Natuurwetenskappe
Energie-oordrag en kragte
A. kragte
Opvoeders afdeling
Memorandum
Groepe kan mekaar se kragmeters assesseer deur te bepaal hoe effektief dit werk. Stel ‘n matriks saam waarin die kriteria wat geassesseer gaan word, asook die kriteriabeskrywers, voorkom. Laat die leerders saam met u hieroor besluit sodat hulle voor die aanvang van die projek presies weet hoe die kragmeter geassesseer gaan word.
Gewigte van voorwerpe waarvan die gewig bepaal word, sal afhang van die grootte van die voorwerpe wat gebruik word.
Gevolgtrekking:
Hoe groter die massa van die voorwerp, hoe groter is die aantrekkingskrag van die aarde daarop.
Kom ons toets ons kennis:
(a) ‘n Krag word op ‘n voorwerp uitgeoefen deur bv. daaraan te trek of te stoot.
(b) Newton (N).
(c) Kragmeter/trekskaal.
(d) Bv. 60 kg _______massa; dan is jou gewig ±600 N aangesien 1 kg die gewig van ±10 N het.
(e) Gewig is die aantrekkingskrag van die aarde op ‘n voorwerp.
(f) Elektrostatiese krag
Gravitasiekrag.
Magnetiese krag.
(g) Trekkrag.
Stootkrag.
Rotasiekrag/wringkrag.
(h) ‘n Krag kan ‘n voorwerp roteer.
‘n Krag kan ‘n bewegende voorwerp tot stilstand bring.
‘n Krag kan ‘n bewegende voorwerp se spoed verander.
‘n Krag kan ‘n voorwerp se vorm verander.
‘n Krag kan die rigting van ‘n bewegende voorwerp verander.
(i) c
(j) Rotasie
Leerder afdeling
Inhoud
Aktiwiteit: om ‘n eie kragmeter te bou [lu 2.4]
Bou jou eie kragmeter
Benodigdhede:
- Stukkie hout (30 mm x 300 mm)
- Skroef (± 25 mm lank)
- Rekkie
- Spyker
- Blikdeksel
- Tou
- Wit papier
- Retortstander en klamp
Stap 1: Plak die wit papier op die hout.
Stap 2: Draai die skroef aan die bokant van die plankie in.
Stap 3: Hang die rekkie aan die skroef op en klamp die hout in die stander vas.
Stap 4: Slaan met die spyker vier gate wat ewe ver van mekaar af is op die rand van die blikdeksel.
Stap 5: Bind vier stukkies tou (± 150 mm lank) deur die gate in die deksel. Bind die vier toutjies vas aan ‘n ander tou (±300 mm lank). Maak daarna die enkel tou aan die rekkie vas.
Stap 6: Maak ‘n merkie net onder die rekkie op die papier. Noem dit die 0-posisie.
Stap 7: Plaas dan massastukke (in totaal 102 gram) in die deksel. Maak ‘n merkie waar die onderpunt van die rekkie nou is en noem dit 1.
Stap 8: Herhaal stap 7 totdat ongeveer 5 indelings op die papier aangedui is. Die sterkte van die rekkie moet hier in gedagte gehou word. Moenie dat die rekkie te ver uitrek nie.
Julle het nou ‘n eenvoudige kragmeter gebou wat in newton gekalibreer is. 1N is gelyk aan ±102 g. Een kilogram is dus gelyk aan ongeveer 10N.
Gebruik nou jul kragmeter of ‘n ander trekskaal om die gewig van die volgende voorwerpe te bepaal:
VOORWERP | GEWIG IN N |
een pen | ______________________N |
vyf sulke penne | ______________________N |
jou skoen | ______________________N |
al twee jou skoene | ______________________N |
eie keuse | ______________________N |
Voltooi:
Gevolgtrekking:
Hoe groter die ___________________________________________, hoe groter is die
__________________________________________________. van die aarde daarop.
4. Kom ons toets ons kennis. Jy mag maar terugkyk in jou module, indien jy nie seker is nie, met ander woorde jy mag maar jou module gebruik as ‘n bron om inligting te bekom.
(a) Skryf in een sin neer wat ‘n krag is.
_____________________________________________________________________
(b) In watter eenheid meet ons gewig? ____________________________________
(c) Met watter instrument word die gewig van ‘n voorwerp gemeet?
_____________________________________________________________________
(d) Wat is jou massa? __________________________________________________
Sien jou liggaam as die voorwerp. Wat is die gewig van jou liggaam in
newton?______________________________________________________________
(e) Wat is gewig?
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
(f) Noem drie kragte wat die natuur rondom ons kan uitoefen.
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
_____________________________________________________________________
(g) Noem twee soorte kragte wat jy kan uitoefen.
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
(h) Noem vyf uitwerkings van kragte op voorwerpe.
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
_____________________________________________________________________
(i) Onderstreep die voorbeeld van gravitasiekrag:
(i) magnete wat mekaar afstoot.
(ii) ‘n persoon wat ver spring.
(iii) ‘n lepel wat van die tafel af val en op die vloer beland.
(iv) twee mense wat in mekaar vashardloop.
(j) As kragte ‘n voorwerp in die rondte laat beweeg, sê ons dat hulle die
________________________________________________________ van die voorwerp veroorsaak.
Sommatief (10)
5. ‘n Reis deur die ruimte
Die moeilikste deel van ‘n ruimtereis is om die aarde se swaartekrag te verlaat. Ruimtevaarders reis in vuurpyle na die buitenste ruimte. ‘n Vuurpyl is ‘n kragtige motor wat sterk genoeg is om teen swaartekrag te trek en die ruimtetuig in die ruimte in te stuur.
Mark Shuttleworth het op 25 April 2002 die eerste Suid-Afrikaner en Afrikaan geword om op ‘n ruimtereis te gaan.
Assessering
Leeruitkomste 2: Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Assesseringstandaard 2.4: Dit is duidelik wanneer die leerder kennis toepas: pas konseptuele kennis toe deur ‘n begrip wat onderrig is met ‘n variasie van ‘n soortgelyke situasie in verband te bring.