Natuurwetenskappe
Graad 5
Lewe en lewenswyse
Module 11
Soogdiere in groepe volgens hul eienskappe
Aktiwiteit:
Om soogdiere volgens hul eienskappe in groepe te verdeel
[lu 2.2]
Aanpassings by diere
Soos ons in Aktiwiteit 1 reeds genoem het, verskil plante en diere veral in een opsig. Diere beweeg , terwyl plante geanker is. Diere is vir hul voedsel afhanklik van ander diere of deur van plante af te leef. Party diere leef op droë grond, terwyl ander in die water leef. Sekere diere het slegs twee bene; ander het vier of selfs meer bene. Sommige het glad nie bene nie!
Diere word volgens hulle eienskappe in groepe verdeel. Kom ons ondersoek dit:
SOOGDIERE
Soogdiere voed hul kleintjies met melk wat in die vroulike dier se liggaam vervaardig word.
Die kleintjies word lewendig gebore.
Soogdiere is die enigste diere met hare of ‘n pels (behalwe die dolfyn en walvis).
Soogdiere woon:
Soogdiere is aangepas om verskillende soorte voedsel te eet.
Opdrag:
Kom ons kyk hoe sommige diere by hul leefwyse aangepas het.
Sommige mense sê olifante het groot ore sodat hulle baie goed kan hoor. Ander mense sê dit speel ‘n belangrike rol in die verkoeling van die liggaam.
Wat dink julle?
Is die olifant ‘n herbivoor, karnivoor of omnivoor?
Assessering
LU 1
WETENSKAPLIKE ONDERSOEK Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.
LU 2
KONSTRUKSIE VAN WETENSKAPKENNIS Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 betekenisvolle inligting onthou;
2.2 inligting kategoriseer;
2.3 inligting interpreteer.
Memorandum
Opdrag:
GROEPWERK:
Taak: Sommige Sê ...
Die groot ore dien as ‘n verkoeler. Daar is klein aartjies net onder die vel van die oppervlak van die oor. Hitte gaan hierdeur verlore en voorkom oorverhitting.
Die olifant is ‘n herbivoor.