Natuurwetenskappe
Graad 5
Lewe en lewenswyse
Module 12
Diere en hul vermoë om te beweeg
Aktiwiteit:
Om die bewegingsvermoë van enkele soogdiere te ondersoek
[lu 1.2]
Diere moet kan beweeg sodat hulle kos kan bekom. Sommige moet vinnig kan beweeg om ander diere te kan vang. Ander moet weer vinnig kan beweeg om van gevare weg te kom.
DIE JAGLUIPERD
Atleties gebou
Jag sy prooi deur dit oor kort afstande te jaag
Vinnigste soogdier op land (spoed ±75 km/h)
Hoekom moet die jagluiperd besonder vinnig wees?
DIE KAMEELPERD
Langste dier op aarde
Lang bene en nek help sodat dier blare en lote van boomtoppe kan vreet.
Opdrag: (groepbespreking)
Bespreek en maak afleidings hoe die bloed dit regkry om die kop te bereik, en waarom ‘n kameelperd sy voorpote wyd uit mekaar plant wanneer hy water drink.
Lang agterbene en kort voorpote.
Beweeg met spronge op agterbene.
Assessering
LU 1
WETENSKAPLIKE ONDERSOEK Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 ondersoeke beplan;
1.2 ondersoeke uitvoer en data versamel;
1.3 data evalueer en bevindinge kommunikeer;
Memorandum
- Moet vinniger wees as bokke wat reeds baie vinnig is.
- Die are in die kameelperd se nek het spesiale kleppe wat die bloedvloei na sy kop reguleer omdat die nek so lank is. Wanneer die kameelperd buk om water te drink, sprei hy sy bene sodat daar nie te veel bloed uit die slagare in die brein vloei nie.
- Agterbene sterk om oor plante en struike te kan spring en vinnig te kan hardloop om van jagdiere weg te kom.