<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 5

Die aarde en die heelal

Module 24

Die belangrikheid van water

AKTIWITEIT:

OM TE KAN VERDUIDELIK HOEKOM WATER BELANGRIK IS VIR LEWE OP AARDE, HOE DIE PLANEET SY WATERBALANS HANDHAAF EN HOEKOM VERSIGTIGE WATERGEBRUIK BELANGRIK IS.

[LU 2.1; 3.2]

Die belangrikheid van water

Lewe sonder water is onmoontlik. Kom ons kyk na ‘n paar voorbeelde wat die belangrikheid van water vir plante en diere aantoon:

  • Water vorm ongeveer 80% van die liggaam van ‘n landplant en ongeveer 60% van die liggaam van die mens. Dit is hierdie water in die liggame van plante en diere wat maak dat die temperatuur van die plant of dier nie te hoog styg as dit buite warm is of te ver daal as dit koud is nie.
  • Die verdamping van water help plant en dier om hulle liggame af te koel (by diere in die vorm van sweet en by plante in die vorm van vog vanaf veral die blare).
  • Die uitruil van gasse by asemhaling is slegs moontlik indien die oppervlak vogtig is.
  • Bloed kan slegs vloei omdat dit hoofsaaklik uit water bestaan.
  • Die vervoer van voedingstowwe in ‘n plant sou nie sonder water kon plaasvind nie.
  • Die vertering van voedsel is slegs moontlik, indien daar voldoende water is.
  • Baie plante en diere lewe in water.
  • Verskeie diere wat op land lewe, kan slegs voortplant as daar voldoende water is, bv. die padda.

Die aarde se watervoorraad

Die aarde se watervoorraad word nooit vanuit die ruimte aangevul soos die energie wat ons van die son af kry nie.

Die natuur het egter meganismes ontwikkel om die aarde se watervoorraad in stand te hou. So word water in die natuur oor en oor gebruik en praat ons van watersiklusse of waterkringlope.

Ongelukkig is die mens geneig om hierdie waterkringlope met sy bedrywighede te versteur. Voorbeelde is die gebruik van water deur industrieë, die uitroei van inheemse plantegroei, besoedeling en die vermorsing van water.

Kyk of jy tien voorbeelde van watervermorsing of -besoedeling of die onoordeelkundige gebruik van water kan noem.

Die waterkringloop

Die grootste deel (70%) van planeet Aarde is onder water. Daarom vertoon die aarde op satellietfoto’s blou.

Bo en behalwe hierdie sigbare, bogrondse water is daar ook baie ondergrondse water .

Die water word versprei deur middel van ondergrondse kanale (are) en bogrondse riviere.

Danksy die verwarmingseffek van die son is hierdie water nie orals yskoud nie.

Dit bring mee dat groot hoeveelhede water elke dag uit die oseane, mere, damme en riviere verdamp en in die lug opstyg.

Soos wat die waterdamp opstyg, koel dit af en kondenseer dit om waterdruppels te vorm en so ontstaan wolke.

Wanneer die toestande gunstig is, val die water in die wolke weer in die vorm van reën op die aarde.

Hierdie proses herhaal homself voortdurend en ons verwys daarna as die waterkringloop .

1. Beskryf die waterkringloop in jou eie woorde.

2. Wat sou met die waterkringloop gebeur, indien die son se hitte verminder of die son heeltemal sou ophou skyn?

3. Verduidelik hoe reën gevorm word.

4. Noem en verduidelik vier maniere hoe die mens die waterkringloop versteur.

Assessering

LU 2

KONSTRUKSIE VAN WETENSKAPKENNIS Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

2.1 betekenisvolle inligting onthou;

2.2 inligting kategoriseer en eie reëls vir kategorisering verduidelik.

LU 3

WETENSKAP, DIE SAMELEWING EN DIE OMGEWING Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon .

