Kuns en kultuur
Graad 5
Persoonlike en sosiale vaardighede
Module 3
Drama
AKTIWITEIT 1
OM 'N ONTWIKKELDE VLAK VAN KONSENTRASIE TE TOON
[LU 3.3]
KONSENTRASIE
Oefening:
laat die leerders binne ‘n paar sekondes soveel moontlik besonderhede van iemand anders se kleredrag, hare, skoene, kleure, ens. waarneem;
verwyder die persoon uit die leerders se gesigsveld;
laat hulle alles wat hulle omtrent die persoon waargeneem het, neerskryf.
AKTIWITEIT 2
OM 'N ROL VOLHOUBAAR TE SPEEL
[LU 3.4]
STORIE IN DIE WOUD
Eerste Fase
- gebruik die skoolsaal of die verhoog;
- laat die leerders ‘n woud in hierdie ruimte voorstel;
- laat die leerders stoele (bome) in die ruimte plaas;
- indien hulle ‘n rivier in die woud wil hê, laat hulle dit op die vloer afmerk;
- laat al die leerders deur die ‘woud’ stap om ‘n gevoel te kry van die ruimte waarin hulle gaan werk;
- maak seker dat hulle die omgewing, kleure, teksture, geluide, reuke, ens. van die woud visualiseer.
Tweede Fase
- verwyder die leerders uit die woud;
- laat hulle aan ‘n karakter dink wat hulle graag in die woud sal wil wees – hulle kan selfs diere wees;
- moedig kreatiwiteit aan;
- laat hulle die elemente van karakterisering ondersoek:
- Aksie: Wat doen ek?
- Wilskrag: Hoekom doen ek dit?
- Aanpassing : Hoe doen ek dit?
- laat hulle die uiterlike kenmerke van karakterisering ondersoek:
- die liggaam : (is die karakter jonk, oud, vet, beseer…?)
- die stem : (skerp, diep, verleidelik, oud, kinderlik…?)
- die gesig: (klein oë, skewe mond, senuweespanning…?)
- die houding : (selfversekerd, senuweeagtig, onseker, in beheer…?)
- die rekwisiete : (bril, kroon, kierie, geweer…?)
- die kostuum : (aandrok, pak, sweetpak, lappe…?)
- die grimering : (baard, veroudering, fantasie…?)
- laat die leerders weer deur die woud beweeg as die karakter wat hulle geskep het
Derde Fase
- deel die klas op in groepe;
- elke leerder moet die karakter wat hy geskep het, behou en ‘n storie skep deur sy karakter en die karakters van die ander leerders in sy groep te gebruik;
- laat die leerders aan gepaste dialoog werk;
- laat die leerders hul stories beplan en inoefen;
- laat die leerders hul stories opvoer voor die res van die klas.
Notas:
- elke aksie wat plaasvind op die verhoog moet ‘n doel hê;
- maak seker dat die dialoog maklik is om voor te dra en te onthou;
- maak seker dat die storie ‘n begin, middel en einde het;
- maak seker dat daar ‘n hoogtepunt is;
- in plaas daarvan om dialoog te gebruik, probeer aksies – jy hoef nie iets te sê om ‘n punt te maak nie;
- gebruik soveel van die ruimte tot jou beskikking as wat moontlik is – beweging op die verhoog kan baie opwindend wees.
Assessering
LU 3
DEELNAME EN SAMEWERKING Die leerder is in staat om persoonlike en sosiale vaardighede te toon deur individueel en in groepe aan kuns- en kultuuraktiwiteite deel te neem.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
ALGEMEEN
t.o.v. 3.1 – 3.7 hieronder, die volgende toon:
- saamwerk met ander lede van ‘n groep gedurende kunsaktiwiteite;
- die vermoë toon om eie bydraes binne groepverband te lewer;
- aanvaarding van medeleerders toon;
DRAMA (3.3, 3.4)
- ‘n vlak van selfvertroue ontwikkel en vermoë om konsentrasie, sintuiglike waarneming en ruimtelike bewustheid gebruik om op drama-oefeninge te fokus;
- ‘n rol aanneem en daarin bly, en in staat is om in rol vrae met gepaste taal en gebare te beantwoord;