<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Transformasies: nie in caps

In hierdie afdeling gaan jy leer oor die verandering wat die koördinate van ʼn punt ondergaan wanneer die punt horisontaal of vertikaal op die Cartesiese vlak skuif. Jy gaan ook leer wat met die koördinate van ʼn punt gebeur wanneer dit reflekteer word in die x -as, y -as en die lyn y = x .

Translasie van ʼn punt

Waneer ʼn voorwerp langs ʼn reguitlyn beweeg word, sê ons dit word getransleer . Wat gebeur met die koördinate van ʼn punt wat horisontaal of vertikaal getransleer word?

Bespreking : vertikale translasie van ʼn punt

Voltooi die tabel deur die koördinate van die punte soos op die figuur in te vul.

Punt x -koördinaat y -koördinaat
A
B
C
D
E
F
G

Wat let jy op omtrent die x -koördinate? Wat let jy op omtrent die y -koördinate? Wat sal gebeur met die koördinate van punt A indien dit verskuif word na die posisie van punt G?

Wanneer ʼn punt vertikaal op- of afgeskuif word op die Cartesiese vlak, bly die x -koördinaat van die punt dieselfde, maar die y -koördinaat verander met die aantal eenhede wat die punt op- of afgeskuif is.

Byvoorbeeld: in [link] word punt A 4 eenhede opwaarts geskuif na die posisie gemerk deur G. Die nuwe x -koördinaat van punt A is dieselfde ( x =1), maar die nuwe y -koördinaat het 4 eenhede geskuif in die positiewe y -rigting en word y =-2 +4 =2. Die nuwe koördinate van punt A is gevolglik G(1;2). Soortgelyk, vir punt B wat 5 eenhede afgeskuif word, bly die x -koördinaat dieselfde ( x = - 2 , 5 ), maar die y -koördinaat het 5 eenhede in die negatiewe y -rigting geskuif. Die nuwe y -koördinaat is dus y =2,5 -5 =-2,5.

Punt A het 4 eenhede opgeskuif tot by G. Punt B het 5 eenhede afgeskuif tot by H.
Wanneer ʼn punt opgeskuif word, word die nuwe y -koördinaat verkry deur die translasie eenhede by die ou y -koördinaat by te tel. Wanneer ʼn punt afgeskuif word, word die nuwe y -koördinaat verkry deur die translasie eenhede van die ou y -koördinaat af te trek.

Bespreking: horisontale translasie van ʼn punt

Voltooi die tabel deur al die koördinate wat in die figuur aangedui word, in te vul.

Punt x -koördinaat y --koördinaat
A
B
C
D
E
F
G

Wat let jy op omtrent die x -koördinate? Wat let jy op omtrent die y -koördinate?

Wat sal gebeur met die koördinate van punt A, as dit geskuif word na posisie G?

Wanneer ʼn punt horisontaal links of regs op die Cartesiese vlak verskuif word, bly die y -koördinaat van die punt dieselfde, maar die x -koördinaat verander met die aantal eenhede wat die punt links of regs geskuif word.

Byvoorbeeld, in [link] word punt A 4 eenhede regs geskuif na G. Die nuwe y -koördinaat van punt A is dieselfde ( y =1), maar die nuwe x -koördinaat is 4 eenhede in die positiewe x -rigting geskuif en word x =-2 +4 =2. Die nuwe koördinaat van punt A by G is dus (2;1). Soortgelyk, vir punt B wat 5 eenhede links geskuif word, bly die y -koördinaat dieselfde ( y = - 2 , 5 ), maar die x -koördinaat word 5 eenhede in die negatiewe x -rigting geskuif. Die nuwe x -koördinaat is dus x =2,5 -5 =-2,5. Die nuwe koördinate van punt B by H is dus (-2,5;1).

Punt A skuif 4 eenhede regs na posisie G. Punt B skuif 5 eenhede links na posisie H.
Wanneer ʼn punt regs geskuif word, word die nuwe x -koördinaat verkry deur die translasie-eenhede by die oorspronklike x -koördinaat by te tel. Wanneer ʼn punt na links geskuif word, word die nuwe x -koördinaat verkry deur die translasie-eenhede van die oorspronklike x -koördinaat af te trek.

Questions & Answers

how did the oxygen help a human being
Achol Reply
how did the nutrition help the plants
Achol Reply
Biology is a branch of Natural science which deals/About living Organism.
Ahmedin Reply
what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
cell is the smallest unit of the humanity biologically
Abraham
what is biology
Victoria Reply
what is biology
Abraham
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]. OpenStax CNX. Aug 04, 2011 Download for free at http://cnx.org/content/col11328/1.4
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]' conversation and receive update notifications?

Ask