Dit is duidelik wanneer die leerder

3.1 wetenskap en tegnologie in die konteks van geskiedenis en inheemse kennis verstaan: identifiseer wyses waarop produkte en tegnologieë uit ander tye en kulture aangepas is;

3.2 die impak van wetenskap en tegnologie verstaan: identifiseer die positiewe en negatiewe effekte van wetenskaplike ontwikkelinge of tegnologiese produkte op mense se lewenskwaliteit en/of die omgewing.

Memorandum

Enkele voorbeelde (daar is baie: gee die leerders geleentheid om met hulle mense by die huis hieroor te praat en voorbeelde te vind: dit skep gemeenskapsbewustheid van die probleem):

Vermorsing/onoordeelkundige gebruik

  • pype en krane wat lek
  • krane wat nie behoorlik toegemaak word nie
  • bome word in waterareas geplant (veral plantasies)
  • uitheemse plante word toegelaat om inheemse te verdring
  • geen damme word gebou nie

Besoedeling

  • onvoldoende sanitasiegeriewe
  • rommel
  • industriële afval
  • uitheemse plante word toegelaat om in water te groei (verdring ander plante, versteur balans, plante en diere vrek, afsaksel en verrotting neem suurstof uit water)
  • motoruitlaatgasse dra by tot vorming van suurreën

Waterkringloop

  • Beskrywing moet die volgende bevat: verdamping, wolkvorming, vorme van neerslag, bv. reën, ondergrondse water, riviere, damme, mere en oseane
  • Verdamping sou ophou en die water sou net bly waar dit is
  • Verdamping, afkoeling, kondensasie en wolkvorming

4. Uitroei van inheemse plantegroei

Grootskaalse oorbeweiding (woestynvorming)

Onoordeelkundige verandering van natuurlike vloei van water

Osoonlaagvernietiging, besoedeling: aardverwarming, verwarming van water in oseane, reën nie meer volgens natuurlike patrone nie

Onoordeelkundige aanplant van plantasies (in watergebiede)

Questions & Answers

start new n questions too
Emmaunella Reply
summarize halerambos & holbon
David Reply
the Three stages of Auguste Comte
Clementina Reply
what are agents of socialization
Antonio Reply
sociology of education
Nuhu Reply
definition of sociology of education
Nuhu
definition of sociology of education
Emmaunella
what is culture
Abdulrahim Reply
shared beliefs, values, and practices
AI-Robot
What are the two type of scientific method
ogunniran Reply
I'm willing to join you
Aceng Reply
what are the scientific method of sociology
Man
what is socialization
ogunniran Reply
the process wherein people come to understand societal norms and expectations, to accept society's beliefs, and to be aware of societal values
AI-Robot
scientific method in doing research
ogunniran
defimition of sickness in afica
Anita
Cosmology
ogunniran
Hmmm
ogunniran
list and explain the terms that found in society
REMMY Reply
list and explain the terms that found in society
Mukhtar
what are the agents of socialization
Antonio
Family Peer group Institution
Abdulwajud
I mean the definition
Antonio
ways of perceived deviance indifferent society
Naomi Reply
reasons of joining groups
SAM
to bring development to the nation at large
Hyellafiya
entails of consultative and consensus building from others
Gadama
World first Sociologist?
Abu
What is evolutionary model
Muhammad Reply
Evolution models refer to mathematical and computational representations of the processes involved in biological evolution. These models aim to simulate and understand how species change over time through mechanisms such as natural selection, genetic drift, and mutation. Evolutionary models can be u
faruk
what are the modern trends in religious behaviours
Selekeye Reply
what are social norms
Daniel Reply
shared standards of acceptable behavior by the group or appropriate behavior in a particular institution or those behaviors that are acceptable in a society
Lucius
that is how i understood it
Lucius
examples of societal norms
Diamond
Discuss the characteristics of the research located within positivist and the interpretivist paradigm
Tariro Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10980/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask