Wiskunde
Wiskunde in die wêreld rondom ons
Opvoeders afdeling
Memorandum
Kritieke- en ontwikkelings uitkomste
Die leerders moet uiteindelik kan:
1. probleme identifiseer en oplos, en ook besluite neem deur kritiese en kreatiewe denke;
2. doeltreffend saam met ander lede van ‘n span, groep, organisasie en gemeenskap werk;
3. hulself en hul aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend bestuur;
4. inligting versamel, ontleed, organiseer en krities evalueer;
5. doeltreffend kommunikeer deur middel van visuele, simboliese en/of taalvaardighede in verskillende vorme;
6. wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities gebruik deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon;
7. begryp dat die wêreld ‘n stel verwante stelsels is waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie;
8. na te dink oor en ondersoek te doen na ‘n verskeidenheid strategieë om doeltreffender te leer;
9. as verantwoordelike burgers aan die lewe van die plaaslike, nasionale en wêreldgemeenskap deel te neem;
10. in verskeie sosiale kontekste kultureel en esteties sensitief te wees;
11. opvoedings- en lberoepsmoontlikhede ondersoek; en
12. entrepreneursgeleenthede te ontwikkel.
- Integrasie van Temas: Herfs.
- ‘n Gesonde Omgewing: Tekens van Herfs.
- Die module begin met ‘n grafiek van die verjaarsdae van hulle vriende.
- Getalbegrip en telaktiwiteite word uitgebrei tot 120, met klem op telpatrone.
- Halvering en verdubbeling in die getalgebied 1 tot 50.
- Inkopie-aktiwiteite sluit in woordsomme, rigtingaanwysings na winkels en die selektering van die korrekte muntstukke.
- Leerders voltooi ‘n inkopie-grafiek.
- Samestellings van 10, 11, 12, 13, 14 en 15 word bekend gestel en met ‘n wye verskeidenheid aktiwiteite vasgelê.
- Meetaktiwiteite versterk die woordeskat van ‘n “klein massa” en ‘n “groot massa”, gram en kilogram.
- ‘n Resep vir muffins word ingesluit en die leerders kry praktiese ervaring van meting (Tegnologie).
- Deur gebruik te maak van patrone op hutte, ontwerp die leerders hulle eie patrone om sodoende hulle sensitiwiteit vir ander kulture te bevorder.
- ‘n Geheue-speletjie is ingesluit om leerders te help om getalsinne te bemeester.
Leerders afdeling
Inhoud
Aktiwiteit: getalbegrip [lu 1.3, lu 1.4, lu 1.6, lu 1.8, lu 1.10, lu 2.2, lu 3.8, lu 5.4]
Getalpatrone
- Die aantal dae in Januarie is in ‘n patroon geskryf sodat jy dit kan tel. Gaan voort met die telpatroon deur die getalle met ‘n streep te verbind. Begin by 1.
- Hulle is almal _______________________________ (ewe of onewe) getalle.
- Voltooi die telpatroon vir die dae in Maart. Begin by 1.
- Ewe getalle verbind: _____________________________________
- Onewe getalle verbind: ___________________________________
- Dae in Januarie en Maart: _________________________________
Totaal:
LU 2.2 |
Getalpatrone
Gaan voort met die telpatroon vir Mei. Begin by 2.
- Ek het ________________________________ getalle gebruik. Ewe/onewe
- Gaan voort met die telpatroon vir Julie. Begin by 1.
- Ek het hierdie ewe getalle gebruik: _________________________________
- Ek het hierdie onewe getalle gebruik: _______________________________
- Voltooi hierdie telpatrone: