Natuurwetenskappe
Graad 8
Omgewing en interaksies
Module 38
Die rol van water in die natuur en as hulpbron
Aktiwiteit 1:
Om die waarde van water en die watersiklus te kan verduidelik
[lu 1.3; 2.3; 2.4]
Ons planeet vertoon blou vanuit die buitenste ruim as gevolg van die water teenwoordig.
Water is onontbeerlik vir lewe op ons planeet. Sonder water sal ekologiese oorlewing nie moontlik wees nie.
Ons planeet is net soos ’n ruimteskip toegerus met ’n sekere kwota water. Dit word nie vanuit die buitenste ruim aangevul nie en moet dus SIRKULEER . So is die WATERSIKLUS ’n uiters belangrike aspek van die natuur. Dit is ook besonder effektief indien die mens dit nie versteur nie.
Die watersiklus
Teken ’n voorstelling van die watersiklus soos wat jy dit verstaan. Gebruik verduidelikende byskrifte. Gebruik die voorstelling hiernaas bladsy as riglyn.
Die volgende tabel verduidelik die hoofstappe in die siklus:
TERM | BESKRYWING |
Wolkvorming | Saampak van waterdruppels in die atmosfeer |
Verdamping | Water na waterdamp |
Presipitasie/ Neerslag | Water val na die aarde in die vorm van reën, sneeu, hael, kapok |
Kondensasie | Waterdamp na waterdruppels |
Straling | Verhitting deur die son |
Transpirasie | Plante se blaaroppervlaktes verloor waterdamp deur huidmondjies |
Infiltrasie | Water sak in die grond in |
Afloop | Water loop teen grondoppervlaktes na riviere, damme en mere |
Assessering van WATERSIKLUSSKETS
Kon jy basiese komponente en definisies GRAFIES voorstel?
[2.3]
El niño, droogtes en vloede
- Suid-Afrika is ’n waterarm land as jy sy reënvalsyfers met dié van ander lande vergelyk.
- Slegs van die groter riviere is standhoudend.
- Verder word ons klimaat en reënvalpatrone deur verskynsels soos El Niño beïnvloed. Dit is ’n wêreldwye weerverskynsel en voorsorgsmaatreëls moet getref word om dit die hoof te kan bied.
1. Vind meer uit oor El Niño en rapporteer terug aan klas. Som jou notas kortliks op.
2. Vind artikels oor droogtes en oorstromings in Suid-Afrika en bring dit klas toe.Ruil julle informasie en artikels met mekaar uit.Maak notas oor die onderwerp.
[LU 1.3]
[LU 2.3]
AKTIWITEIT 2:
Om die waarde van water en die gebruik daarvan in en om die huis te ondersoek
[LU 2.3; 3.2]
Waterverbruik by die huis
Vra jou ouers of voog vir hul munisipale rekeninge:
- skryf julle huishouding (drie somermaande en drie wintermaande) se waterverbruik vir die ses maande neer.
Somermaande : 1. ......................... 2. ......................... 3. .........................
Wintermaande : 1. ......................... 2. ......................... 3. .........................
- Dink jy julle waterverbruik is buitensporig?
Waterbesparing by die huis
Hoe kan jou gesin bydra tot waterbesparing? Wat kan JY doen?
- Maak ’n lys van die beste voorstelle:
Assessering van KLASBESPREKING
Kon jy werkbare voorstelle tot WATERBESPARING maak?
[3.2]
Aktiwiteit 3:
Om die aanpassings van plante en diere t.o.v. watertekort te ondersoek
[lu 1.3; 2.3]
Plante:
- In ’n vorige module is verwys na plante wat volgens waterbehoeftes in drie groepe geklassifiseer kan word.
Noem die drie groepe met ’n voorbeeld van elk.