Tegnologie
Graad 4
My eie uitspringkaartjie
Module 15
Stoffel se uitspringkaartjie
Aktiwiteit 1
Om die tegnologieproses volledig toe te pas [lu 1.1]
In hierdie leereenheid gaan ons uitspringkaartjies ondersoek (1.1), ontwerp (1.2), maak (1.3) en evalueer (1.4).
- Ondersoek
A.wat is julle behoefte?
Julle moet eers jul behoefte bepaal, ‘n ontwerpvoorstel daaroor skryf en die probleem verder ontleed en finale spesifikasies saamstel.
B.maak ‘n voorstel oor wat julle gaan ontwerp (ontwerpvoorstel)
Ek gaan ‘n ........................................................................ (soort kaartjie) vir
................................................................(gebruiker) ontwerp om in of by die
........................................ (plek) te gebruik om .............................................
................................................................................................(nut daarvan).
C.ontleed jul probleem verder
Die volgende W-vrae gaan julle baie help. Vra ook jou eie vrae.
D.stel 'n finale lys van spesifikasies saam. oorweeg die volgende:
- Hoe groot moet die kaartjie wees?
- Watter materiale gaan ek gebruik?
- Wat gaan die goedkoopste wees?
- Kan ek dit binne die beskikbare tyd maak?
- Hoe gaan dit lyk ? (Voorkoms)
- Gaan ek iets kreatiefs/unieks maak?
- Duursaamheid : gaan die kaartjie sterk genoeg wees?
- Ek moet dit self kan maak.
- Hoe gaan die vorm van die kaartjie lyk?
- Hoe gaan ek dit afwerk ?
- Gaan my kaartjie aan sy doel beantwoord?
- Sal ek my kaartjie kan bemark of verkoop?
Nou kan ons begin om die kaartjie te ontwerp!
- Ontwerp
A.gesels weer oor jul idees
- Dink op papier . Baie moontlikhede gee jou mos ‘n beter kans om ‘n werklike goeie oplossing te vind.
- Dit is baie onwaarskynlik dat jou eerste idee die beste sal wees. Probeer om minstens DRIE moontlike oplossings (idees) te teken.
B.besluit op jou beste idee!
Wenke
- Kommunikeer julle idees met mekaar. Maak seker dit voldoen aan jou ontwerpvoorstel.
- Gebruik vryhandsketse met byskrifte. Verander gedurig. (Maak gerus van kleur gebruik as jy wil.)
Vra voortdurend kritiese vrae terwyl jy teken:
- Kan dit eenvoudiger wees?
- Watter bewegende dele gaan daar wees?
- Hoe verbind ek die verskillende onderdele met mekaar?
- Gebruik ek die beste materiale ?
- Is dit bekostigbaar ?
- Hoe lyk dit?
- Kan ek dit self maak (betyds)?
Teken jou finale idee netjies oor en versier dit in kleur. Jy mag tekengereedskap gebruik as jy wil.
- Maak
Hoe maak mens ‘n uitspring (“pop-up”)-meganisme?
- Vou ‘n wit, ongelinieerde A4-bladsy sodat dit uit twee ewe groot dele bestaan.
- Maak twee snitte parallel aan mekaar in die papier.
- Vou die papier oop met die gesnyde strook papier wat ‘n 90°-hoek na binne vorm.
- Plak nou ‘n gesiggie of enige ander prentjie op die voorkant van die strook.
A.hoe om deeglik te beplan
Wanneer ‘n mens misluk om te beplan, beplan jy om te misluk!
TYD is baie belangrik – daarom moet ons deeglik beplan.
Aangesien soveel dinge amper gelyk gedoen moet word, moet jy jou werk so organiseer dat dit voltooi word sonder om tyd en energie te vermors. Daarom gaan ons vooraf ‘n skema opstel sodat jy jou tyd effektief kan benut. Dit maak natuurlik ook jou werk makliker! Goeie beplanning bespaar tyd en verseker ‘n beter eindproduk.
Aksies.........materiale........gereedskap
(i)watter aksies moet ek voltooi?
Voorbeelde. Merk af sodra dit afgehandel is.
sekere dele maak
afwerk
verf
gom
afrond
uittoets
- Watter materiale gaan ek gebruik?
Evalueer en vergelyk die verskillende materiale wat jy wil gebruik met mekaar, veral ten opsigte van:
- beskikbaarheid daarvan;
- koste daaraan verbonde;
- maklik hanteerbaar of nie;
- duursaamheid;
- kleure.
(iii) Watter gereedskap gaan ek gebruik?
- Werk veilig!
Veiligheidsmessie
Wees baie versigtig wanneer jy die papier of karton sny. Gebruik ‘n veiligheidsliniaal saam met die veiligheidsmessie.
1.4 Evalueer jou produkte en werk
Wees eerlik oor jou foute. Leer daaruit.
A. Voer eers ‘n gesprek met jou maat oor die volgende vraelys:
- Het ek goeie navorsing en beplanning gedoen?
............................................................................................................
- Kan ek die probleme wat tydens die maakproses opgeduik het, maklik hanteer en oplos ?
............................................................................................................
- Voldoen my kaartjie aan sy spesifikasies ?
............................................................................................................
- Wat is die sterk en die swak punte van my kaartjie?
............................................................................................................
- Sal ek volgende keer op dieselfde manier te werk gaan , indien ek weer dieselfde projek moet aanpak?
...........................................................................................................
- Hoe kan ek my ontwerp wel verbeter ?
............................................................................................................
- Is ek tevrede met my “uitspring”-kaartjie? Hoekom?
............................................................................................................
- Watter nut het my kaartjie vir ander mense?
............................................................................................................
- Het ek dit geniet om die kaartjie te maak?
............................................................................................................
- Watter probleme gaan ‘n minderbevoorregte outjie dalk hê om so ‘n kaartjie te maak?
.............................................................................................................
- Watter nadele hou kaartjies in?
.............................................................................................................
Assessering
Leeruitkoms 1: tegnologiese prosesse en vaardighede
Die leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur toepaslike inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
1.1 uitvind, met hulp, oor die agtergrondkonteks (bv. mense, omgewing) wanneer ‘n probleem, behoefte of geleentheid gegee word.