This page is optimized for mobile devices, if you would prefer the desktop version just click here

Die probleem en die oplossing

Tegnologie

Graad 4

Skep jou eie advertensies

Module 1

Die probleem en die oplossing

Wat is die probleem? en die oplossing?

Aktiwiteit 1

Om die agtergrond van die probleem te identifiseer [lu 1.1, 1.4]

1.stel eers vas wat die probleem is.

Julle skool beplan ‘n konsert vir volgende kwartaal om geld in te samel vir die aanbou van ‘n nuwe klaskamer. Julle sal baie goed moet adverteer sodat soveel moontlik mense die konsert kan bywoon.

Ontrafel die leidrade:

Ons gaan a s ( wat ) vir ons s.............l ( wie )

se konsert ontwerp om in die d p ( waar ) te gebruik gedurende die

kwartaal ( wanneer ).

Aktiwiteit 2

Om die kenmerke van ‘n geslaagde advertensie te identifiseer [lu 1.2]

2. ‘n Klasgesprek oor die volgende vrae en meegaande advertensies gaan jou later baie help om jou eie advertensie te maak.

  • Wat is advertensies?
  • Wie gebruik dit? Waarom?
  • Dink julle advertensies werk? Hoe kan mens dit uitvind?
  • Van watter van meegaande advertensies hou julle die meeste? Waarom?
  • Is advertensies altyd akkuraat? Wat van meegaande advertensies?
  • Plak jou eie voorkeur-advertensie (tydskrif/koerant) op bladsy 3.

Aktiwiteit 3

Om ‘n advertensieveldtog vir die konsert te beplan [lu 1.2, 1.3]

3.hou ‘n klasgesprek oor die verskillende maniere waarop julle die konsert kan adverteer.

4.doen nou ‘n opname oor hoe (waar) julle skool die beste resultate kan verkry. toon dit op ‘n tabel aan, byvoorbeeld:

Plakkate T-hemde TV/Radio Brosjure Koerant/Tydskrif
    
7
6
5
4
3
2
1
0

5.teken weer jul resultate aan soos by 4. gebruik die volgende kriteria:

  • snaakse advertensies;
  • advertensies met presiese feite;
  • vrolike advertensies;
  • advertensies wat mense aan die dink sit.

Assessering

Leeruitkoms 1: tegnologiese prosesse en vaardighede

Die leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur toepaslike inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

1.1 uitvind, met hulp, oor die agtergrondkonteks (bv. mense, omgewing) wanneer ‘n probleem, behoefte of geleentheid gegee word;

1.2 uitvind oor bestaande produkte wat relevant vir ‘n probleem, behoefte of geleentheid is, en die hoofontwerpsaspekte (bv. vir wie dit is, waarvoor dit is, hoe dit lyk) identifiseer wat dit geskik as ’n oplossing maak;

1.3 waar gepas ’n wetenskaplike ondersoek uitvoer oor begrippe wat relevant vir ‘n probleem, behoefte of geleentheid is deur wetenskapprosesvaardighede te gebruik:

  • beplan die ondersoek;
  • voer die ondersoek uit;
  • verwerk en interpreteer data;
  • evalueer en kommunikeer bevindinge;1.4 met bystand ’n kort en duidelike stelling (ontwerpopdrag) skryf of kommunikeer vir die ontwikkeling van ‘n produk vir ‘n gegewe doel.

Memorandum

1. advertensies skool dorp

2. ‘n Klasgesprek waarin die leerders hulle eie antwoorde genereer onder leiding van die opvoeder.

3. Klasgesprek.

4. Eie antwoorde.

5. Eie antwoorde.

<< Chapter < Page Page > Chapter >>

Read also:

OpenStax, Tegnologie graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11098/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.
Jobilize.com uses cookies to ensure that you get the best experience. By continuing to use Jobilize.com web-site, you agree to the Terms of Use and Privacy Policy.