This page is optimized for mobile devices, if you would prefer the desktop version just click here

Informatiewe tekste  (Page 4/4)

2.1.3 deel idees en lug mening oor minder bekende onderwerpe en gebeurtenisse deur spekulasie en hipotese te gebruik;

2.1.4 beskryf gebeurtenisse, gee terugvoering en gee aanwysings op ‘n logiese manier;

2.2 interaksievaardighede en –strategieë in groepsituasies gebruik:

2.2.1 neem beurte, hou by die onderwerp, stel relevante vrae, help die bespreking om te vloei en reageer met respek en empatie op ander se idees;

2.4 gepaste woorde en strukture vir verskillende doeleindes en teikengroepe gebruik:

2.4.4 identifiseer en bevraagteken diskriminerende taalgebruik.

LU 3

LEES EN KYK

Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

3.1 ‘n verskeidenheid fiksie- en nie-fiksietekste vir verskillende doeleindes lees:

3.1.1 lees onafhanklik deur ‘n verskeidenheid lees- en begripstrategieë gepas vir verskillende doeleindes te gebruik;

gebruik vroeëre kennis of tekstuele leidrade om betekenis vas te stel en afleidings te maak;

voer luidlees duidelik uit en pas leesspoed volgens doel en gehoor aan;

3.5 begrip van fiksie-tekste toon:

3.5.1 bespreek die hoofidee, intrige, ruimte, atmosfeer en karakters;

3.5.2 maak afleidings oor intrige en karakters;

3.8 omgewings-, kulturele en sosiale waardes in tekste identifiseer en bespreek:

3.8.2 stereotipes herken en bespreek en hoe dit geskep word;

3.11 relevante tekste kies en navorsingsvaardighede toepas om inligting in woordeboeke te verkry.

LU 4

SKRYF

Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

4.4 kennis van taal op verskeie vlakke toepas:

4.4.3 paragraafvlak:

√ skryf ‘n kernsin en sluit relevante inligting in om ‘n samehangende paragraaf te ontwikkel.

LU 5

DINK EN REDENEER

Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

5.1 taal gebruik om te dink en te redeneer:

5.1.3 onderskei tussen die voor- en nadele van iets en verduidelik dit;

5.3 inligting verwerk:

5.3.6 evalueer en maak gevolgtrekkings en verduidelik redes daarvoor;

5.4 taal gebruik om skeppend te dink:

5.4.1 vorm hipoteses oor die moontlike resultate of slot van ‘n reeks stappe of gebeurtenisse;

5.4.5 ondersoek woordassosiasies en konsepte om uit ‘n ander hoek na onderwerpe te kyk.

LU 6

TAALSTRUKTUUR EN -GEBRUIK

Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

6.1 met woorde werk:

6.1.1 skep eie persoonlike spellys;

6.1.2 toon kennis van die kompleksiteit van alfabetiese volgorde waar die orde volgens die eerste letter gegee word;

6.1.4 gebruik skryftekens (kappie, deelteken, koppelteken, afkappingsteken) doeltreffend in alledaagse woorde;

6.1.6 gebruik hoofletters korrek;

6.2 met sinne werk:

6.2.11 verstaan die funksie en gebruik van alledaagse selfstandige naamwoorde, asook getal, geslag en verkleinwoorde;

6.2.14 verstaan die funksie en gebruik van alledaagse bywoorde (tyd, wyse, plek);

6.2.15 verstaan die funksie en gebruik van alledaagse voornaamwoorde (persoonlik, besitlik, vraend, betreklik.

Memorandum

Aktiwiteit 1

a) Dis belangrik dat ‘n gesin tyd maak om saam aan tafel te wees en mekaar se geselskap te geniet.

b) Leerders gee verskeidenheid redes.

Aktiwiteit 2

Elke leerder skryf eie vrae neer.

Aktiwiteit 3

Onderhoude.

Aktiwiteit 4

Antwoorde in volsinne.

Aktiwiteit 5

Mondeling.

Aktiwiteit 6

Groepbesprekings en terugvoering.

Aktiwiteit 7

a) Elke leerder se paragraaf bestaande uit drie sinne.

b) Eie menings.

Ja Nee
bedagsaam?
vriendelik?
onbeskof?
goedgemanierd?

Taalstruktuur en -gebruik

Alle aktiwiteite wat betrekking het op Leeruitkoms 6 moet slegs as voorbeelde beskou word. Dit word aanbeveel dat die opvoeder self meer aktiwiteite / voorbeelde byvoeg, aangesien dié wat in die module voorkom nie as noodwendig voldoende beskou behoort te word nie.

Aktiwiteit 8

MANLIK VROULIK
1. haan hen
2. bul koei
3. bulkalf verskalf
4. swaer skoonsuster
5. bruidegom bruid
6. buurman buurvrou
7. heer / meneer dame
8. koning koningin
9. sanger sangeres
10. skrywer skryfster
11. hings merrie
12. reun teef
13. mannetjie wyfie
14. beoordelaar beoordelares
15. inspekteur inspektrise
<< Chapter < Page Page > Chapter >>

Read also:

OpenStax, Afrikaans huistaal graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10989/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.
Jobilize.com uses cookies to ensure that you get the best experience. By continuing to use Jobilize.com web-site, you agree to the Terms of Use and Privacy Policy.