<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Die leerders moet nou twee-twee oefen hoe hulle vir Willie sal groet en laat welkom voel. (Een leerder is Willie en die ander die maatjie by wie hy kom kuier. Daarna ruil hulle plekke. Indien daar genoeg tyd is, kan al die leerders dit voor die klas opvoer.) Leerders kan ook oefen om iemand in ‘n ander taal te groet, byvoorbeeld Engels of Xhosa.

LU 2.9

Vertel vir die leerders die storie van Gouelokkies en die drie bere. (Die storie kan gevind word in enige volledige sprokiesboek en kan dus ook gelees word.) Laat leerders hierdie, en ander bekende stories, terugvertel. (LU/AS 2.7)

Gouelokkies het ook by iemand gaan kuier wat sy glad nie ken nie, maar sy het ongelukkig nie goeie maniere gehad nie. Gesels oor die dinge wat sy verkeerd gedoen het. Wat kon sy anders en beter gedoen het?

Doen dan die prent op die volgende bladsy as ‘n luisteraktiwiteit. Terselfdertyd word leerders se begrip van woorde soos groot , klein, baie, min, regs en links getoets.

Elke leerder moet die inkleurbladsy en kleurpotlode voor hom hê. Die onderwyser herhaal elk van die volgende opdragte twee keer duidelik en leerders reageer deur die regte prentjie in te kleur.

- Kleur die grootste stoel blou in.

- Kleur die kleinste stoel oranje in.

- Watter beer sit regs van Mamma Beer? Kleur die beer geel in.

- Watter bottel koeldrank het die minste koeldrank in? Kleur dit groen in.

- Watter bakkie pap het die meeste pap in? Kleur dit pienk in.

- Watter kraan is links? Kleur dit swart in.

- Watter kas is die hoogste? Kleur dit bruin in.

Na afloop van hierdie aktiwiteit moet elke leerder prente in ‘n tydskrif soek wat by die betrokke woorde op die volgende bladsy pas. Lees die woorde eers saam met die leerders deur.

LU 1.1

Lees die volgende storie aan die leerders voor. Daarna moet hulle dit in groepe op die mat voorlees. Laat leerders die woorde wat vir hulle nuut is en waarmee hulle gesukkel het, in die leesstuk onderstreep.

Leerders moet ook die blokkiesraaisel oor Gouelokkies voltooi.

Leerders afdeling

Inhoud

LU 4.1
  • Soek ‘n prentjie wat by die woord pas
Groot laag
Hoog min
Dun klein
Baie dik
LU 5.1 LU 6.1

Gouelokkies en die drie bere

Gouelokkies het by die drie bere in die woud gaan kuier. Die drie bere het gaan stap. Eers het Gouelokkies aan die pap geproe. Die een bak was te warm. Die ander bak was te koud. Hierdie een is net reg. Gouelokkies eet alles op.

Gouelokkies gaan sit op die eerste stoel. Dit is te hard. Sy gaan sit op die tweede stoel. Dit is te sag. Die derde stoel is net reg. Gouelokkies sit die stoel stukkend.

Gouelokkies wil gaan slaap. Die eerste bed is te hard. Die tweede bed is te sag. Die derde bed is net reg. Gouelokkies raak aan die slaap.

Die bere kom huis toe. Pappa beer is kwaad. Mamma beer is kwaad. Baba beer is kwaad. Gouelokkies skrik. Sy hardloop huis toe.

LU 3.4 LU 3.5
1.
2.
3.
4.
5.
6.

1. Hoeveel bere het in die huis gewoon? ………………………………………….

2. Die bere het gaan ………………

3. Die bere het in die …………………………………………………… gewoon.

4. Wat was in die bakkies op die tafel? ………………………………………….

5. Watter beer se stoel het gebreek? ……………………………………………..

6. Gouelokkies het op die bed gaan ……………………………………………...

LU 5.3
  • Bou woordjies wat begin met “g” en teken ‘n prentjie wat daarby pas.
___eel ___oud
___raan ___ans
___ras ___rond
___las ___ogga
___lad ___limlag
LU 6.1
Ou koud oupa
trou vrou pou
ie vier sien
kies tien vies
ui uil kruip
suig huis ruit
LU 3.4

LU 4.1

Assessering

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder letters en woorde herken en betekenis uit geskrewe teks skep.

Assesseringstandaard 3.5: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel.

Leeruitkomste 4: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf.

Leeruitkomste 5: DINK EN REDENEER : Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Assesseringstandaard 5.1: Dit is duidelik wanneer die leerder taal gebruik om konsepte te ontwikkel.

Assesseringstandaard 5.4: Dit is duidelik wanneer die leerder taal gebruik om te ondersoek.

Leeruitkomste 6: TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK : Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Assesseringstandaard 6.1: Dit is duidelik wanneer die leerder klanke in verband bring met letters en woorde.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 1. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11010/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 1' conversation and receive update notifications?

Ask