This page is optimized for mobile devices, if you would prefer the desktop version just click here

3.1 Ken die alfabet

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 4

Dorp toe

Module 22

Ken die alfabet

ALFABETIESE VOLGORDE

In module 21 lees ons dat Mamma 'n inkopielys by haar het. Sy het 'n paar items op haar lysie neergeskryf en merk dit af soos sy dit in die trollie pak. Om die name makliker op die lys te kan lees, sal dit help as die lys in alfabetiese volgorde geskryf is.

ONS IS DIE LETTERS VAN DIE ALFABET

BEGIN BY A EN EINDIG BY Z

26 VAN ONS IN 'N RY

ELK HET SY VASTE PLEK GEKRY

Skryf die alfabet neer.

..................................................................................................................

ONTHOU : As twee woorde met dieselfde letter begin, kyk jy na die tweede letter, byvoorbeeld beet word voor botter geplaas, want die letter e is voor die letter o in die alfabet.

Aktiwiteit 1

Om woorde alfabeties te rangskik [lu 5.2.2]

Skryf nou Mamma se inkopielys vir haar in alfabetiese volgorde neer.

Inkopielys Alfabetiese volgorde
pap
kaas
eiers
melk
botter
meel
koffie
rys
boontjies
suiker

Assessering

Leeruitkoms 5: dink en redeneer

Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

5.2 taal gebruik om te dink:

  • rangskik dinge volgens bepaalde kriteria (soos van die oudste tot die nuutste).

Memorandum

Aktiwiteit 1

  • boontjies
  • botter
  • eiers
  • kaas
  • koffie
  • meel
  • melk
  • pap
  • rys
  • suiker
<< Chapter < Page Page > Chapter >>

Read also:

OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 4. OpenStax CNX. Oct 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11082/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.
Jobilize.com uses cookies to ensure that you get the best experience. By continuing to use Jobilize.com web-site, you agree to the Terms of Use and Privacy Policy.