<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: aardrykskunde

Graad 6

Bevolkingsverspreiding en –digtheid op ‘n wêreldskaal

Module 5

Bevolkingsverspreiding

  • Die woord bevolkingsverspreiding kan maklik ontleed word. Bevolking verwys na mense en verspreiding dui op waar hierdie mense woon - waar mense op die aarde woon. As jy na die meegaande wêreldkaart kyk, sal jy sien dat die mense nie eweredig oor die wêreld versprei is nie. In sekere gebiede is daar groter konsentrasies mense as in ander.

1. Faktore wat die beweging van mense en hul vestiging beïnvloed

Daar is meer as 6 miljard (6 000 miljoen) mense op die aarde en hulle bewoon maar ongeveer 15% van die aarde se oppervlakte (sien sirkelgrafiek).

Daar is sekere faktore wat ‘n groot rol speel in die keuse van ‘n plek van vestiging.

N atuurlike faktore:

Klimaat:

Aangename temperature (tussen 10 o C en 30 o C) en gemaklike lugvogtigheid lok mense. Daar moet nie toestande van uiterstes soos windstorms of uitermate hoë reënval wees wat die gebied teister nie. (Meer oor die klimaat se rol in Module 3.)

Hulpbronne:

Mense gaan waar daar in hul basiese behoeftes voorsien kan word, en voedsel en water is die belangrikste van hierdie behoeftes.

Menslike faktore

Ekonomie:

Waar daar geld te maak is, daar sal mense hulle vestig (dikwels ten spyte van ‘n onaangename klimaat).

Politieke besluite:

‘n Land se regering kan deur sy besluite omstandighede vir sy inwoners baie onaangenaam maak en daardeur verskuiwing van mense teweegbring.

Iets interessants: - Ongeveer 90% van die wêreldbevolking woon in die Noordelike Halfrond.

- Ongeveer 60% van die wêreldbevolking woon in gebiede wat laer as 200 m bo seespieël geleë is.

Aktiwiteit 1:

Om ‘n wêreldkaart as ‘n groep te bestudeer om inligting te verkry

[lu 1.1]

Bestudeer ‘n wêreldkaart in jul atlasse om sodoende as ‘n groep moontlike antwoorde op die volgende vrae te vind:

  • Om watter rede is die gebiede by a, b en c yl bevolk?
  • Om watter rede is die bevolking by d en e ook besonder yl?
  • Het die Amasonerivier in Brasilië iets met die bevolkingsverspreiding in dié land te doen? (Verduidelik)
  • Gee moontlike oorsake vir die bevolkingskonsentrasie in die noordoostelike hoek van Afrika.
  • Sou julle sê dat Australië verstedelik is?

2. Die keuse: in die stad of op die platteland?

  • Die meeste van die graad 6-leerders in Suid-Afrika woon in die stad of op ‘n groot dorp! Hoe weet ons dit? Ons weet dit, want meer as die helfte van ons land is VERSTEDELIK. Dit beteken dat meer as 50 % van ons land se mense in groot dorpe of stede woon. Sulke syfers word met sensus opnames vasgestel.
  • As jy die kaart op bladsy 3 ondersoek, is dit duidelik dat die mensdom nie eweredig verspreid oor die aarde woon nie, maar op sekere plekke gekonsentreer is. Maar dit was nie altyd só nie. Van die vroegste tye af was daar stede, reeds in die Bybelse tye al, maar steeds het die meeste mense nie in daardie stede gewoon nie. Eers sowat 50 jaar gelede kon ons sê dat die meeste mense in ons land nie meer op die platteland woon nie, maar in stede saamgetrek is. En hierdie syfer wissel van land tot land.
  • In die verskuiwing tussen die stad en die platteland het tegnologie nog altyd ‘n belangrike rol gespeel. Soos nuwe beroepe ontstaan, so sal mense van werkplek en dikwels van woonplek verander. In die praktyk beteken dit dat mense van die platteland na stede toe sal trek meesal om ‘n nuwe betrekking te aanvaar.
  • Die aanwending van tegnologie beteken ook dikwels dat die mens met die masjien vervang word en dat die persoon wat sy werk verloor het, hom na die stad wend omdat daar waarskynlik meer werkgeleenthede is.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10999/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask