Sosiale wetenskappe: geskiedenis
Graad 6
Die pad na demokrasie in sa sedert 1910
Module 8
Die 1990’s: apartheid eindig – menseregte begin
Toe F.W. de Klerk vir P.W. Botha in 1989 as president opvolg, was SA in 'n toenemende krisis vanweë internasionale sanksies gedompel. Die regering het besef dat hul nie sonder 'n noodtoestand kan regeer nie en dat hul met die swart meerderheid moes onderhandel. Op 2 Februarie 1990 is die ANC, PAC, SAKP en 33 ander organisasies gewettig. Nege dae later, op 11 Februarie, is Nelson Mandela na 27 jaar vrygelaat. (SWA, vandag Namibië, het ook in 1990 onafhanklik geword.) Die Groepsgebiedewet is in 1991 herroep.
NUWE GRONDWET
In 1990 en 1991 is die laaste apartheidswette geskrap en die SA regering het vir die eerste keer in 78 jaar met die ANC begin onderhandel. Dit het gelei tot die Groote Schuur-ooreenkoms. KODESA (Konvensie vir 'n Demokratiese SA) het begin (Engels: CODESA). Dit was 'n reeks vergaderings waarin verskeie politieke partye en organisasies met mekaar onderhandel het om 'n tydelike, regverdige en demokratiese grondwet daar te stel. Aan die einde van 1993 is daar op 'n verkiesingsdatum ooreengekom.
Aktiwiteit 1:
Om die verlede te rekonstrueer
[lu 3.3]
(a) Hou ‘n klasgesprek oor meegaande drie bronne. Gebruik ook jou eie bronne. Vertel die gebeurtenis uit die verskillende leiers se perspektief.
BRON A
BRON B
Onderhandelinge tussen Mandela en De Klerk
BRON C
Nelson Mandela en F.W. de Klerk ontvang die Nobelprys vir Vrede.
UIT: Benjamin, A. 1990. The Alternative Mandela Album. Johannesburg: Argus.
Aktiwiteit 2:
Om voortdurend bewus te wees van meer as een siening oor die verlede
[lu 3.1]
(a) Meegaande bronne weerspieël mense se sieninge van die 90’s As historikus behoort jy inligting uit verskillende bronne te selekteer en aan te bied (kommunikeer). Beantwoord nou die volgende vrae oor meegaande bronne in julle groepe.
BRON B
BRON A
The Sowetan , 12 Julie 1990
BRON B
Die Burger , 10 Mei 1990
- Wat word deur die donker wolke voorgestel? (bron A)
- Hoekom is almal so haastig om van die wolke af weg te kom? (bron B)
- Het die donker wolke in die 90's verdwyn, volgens bron B? Motiveer.
- Sou jy beide bronne as waardevol beskou ten opsigte van die SA geskiedenis in die 90's?
(b) Beantwoord meegaande vrae oor die verkiesing.
Tydens April 1994 het die eerste ware demokratiese verkiesings in SA plaas-gevind. Op watter vakansiedag word hierdie gebeurtenis herdenk?
VREDE . . . MENSEREGTE . . . UITEINDELIK!
Die ANC wen die eerste verkiesing en Nelson Mandela word die eerste swart president van die “nuwe SA”.
(c) Verduidelik die twee leiers se gedagtes.
Hoe het die wêreld dit ervaar?
Hoe ondersteun SA se nuwe grondwet menseregte?
Tydens die inhuldiging van Nelson Mandela was die grootste groep staatshoofde en belangrike leiers in die geskiedenis om ooit 'n inhuldiging by te woon, teenwoordig. SA is met ope arms terugverwelkom in die wêreldgemeenskap. Hier is enkele voorbeelde daarvan:
- In Mei 1994 is SA na meer as 30 jaar weer as lid van die OAE (Organisasie van Afrika-Eenheid) toegelaat.
- Op 23 Junie 1994 kon SA vir die eerste keer in 20 jaar weer sitting in die VVO neem.
- In 1995 bied SA die Wêreldbeker Rugbytoernooi aan en die Springbokke word as wêreldkampioene gekroon.
Aktiwiteit 3:
Om tyd te verstaan deur ingewikkelde gebeure in die korrekte volgorde te plaas
[lu 2.1]
- Stel nou jou eie, leerdervriendelike tydlyn saam oor die pad na demokrasie en menseregte in SA. Plaas die belangrikste gebeure in die korrekte volgorde.
Assessering
LU 2 |
HISTORIESE KENNIS EN BEGRIP Die leerder is in staat om bewys te lewer van historiese kennis en begrip. |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
2.1 kronologie en tyd: |
|
2.2 oorsaak en gevolg: |
|
2.3 ooreenkomste en verskille: |
|
LU 3 |
HISTORIESE VERTOLKING Die leerder is in staat om aspekte van die geskiedenis te interpreteer. |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
3.1 bronne interpreteer: |
|
3.2 die verlede rekonstrueer: |
|
3.3 voorstelling van die verlede maak: |
|
Memorandum
Aktiwiteit 1
(a) In 1990 het FW de Klerk in die parlement aangekondig dat groot veranderings in Suid-Afrika gaan plaasvind, insluitende die volgende:
- Geen aparte geriewe meer nie.
- Politieke gevangenes word vrygelaat – bannelinge kan terugkeer.
- Verbode politieke partye sal ontban word, en beperkings sal opgehef word.
- Omdat Mandela en De Klerk sleutelrolle gespeel het in die afskaffing van apartheid, het hul in 1993 die Nobelprys vir Vrede gedeel. (Sien ook berig oor nuwe grondwet op p. 19)
(b) 27 April: Vryheidsdag
IVP: Hoofman Buthelezi
DA: Tony Leon
NNP: Marthinus van Schalkwyk
ANC: Thabo Mbeki
(Soos in Maart 2004)
(e) Die verkiesing was ‘n uitstaande mylpaal in die 20ste eeu. Die internasionale gemeenskap het Suid-Afrika dadelik terugverwelkom:
- Suid-Afrika is reeds in 1993 toegelaat om aan die Wêreld Atletiekkampioenskappe deel te neem.
- Op 23 Junie 1994 het Suid-Afrika vir die eerste keer in 20 jaar weer sitting by die VVO ingeneem.
- In Mei 1994 vorm Suid-Afrika weer deel van die OAE.
Die grondwet is in 1996 deur die Grondwetlike Vergadering opgestel. Dit is die hoogste en belangrikste wet in die land. Die grondwet sê vir die regering watter mag hulle het en hoe hulle die land moet regeer. Die grondwet maak ook voorsiening vir die vlakke van regering: plaaslik, provinsiaal en nasionaal. Die Handves van Menseregte vorm deel van die grondwet