Natuurwetenskappe
Energie-oordrag en kragte
Opvoeders afdeling
Memorandum
(i) Yskas; ketel; rooster
(ii) Konveksieverwarmer; waaiverwarmer; yster
(iii) Yskas; ketel; stofsuier of rooster
(iv) Menger; konveksieverwarmer; waaierverwarmer; filtreerkan
Bv. Verwarmers kan vervang word deur isolerende plafonne, matte of sementvloere, digsluitende ruite, ens.
Leerder afdeling
Inhoud
Aktiwiteit: om die energieverbruik van verskeie elektriese toestelle te vergelyk [lu 3.2]
a. Bestudeer die volgende en beantwoord dan die daaropvolgende vrae:
Met slegs een eenheid elektrisiteit _________________________________________
Hierdie kaart dui die bedryfskoste van sommige huishoudelike toestelle aan volgens hulle verbruik per eenheid elektrisiteit.
(i) Watter drie toestelle is volgens hierdie kaart die goedkoopste?
_____________________________________________________________________
(ii) Watter drie toestelle is die duurste om aan te hou?
_____________________________________________________________________
(iii) Watter toestelle word die meeste in huishoudings gebruik?
_____________________________________________________________________
(iv) Watter toestelle sou jy sê is onnodig en kan vervang word deur iets wat nie so baie brandstof gebruik nie of kan heeltemal uitgeskakel word? Dui aan waardeur dit vervang kan word.
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
(b) Baie mense in Suid-Afrika het egter nog nie toegang tot elektrisiteit nie en gebruik brandhout, paraffien of gas as brandstowwe om kos te kook en huise warm te hou. Die brandstowwe (veral hout) word skaarser en mense moet ver loop om genoeg brandhout bymekaar te kry. Dit is dus uiters noodsaaklik dat ook hierdie brandstowwe doeltreffend gebruik word ten einde besparing teweeg te bring.
Baie van hierdie mense maak gebruik van ‘n oop vuurmaakplek en dan word baie van die hitte-energie na die lug rondom oorgedra. Mense gebruik ook ‘n gasstofie verkeerd en soms word daar baie energie vermors.
GROEPWERK
Elke groep kies ‘n kooktoestel wat deur die meerderheid Suid-Afrikaners in veral plattelandse gebiede gebruik word, bv. oop vuur; gasstofie, ens. Hierdie toestel moet prakties voorgestel word deur middel van ‘n model en daarna moet ‘n kort verslaggie daaroor geskryf word. In die verslag moet die volgende vrae beantwoord word.
- Watter brandstof word gebruik?
- Is dit maklik bekombaar vir die mense?
- Watter kleur pot word aanbeveel? Hoekom?
- Watter voorsorg moet getref word sodat daar nie te veel hitte-energie verby die pot beweeg en in die lug verlore gaan nie?
- Wat is die koste van die brandstof?
Leerkragassessering
Kriteria | 1 | 2 | 3 | 4 |
Opdrag: Korrek uitgevoer; volledig; saaklik; betyds ingehandig | ||||
Model: Effektief; brandstof aangedui; kreatiewe voorstelling | ||||
Verslag: Alle vrae aangespreek; verslagdoening netjies; goeie taalgebruik | ||||
Samewerking in groep: Effektief; oplos van onderlinge geskille; alle lede betrokke | ||||
OORHEERSENDE KODE |
Assessering
Leeruitkomste 3: Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon .
Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder die volhoubare gebruik van die aarde se hulpbronne verstaan: ontleed inligting oor volhoubare en nie-volhoubare gebruik van hulpbronne.