Tegnologie
Graad 4
Maak jou eie speelgoed
Module 9
‘n faks vanaf speelgoedland
‘n faks van speelgoedwêreld
Aktiwiteit 1
Om ‘n probleem te identifiseer en ‘n ontwerpopdrag te aanvaar [lu 1.1, 1.4, 1.6]
Lees meegaande faks en skryf daarna Supertoy se ontwerpvoorstel in een sin.
AAN: Tegnologie-ontwerpspan
VAN: Speelgoedwêreld
ONDERWERP: Speelgoed vir laerskoolkinders
Vanjaar val die klem op praktiese (eenvoudige) speelgoed wat kinders vir hulself kan maak om tuis mee te speel. Ons wil hê u moet die volgende twee produkte (hoed, roeiboot), wat ons voorlopig ontwerp het, bou en verbeter. Neem in ag dat dit bekostigbaar en ook aantreklik moet wees. Gebruik slegs die materiale wat verskaf word.
Hoede
- Materiale : Papier/karton, skêr, kramdrukker, gom, spleetspeld.
-
Hulplyn : Besonderhede van die ses gewildste hoede by kinders word verskaf.
- Materiale : 1ℓ karton melkhouer, kleefband/gom, twee (roomys-) stokkies, rekkies, kramdrukker, skêr.
-
Hulplyn : Ontwerpplan word verskaf.
Vriendelike groete.
H. Toybee
Hans toybee
HOOF: SPEELGOEDWÊRELD
Ons ontwerpvoorstel:
WAT? .........................................................................................................
Vir WIE? ......................................................................................................
Vir WANNEER? ...........................................................................................
Vir WAAR? ...................................................................................................
Aktiwiteit 2
Om die spesifikasies vir ‘n geskikte hoed te bepaal [lu 1.2]
Gonsgroep
Aan watter vereistes (spesifikasies) wil Speelgoedwêreld hê moet die hoede voldoen? (Skommel reg!)
g d v E o n e u I | ||
r a i P t e k s | ||
o k o p d e G o |
Hulplyn
Gelukkig verskaf Speelgoedwêreld die volgende ses idees. Vra hul hulplyn. Bestudeer die volgende twee bladsye daaroor.
- Maak seker julle weet hoe elke tipe hoed ontwerp kan word.
- Voldoen dit aan die drie vereistes (1.2 a) van Speelgoedwêreld? (Sien gonsgroep).
Aktiwiteit 3
Om ondersoek na die soorte hoede in te stel [lu 1.3]
a) Verjaarsdaghoed
b) Blomhoed
c) Kroon
d) Pet
e) Fes
f) Helm
Assessering
Leeruitkoms 1: tegnologiese prosesse en vaardighede
Die leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur toepaslike inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
1.1 uitvind, met hulp, oor die agtergrondkonteks (bv. mense, omgewing) wanneer ‘n probleem, behoefte of geleentheid gegee word;
- uitvind oor bestaande produkte wat relevant vir ‘n probleem, behoefte of geleentheid is, en die hoofontwerpsaspekte (bv. vir wie dit is, waarvoor dit is, hoe dit lyk) identifiseer wat dit geskik as ’n oplossing maak;
1.3 waar gepas ’n wetenskaplike ondersoek uitvoer oor begrippe wat relevant vir ‘n probleem, behoefte of geleentheid is deur wetenskapprosesvaardighede te gebruik:
- beplan die ondersoek;
- voer die ondersoek uit;
- verwerk en interpreteer data;
- evalueer en kommunikeer bevindinge;
1.4 met bystand ’n kort en duidelike stelling (ontwerpopdrag) skryf of kommunikeer vir die ontwikkeling van ‘n produk vir ‘n gegewe doel;
1.6 een van hierdie oplossings kies en redes vir die keuse gee.