This page is optimized for mobile devices, if you would prefer the desktop version just click here

Informatiewe tekste  (Page 2/4)

Wanneer jy die onderhoud voer, moet jy sorg dat jy jou potlood en skoon bladsye om aantekeninge te maak gereed het. Hou jou aantekeninge kort; jy kan later langer sinne skryf.

AKTIWITEIT 4

OM INLIGTING TE ORGANISEER

[LU 4.2.2]

Skryf die antwoorde wat jy gekry en aangeteken het in netjiese volsinne oor.

Merk hulle bv. (a) tot (k).

AKTIWITEIT 5

OM TERUGVOERING EN AANWYSINGS OP ‘N LOGIESE MANIER TE GEE

[LU 2.1.4]

OM ONDERHOUDE AS ‘N MANIER OM INLIGTING TE KRY, TE BESPREEK [5.2.3]

Julle behoort nou oor genoeg kennis van tafelmaniere te beskik om daaroor te kan praat.

Kies twee van jou antwoorde en verduidelik dit aan die klas. Probeer om nie te herhaal wat een van jou klasmaats reeds gesê het nie.

Vertel vir die klas watter nuwe kennis jy oor tafelmaniere opgedoen het.

Hou ‘n klasbespreking oor hoe julle die onderhoud ervaar het.

Het jy al die inligting gekry wat jy gesoek het?

Was dit maklik / moeilik om die antwoorde aan te teken?

Kon jy jou aantekeninge in sinne omskep?

Is daar beter maniere om ‘n onderhoud te voer?

AKTIWITEIT 6

OM GEBALANSEERDE EN OPBOUENDE TERUGVOERING TE GEE

[LU 2.2.2]

OM SENSITIEF TE WEES VIR ANDER SE GEVOELENS TYDENS BESPREKINGS [LU 2.2.4]

Julle opvoeder sal julle in vier groepe verdeel en een van die volgende onderwerpe aan elke groep toeken:

‘n Braai

‘n Deftige aansitete

Die daaglikse gesinsmaaltyd

‘n Verjaarsdagpartytjie

Die volgende aspekte moet aandag kry tydens julle bespreking:

Hoe word die tafel voorberei?

Watter eetgerei word gebruik?

Word opskepskottels gebruik?

Watter soort versierings pas by die ete?

Maak aantekeninge van julle menings en wys ‘n groeplid aan wat aan die klas terugvoering sal gee.

AKTIWITEIT 7

OM VERSKILLENDE PERSPEKTIEWE OP BEKENDE ONDERWERPE TE ONTWIKKEL

[LU 5.1.4]

FLIEK EN SPRINGMIELIES

As ‘n mens na openbare vermaaklikheidsplekke soos flieks en teaters gaan, is dit natuurlik die heel beste om eers by die huis klaar te eet en te drink en glad nie eet- of drinkgoed in so ‘n plek in te neem nie. Aan die ander kant het dit al deel van ons “fliekkultuur” geword om allerhande lekkernye soos springmielies, lekkers en koeldrank in die fliek te eet. Daar is nie juis iets mee verkeerd nie, solank ons maar net ons maniere ken en toepas. Lees bietjie wat met Corrie-hulle gebeur het en beantwoord dan die twee vrae.

Dis Saterdagoggend. Corrie (11), haar vriendin Marné (10) en haar boetie Gys (14) is al vroeg by die winkelsentrum waar al die flieks is. Hulle sien baie daarna uit om die fliek te sien wat handel oor die avonture van Spiderman en is sommer haastig om hulle kaartjies te koop. Gys hou hulle drie se kaartjies in sy sak en dan maak hulle eers ‘n draai by die toonbank met snoeperye. Hulle koop elkeen ‘n houer met springmielies, ‘n lekker yskoue koeldrank en ‘n sjokolade en gaan neem dan hulle sitplekke in.

Sommige van die voorprogramme en advertensies is baie snaaks en dan skaterlag hulle. Intussen werk hulle hande heen-en-weer tussen houer en mond soos hulle aan die springmielies smul. Dis tog te lekker, maar hulle onthou ook om nie te mors nie, want Mamma sê as jy mors, moet ander mense weer daar kom skoonmaak. Hulle is geleer om nie morsjorse te wees nie. Corrie is ook nou lus vir haar sjokolade en haal die papier versigtig af sodat die gekraak daarvan nie die ander fliekgangers om haar steur nie. Daar is nogal baie kinders in die fliek en almal is rustig. Dié wat gesels, praat op gedempte toon. Uiteindelik begin die Spiderman-film en die drietal skuif opgewonde reg.

<< Chapter < Page Page > Chapter >>

Read also:

OpenStax, Afrikaans huistaal graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10989/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.
Jobilize.com uses cookies to ensure that you get the best experience. By continuing to use Jobilize.com web-site, you agree to the Terms of Use and Privacy Policy.