Natuurwetenskappe
Energie-oordrag en kragte
Opvoeders afdeling
Memorandum
Enige gepaste/relevante definisie/betekenisse is aanvaarbaar.
Leerder afdeling
Inhoud
1. Wat is energie
Aktiwiteit: om die gebruik van die term ‘energie’ in ‘n breë verband te verstaan [lu 2.1]
Lees bostaande koerantopskrifte aandagtig deur. Die woord energie kom in elkeen voor. Bespreek die betekenis van die woord in jul groepe.
(a) Maak jul eie definisie van energie.
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
(b) Bespreek drie verskillende betekenisse van die woord soos wat dit in die opskrifte gebruik word.
(i) __________________________________________________________________
(ii) __________________________________________________________________
(iii) _________________________________________________________________
Dit was nie so maklik om die woord energie te definieer nie, né! Wanneer ‘n wetenskaplike iets definieer, skryf hy of sy ‘n kort, bondige sin waarin die belangrikste eienskappe genoem word. Die duidelikste definisie van energie is heel waarskynlik die volgende:
ENERGIE IS DIE VERMOË OM WERK TE DOEN
- Waar kry ons energie vandaan om ons werk te doen of om ‘n sport te beoefen?
______________________________________________________________
______________________________________________________________
In een van die koerantopskrifte in Aktiwiteit 1 noem ‘n swemmer dat sjokolade energie verskaf.
Assessering
Leeruitkomste 2: Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Assesseringstandaard 2.1: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenisvolle inligting onthou: onthou, ten minste, definisies en komplekse feite.