<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: geskiedenis

Graad 6

Die pad na demokrasie in sa sedert 1910

Module 8

Die 1990’s: apartheid eindig – menseregte begin

Toe F.W. de Klerk vir P.W. Botha in 1989 as president opvolg, was SA in 'n toenemende krisis vanweë internasionale sanksies gedompel. Die regering het besef dat hul nie sonder 'n noodtoestand kan regeer nie en dat hul met die swart meerderheid moes onderhandel. Op 2 Februarie 1990 is die ANC, PAC, SAKP en 33 ander organisasies gewettig. Nege dae later, op 11 Februarie, is Nelson Mandela na 27 jaar vrygelaat. (SWA, vandag Namibië, het ook in 1990 onafhanklik geword.) Die Groepsgebiedewet is in 1991 herroep.

NUWE GRONDWET

In 1990 en 1991 is die laaste apartheidswette geskrap en die SA regering het vir die eerste keer in 78 jaar met die ANC begin onderhandel. Dit het gelei tot die Groote Schuur-ooreenkoms. KODESA (Konvensie vir 'n Demokratiese SA) het begin (Engels: CODESA). Dit was 'n reeks vergaderings waarin verskeie politieke partye en organisasies met mekaar onderhandel het om 'n tydelike, regverdige en demokratiese grondwet daar te stel. Aan die einde van 1993 is daar op 'n verkiesingsdatum ooreengekom.

Aktiwiteit 1:

Om die verlede te rekonstrueer

[lu 3.3]

(a) Hou ‘n klasgesprek oor meegaande drie bronne. Gebruik ook jou eie bronne. Vertel die gebeurtenis uit die verskillende leiers se perspektief.

BRON A

BRON B

Onderhandelinge tussen Mandela en De Klerk

BRON C

Nelson Mandela en F.W. de Klerk ontvang die Nobelprys vir Vrede.

UIT: Benjamin, A. 1990. The Alternative Mandela Album. Johannesburg: Argus.

Aktiwiteit 2:

Om voortdurend bewus te wees van meer as een siening oor die verlede

[lu 3.1]

(a) Meegaande bronne weerspieël mense se sieninge van die 90’s As historikus behoort jy inligting uit verskillende bronne te selekteer en aan te bied (kommunikeer). Beantwoord nou die volgende vrae oor meegaande bronne in julle groepe.

BRON B

BRON A

The Sowetan , 12 Julie 1990

BRON B

Die Burger , 10 Mei 1990

  • Wat word deur die donker wolke voorgestel? (bron A)
  • Hoekom is almal so haastig om van die wolke af weg te kom? (bron B)
  • Het die donker wolke in die 90's verdwyn, volgens bron B? Motiveer.
  • Sou jy beide bronne as waardevol beskou ten opsigte van die SA geskiedenis in die 90's?

(b) Beantwoord meegaande vrae oor die verkiesing.

Tydens April 1994 het die eerste ware demokratiese verkiesings in SA plaas-gevind. Op watter vakansiedag word hierdie gebeurtenis herdenk?

VREDE . . . MENSEREGTE . . . UITEINDELIK!

Die ANC wen die eerste verkiesing en Nelson Mandela word die eerste swart president van die “nuwe SA”.

(c) Verduidelik die twee leiers se gedagtes.

Hoe het die wêreld dit ervaar?

Hoe ondersteun SA se nuwe grondwet menseregte?

Tydens die inhuldiging van Nelson Mandela was die grootste groep staatshoofde en belangrike leiers in die geskiedenis om ooit 'n inhuldiging by te woon, teenwoordig. SA is met ope arms terugverwelkom in die wêreldgemeenskap. Hier is enkele voorbeelde daarvan:

  • In Mei 1994 is SA na meer as 30 jaar weer as lid van die OAE (Organisasie van Afrika-Eenheid) toegelaat.
  • Op 23 Junie 1994 kon SA vir die eerste keer in 20 jaar weer sitting in die VVO neem.
  • In 1995 bied SA die Wêreldbeker Rugbytoernooi aan en die Springbokke word as wêreldkampioene gekroon.

Aktiwiteit 3:

Om tyd te verstaan deur ingewikkelde gebeure in die korrekte volgorde te plaas

[lu 2.1]

  • Stel nou jou eie, leerdervriendelike tydlyn saam oor die pad na demokrasie en menseregte in SA. Plaas die belangrikste gebeure in die korrekte volgorde.

Assessering

LU 2
HISTORIESE KENNIS EN BEGRIP Die leerder is in staat om bewys te lewer van historiese kennis en begrip.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 kronologie en tyd:
  • gebeurtenisse, mense en veranderings op ‘n tydlyn plaas wat terminologie soos v.C., n.C insluit;
2.2 oorsaak en gevolg:
  • redes verskaf vir, en die gevolge van sleutelgebeurtenisse en veranderings in meer as een konteks verduidelik;
2.3 ooreenkomste en verskille:
  • sommige aspekte van die samelewing wat verander het,en sommige wat met verloop van tyd in meer as een konteks dieselfde gebly het, identifiseer.
LU 3
HISTORIESE VERTOLKING Die leerder is in staat om aspekte van die geskiedenis te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 bronne interpreteer:
  • twee weergawes van ‘n historiese gebeurtenis vergelyk deur gebruik te maak van visuele of geskrewe bronne;
3.2 die verlede rekonstrueer:
  • onderskeid tref tussen opinies, feite en inligting;
3.3 voorstelling van die verlede maak:
  • items identifiseer en selekteer van ‘n aspek van die verlede wat onder bespreking is, wat sal bydra tot ‘n klasuitstalling, skoolmuseum of gemeenskap.

