This page is optimized for mobile devices, if you would prefer the desktop version just click here

1.2 Om 'n ontwkkelde vlak van konsentrasie te toon

Kuns en kultuur

Graad 5

Persoonlike en sosiale vaardighede

Module 3

Drama

AKTIWITEIT 1

OM 'N ONTWIKKELDE VLAK VAN KONSENTRASIE TE TOON

[LU 3.3]

KONSENTRASIE

Oefening:

laat die leerders binne ‘n paar sekondes soveel moontlik besonderhede van iemand anders se kleredrag, hare, skoene, kleure, ens. waarneem;

verwyder die persoon uit die leerders se gesigsveld;

laat hulle alles wat hulle omtrent die persoon waargeneem het, neerskryf.

AKTIWITEIT 2

OM 'N ROL VOLHOUBAAR TE SPEEL

[LU 3.4]

STORIE IN DIE WOUD

Eerste Fase

  • gebruik die skoolsaal of die verhoog;
  • laat die leerders ‘n woud in hierdie ruimte voorstel;
  • laat die leerders stoele (bome) in die ruimte plaas;
  • indien hulle ‘n rivier in die woud wil hê, laat hulle dit op die vloer afmerk;
  • laat al die leerders deur die ‘woud’ stap om ‘n gevoel te kry van die ruimte waarin hulle gaan werk;
  • maak seker dat hulle die omgewing, kleure, teksture, geluide, reuke, ens. van die woud visualiseer.

Tweede Fase

  • verwyder die leerders uit die woud;
  • laat hulle aan ‘n karakter dink wat hulle graag in die woud sal wil wees – hulle kan selfs diere wees;
  • moedig kreatiwiteit aan;
  • laat hulle die elemente van karakterisering ondersoek:
  • Aksie: Wat doen ek?
  • Wilskrag: Hoekom doen ek dit?
  • Aanpassing : Hoe doen ek dit?
  • laat hulle die uiterlike kenmerke van karakterisering ondersoek:
  • die liggaam : (is die karakter jonk, oud, vet, beseer…?)
  • die stem : (skerp, diep, verleidelik, oud, kinderlik…?)
  • die gesig: (klein oë, skewe mond, senuweespanning…?)
  • die houding : (selfversekerd, senuweeagtig, onseker, in beheer…?)
  • die rekwisiete : (bril, kroon, kierie, geweer…?)
  • die kostuum : (aandrok, pak, sweetpak, lappe…?)
  • die grimering : (baard, veroudering, fantasie…?)
  • laat die leerders weer deur die woud beweeg as die karakter wat hulle geskep het

Derde Fase

  • deel die klas op in groepe;
  • elke leerder moet die karakter wat hy geskep het, behou en ‘n storie skep deur sy karakter en die karakters van die ander leerders in sy groep te gebruik;
  • laat die leerders aan gepaste dialoog werk;
  • laat die leerders hul stories beplan en inoefen;
  • laat die leerders hul stories opvoer voor die res van die klas.

Notas:

  • elke aksie wat plaasvind op die verhoog moet ‘n doel hê;
  • maak seker dat die dialoog maklik is om voor te dra en te onthou;
  • maak seker dat die storie ‘n begin, middel en einde het;
  • maak seker dat daar ‘n hoogtepunt is;
  • in plaas daarvan om dialoog te gebruik, probeer aksies – jy hoef nie iets te sê om ‘n punt te maak nie;
  • gebruik soveel van die ruimte tot jou beskikking as wat moontlik is – beweging op die verhoog kan baie opwindend wees.

Assessering

LU 3

DEELNAME EN SAMEWERKING Die leerder is in staat om persoonlike en sosiale vaardighede te toon deur individueel en in groepe aan kuns- en kultuuraktiwiteite deel te neem.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

ALGEMEEN

t.o.v. 3.1 – 3.7 hieronder, die volgende toon:

  • saamwerk met ander lede van ‘n groep gedurende kunsaktiwiteite;
  • die vermoë toon om eie bydraes binne groepverband te lewer;
  • aanvaarding van medeleerders toon;

DRAMA (3.3, 3.4)

  • ‘n vlak van selfvertroue ontwikkel en vermoë om konsentrasie, sintuiglike waarneming en ruimtelike bewustheid gebruik om op drama-oefeninge te fokus;
  • ‘n rol aanneem en daarin bly, en in staat is om in rol vrae met gepaste taal en gebare te beantwoord;
<< Chapter < Page Page > Chapter >>

Read also:

OpenStax, Kuns en kultuur graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10976/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.
Jobilize.com uses cookies to ensure that you get the best experience. By continuing to use Jobilize.com web-site, you agree to the Terms of Use and Privacy Policy.