<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Die wêreld daar buite

is waternat!

Die wind se gesuis

deur blare en takke.

Dis die druppels wat skarrel,

op huise se dakke.

Dit reën oor die land!

Hoor die see se gedruis

van branders wat breek

op die nat, wit sand.

G.J.M

  • Vrae om te beantwoord en te bespreek.
  • Wat dink jy het die aarde gefluister?
  • Bespreek die tekens van winter in die eerste versie.
  • Versier jou bladsy met “prente” uit die gedig.
LU 1.3.2 LU 3.2.1 LU 4.8
  • Lees die storie hardop. Luister mooi!

Bennie se manewales

Bennie: Mamma, dit reën katte en honde buite! Wat gaan ons doen as dit môre reën? Ek verjaar en Pappa het belowe ons kan my maatjies verras met allerhande opwindende dinge wat ons saam gaan doen.

Wat gaan ons doen as dit reën? Ek wil nie net ‘n partytjie by die huis hê nie!

Mamma: Ja, Bennie, jy gaan die dag baie geniet. Pappa het baie lekker dinge beplan.

Jou uitnodigings is al gestuur en die reën sal ons nie keer nie. Het jy al gebad?

Jy moet nou gaan slaap anders is jy môre te moeg om die dag te geniet. Toe, weg is jy!

Bennie: (pleit by sy ma) Ek gaan nou slaap, Mamma, maar ek wil net gou die weervoorspelling sien. Ek wil sien of dit môre nog gaan reën. (Bennie skakel die televisie aan.)

LU 3.3.1
  • Luister eers.
  • Lees.
  • Bespreek hoe Bennie voel.

Bennie: (nou heeltemal mismoedig) Kan Mamma hoor! Dit gaan nog reën! Die strate lyk al soos riviere. Ons sal nêrens kan gaan nie!

Mamma: Nee, Bennie, die weerkantoor verwag dat dit môre sal opklaar. Toe, gaan slaap nou. Ek moet nog koek bak vir jou maatjies. Nag, Bennie!

Bennie: (loop kamer toe) Nag, Mamma.

LU 1.2 LU 1.3.6 LU 3.3.2
  • Juffrou: Kom ons maak ‘n grafiek van die weer.

My grafiek vir............................................................................................................

maand

20
19
18
17
16
15
14
13
12
11
10
9
8
7
6
5
4
3
2
1
Dae Son Reën Wolke Wind
  • Kies vier kleure; een vir son, een vir reën, ens.
  • Kleur elke dag een blokkie in.
  • Aan die einde van die maand kan jy sien of daar meer/minder sonnige, reënerige, winderige of bewolkte dae was.
LU 5.4.1 LU 5.4.2
  • Skryf oor die weer. Kyk na die grafiek op bladsy 4.
  • Gebruik die woordeskat: meeste/minste/meer/minder.

Die Weer in

maand

  • Van watter soort weer hou jy die meeste?
  • Gee ‘n rede vir jou antwoord.

Ek ....................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

.......................................................................................................................................... ..........................................................................................................................................

.......................................................................................................................................... ..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

LU 4.7.2 LU 5.1.1
  • Versier die patroon.
LU 4.1
  • Bespreek in groepe.
  • Skryf.
LU 4.2.1 LU 4.2.2 LU 5.1.1

Assessering

Leeruitkomste 1: LUISTER : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.

Assesseringstandaard 1.2: Dit is duidelik wanneer die leerder gepaste luistergedrag toon deur respek vir die spreker te toon, beurte te neem om te praat, vrae te stel om duidelikheid te verkry en, indien gepas, kommentaar te lewer op dit wat gehoor is;

Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder met genot na kort stories, rympies, gedigte en liedjies uit verskeie kulture luister en begrip toon;

1.3.2 vir besonderhede luister;

1.3.6 gevoelens oor ‘n mondelinge teks uitdruk en redes gee;

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit geskrewe teks skep:

3.2.1 ‘n storie alleen of saam met die onderwyser lees:

Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit letters en woorde in langer tekste herken en skep:

3.3.1 met toenemende spoed en vlotheid lees;

3.3.2 hardop lees en die korrekte uitspraak en gepaste klem gebruik;

Leeruitkomste 4 SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf:

Assesseringstandaard 4.2: Dit is duidelik wanneer die leerder pre-skryfstrategieë gebruik om ‘n skryfstuk te begin:

4.2.1 deelneem aan dinkskrumaktiwiteite om idees vir skryf te kry;

4.2.2 idees met klasmaats en onderwyse deel;

Assesseringstandaard 4.7: Dit is duidelik wanneer die leerder gepaste grammatikale strukture en skryfkonvensies gebruik en skryf sodat ander kan verstaan:

4.7.2 basiese punktuasie gebruik;

Assesseringstandaard 4.8: Dit is duidelik wanneer die leerder woorde, sinne en stories illustreer om begrip te toon.

Leeruitkomste 5: DINK EN REDENEER : Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Assesseringstandaard 5.1: Dit is duidelik wanneer die leerder taal gebruik om konsepte te ontwikkel:

5.1.1 konseptuele taal uit verskillende leerareas nodig op hierdie vlak en ter voorbereiding van die volgende vlak verstaan en gebruik;

Assesseringstandaard 5.4: Dit is duidelik wanneer die leerder inligting verwerk:

5.4.1 spesifieke inligting uit ‘n teks kies en dit verwerk.

5.4.2 inligting in ‘n eenvoudige grafiese vorm organiseer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 2. OpenStax CNX. Oct 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11132/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask