Natuurwetenskappe
Energie-oordrag en kragte
Opvoeders afdeling
Memorandum
(a) Vliegtuigloodse/op skepe.
(b) Vergemaklik die taak om skroewe vas of los te draai, aangesien die skroewe deur die gemagnetiseerde skroewedraaier aangetrek word.
(c) Min krag word benodig om die deur toe te maak, aangesien dit deur magnetisme aangetrek word; dit is belangrik dat ‘n yskas dig seël.
(d) Om fyn stukkies staal uit ‘n pasiënt se oog te verwyder.
(e) Klankgolwe word aangetrek.
(f) Afstandbeheerde speelgoed.
Kom ons toets ons kennis
(a) Afstoot; aantrek.
(b) Die wat deur ‘n magneet aangetrek word, is magneties en die wat nie deur ‘n magneet aangetrek word nie, is nie-magneties.
(c) Albei pole is ewe sterk.
(d) Noordpool na die suidpool.
(e) Uitsit.
(f) Koper.
(g) Onwaar.
(h) Suidpool.
(i) Noordpool.
(j) Toets of dit magnetiese stowwe kan aantrek.
Leerder afdeling
Inhoud
Aktiwiteit: groepwerk: om die nuttige aanwending van magnete in die alledaagse lewe te beskryf [lu 2.4]
(a) ‘n Magneet wat vry draai, word ‘n kompas genoem. ‘n Kompas dui vir ons rigting aan.
Die naald kom altyd tot rus met een pool wat noord wys – noordsoekende pool of noordpool van die magneet. Die ander pool van die naald is die suidsoekende pool of suidpool van die magneet.
Noem twee gevalle waar die gebruik van kompasse noodsaaklik is:
____________________________________________________________________

(b) Sommige skroewedraaiers is gemagnetiseer.
Van watter nut is dit vir die gebruiker?
____________________________________________________________________
____________________________________________________________________
____________________________________________________________________
(c) Yskaste, asook sommige kaste, het magnete in hul deure.
Waarom word magnete in deure gebruik?
____________________________________________________________________
____________________________________________________________________
____________________________________________________________________
(d) Dokters gebruik ook sterk magnete.
Kan jy dink waarvoor?
____________________________________________________________________
____________________________________________________________________
____________________________________________________________________
____________________________________________________________________
(e) Telefone en luidsprekers bevat magnete.
Wat is die funksie van die magnete in hierdie instrumente / toerusting?
____________________________________________________________________
____________________________________________________________________
____________________________________________________________________
____________________________________________________________________
(f) Sommige speelgoed het magnete.
Van watter speelgoed weet jy wat magnete het en waarom het dit magnete?