Memorandum

Aktiwiteit 1

(a) In 1990 het FW de Klerk in die parlement aangekondig dat groot veranderings in Suid-Afrika gaan plaasvind, insluitende die volgende:

  • Geen aparte geriewe meer nie.
  • Politieke gevangenes word vrygelaat – bannelinge kan terugkeer.
  • Verbode politieke partye sal ontban word, en beperkings sal opgehef word.
  • Omdat Mandela en De Klerk sleutelrolle gespeel het in die afskaffing van apartheid, het hul in 1993 die Nobelprys vir Vrede gedeel. (Sien ook berig oor nuwe grondwet op p. 19)

(b) 27 April: Vryheidsdag

IVP: Hoofman Buthelezi

DA: Tony Leon

NNP: Marthinus van Schalkwyk

ANC: Thabo Mbeki

(Soos in Maart 2004)

(e) Die verkiesing was ‘n uitstaande mylpaal in die 20ste eeu. Die internasionale gemeenskap het Suid-Afrika dadelik terugverwelkom:

  • Suid-Afrika is reeds in 1993 toegelaat om aan die Wêreld Atletiekkampioenskappe deel te neem.
  • Op 23 Junie 1994 het Suid-Afrika vir die eerste keer in 20 jaar weer sitting by die VVO ingeneem.
  • In Mei 1994 vorm Suid-Afrika weer deel van die OAE.

Die grondwet is in 1996 deur die Grondwetlike Vergadering opgestel. Dit is die hoogste en belangrikste wet in die land. Die grondwet sê vir die regering watter mag hulle het en hoe hulle die land moet regeer. Die grondwet maak ook voorsiening vir die vlakke van regering: plaaslik, provinsiaal en nasionaal. Die Handves van Menseregte vorm deel van die grondwet

Questions & Answers

differentiate between demand and supply giving examples
Lambiv Reply
differentiated between demand and supply using examples
Lambiv
what is labour ?
Lambiv
how will I do?
Venny Reply
how is the graph works?I don't fully understand
Rezat Reply
information
Eliyee
devaluation
Eliyee
t
WARKISA
hi guys good evening to all
Lambiv
multiple choice question
Aster Reply
appreciation
Eliyee
explain perfect market
Lindiwe Reply
In economics, a perfect market refers to a theoretical construct where all participants have perfect information, goods are homogenous, there are no barriers to entry or exit, and prices are determined solely by supply and demand. It's an idealized model used for analysis,
Ezea
What is ceteris paribus?
Shukri Reply
other things being equal
AI-Robot
When MP₁ becomes negative, TP start to decline. Extuples Suppose that the short-run production function of certain cut-flower firm is given by: Q=4KL-0.6K2 - 0.112 • Where is quantity of cut flower produced, I is labour input and K is fixed capital input (K-5). Determine the average product of lab
Kelo
Extuples Suppose that the short-run production function of certain cut-flower firm is given by: Q=4KL-0.6K2 - 0.112 • Where is quantity of cut flower produced, I is labour input and K is fixed capital input (K-5). Determine the average product of labour (APL) and marginal product of labour (MPL)
Kelo
yes,thank you
Shukri
Can I ask you other question?
Shukri
what is monopoly mean?
Habtamu Reply
What is different between quantity demand and demand?
Shukri Reply
Quantity demanded refers to the specific amount of a good or service that consumers are willing and able to purchase at a give price and within a specific time period. Demand, on the other hand, is a broader concept that encompasses the entire relationship between price and quantity demanded
Ezea
ok
Shukri
how do you save a country economic situation when it's falling apart
Lilia Reply
what is the difference between economic growth and development
Fiker Reply
Economic growth as an increase in the production and consumption of goods and services within an economy.but Economic development as a broader concept that encompasses not only economic growth but also social & human well being.
Shukri
production function means
Jabir
What do you think is more important to focus on when considering inequality ?
Abdisa Reply
any question about economics?
Awais Reply
sir...I just want to ask one question... Define the term contract curve? if you are free please help me to find this answer 🙏
Asui
it is a curve that we get after connecting the pareto optimal combinations of two consumers after their mutually beneficial trade offs
Awais
thank you so much 👍 sir
Asui
In economics, the contract curve refers to the set of points in an Edgeworth box diagram where both parties involved in a trade cannot be made better off without making one of them worse off. It represents the Pareto efficient allocations of goods between two individuals or entities, where neither p
Cornelius
In economics, the contract curve refers to the set of points in an Edgeworth box diagram where both parties involved in a trade cannot be made better off without making one of them worse off. It represents the Pareto efficient allocations of goods between two individuals or entities,
Cornelius
Suppose a consumer consuming two commodities X and Y has The following utility function u=X0.4 Y0.6. If the price of the X and Y are 2 and 3 respectively and income Constraint is birr 50. A,Calculate quantities of x and y which maximize utility. B,Calculate value of Lagrange multiplier. C,Calculate quantities of X and Y consumed with a given price. D,alculate optimum level of output .
Feyisa Reply
Answer
Feyisa
c
Jabir
the market for lemon has 10 potential consumers, each having an individual demand curve p=101-10Qi, where p is price in dollar's per cup and Qi is the number of cups demanded per week by the i th consumer.Find the market demand curve using algebra. Draw an individual demand curve and the market dema
Gsbwnw Reply
suppose the production function is given by ( L, K)=L¼K¾.assuming capital is fixed find APL and MPL. consider the following short run production function:Q=6L²-0.4L³ a) find the value of L that maximizes output b)find the value of L that maximizes marginal product
Abdureman
types of unemployment
Yomi Reply
What is the difference between perfect competition and monopolistic competition?
Mohammed
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 6. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11008/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask