drie kategorieë verdeel word:

a) Politieke faktore : politieke faktore is waar persone immigreer weens die druk of vervolging wat hulle ondervind in hul geboorteland. Gedurende die Apartheidsjare het verskeie swart Suid-Afrikaners die land verlaat en hulle elders gaan vestig, bv in Engeland en Europa. Dit was weens die politieke druk en vervolging wat hulle hier moes verduur, asook die gebrek aan geleenthede vir onderwys.

b) Ekonomiese faktore : ekonomiese faktore is waar ‘n ekonomiese stelsel van ‘n land nie voordelig is vir die persoon nie en hy na ‘n ander land trek om beter te kan leef. So het baie persone na die VSA en Engeland verhuis waar beter werksgeleenthede beskikbaar was.

c) Omgewingsfaktore : persone word ook weggedryf van die plek waar hulle woon weens ‘n ongunstige fisiese omgewing. Te veel of te min water mag ‘n ernstige bedreiging vir die omgewing inhou. Sommige persone is verplig om te trek, weens die feit dat hulle op die vloedvlakte van ‘n rivier woon. Tydens ‘n vloed word eiendomme en persone deur die watermassa bedreig.

Aktiwiteit 2:

Om persoonlike ervarings skriftelik oor te dra

[lu 1.5]

Op jou eie

Jy is ‘n trekarbeider wat help om die vrugte in die Boland te oes. Jy werk op ‘n plaas naby Worcester. Skryf ‘n brief aan jou familie wat in Kimberley woon, en beskryf aan hulle onder watter moeilike omstandighede jy moet woon en werk.

P olitieke stootfaktore

  • Dikwels is persone verplig om hulle land te verlaat weens vervolging of bedreiging van hulle lewens as gevolg van hulle politieke idees. Hierdie vlugtelinge moet dan elders ‘n heenkome soek. Hulle kan nie weer na die land terugkeer nie weens vrees vir hulle lewens.
  • Uit die vorige Oos-Europese lande moes baie mense vlug omdat hulle nie met die idees van die politieke party aan bewind saamgestem het nie.
  • In Zimbabwe vind ons ook dat baie mense tans na die buurstate, soos Suid-Afrika vlug. Aangesien hulle politieke idees verskil van die van die heersende party, word hulle deur sommige lede van die heersende party aangerand en gemartel. Dit dwing hulle om die land te verlaat.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11035/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask